WAT DIE HART VAN VOL IS

Vroue se daag­lik­se vrees dat hul­le ont­voer, ver­krag of ver­moor kan word, is ’n on­reg wat géén vrou ver­dien nie.

Kuier - - KUIER - Deur Kim Meis­sen­hei­mer

’NVrou is ver­moor. ’n Dog­ter is ver­krag. ’n Moe­der soek angs­tig na haar ver­mis­te dog­ter.

Die lyk van ’n ver­mis­te vrou is ver­mink en ver­krag ge­vind.

As ons na die nuus­hoof­trek­ke kyk, op so­si­a­le me­dia gaan of selfs net in ons eie ge­meen­skap­pe mooi luis­ter, hoor ons daag­liks gru­wel­sto­ries oor vroue wat ont­voer, ver­krag en dood­ge­maak word. Vroue word be­han­del soos mans se per­soon­li­ke slaan­sak­ke.

As vrou voel ek daag­liks on­vei­lig, ver­al as ek al­leen ie­wers stap of in ’n on­be­ken­de a­rea is. As vroue is ons heel­tyd be­wus van waar ge­vaar van­daan kan kom. As ons al­leen is, is ons be­wus van wat ons kan doen om te ver­hoed dat e­nig­iets met ons ge­beur.

Mans­vrien­de van ons ou­ers laat rys ons ha­re met op­mer­kings soos:“Jy het mooi groot­ge­word.”An­der waar­sku weer jy kan nie jou mei­sie­kind met men­se los nie, want van die kleu­ter­skool­per­so­neel tot die lo­seer­der in jou huis kan ’n moont­li­ke ver­krag­ter of moor­de­naar wees.

El­ke dag as jy werk toe gaan, moet jy won­der oor jou kind se vei­lig­heid. On­skul­di­ge kin­der­tjies word ont­voer, ver­krag, aan­ge­hou en ver­moor en hul ly­fies word op die le­lik­ste ma­nie­re uit die weg ge­ruim.

En dis nie net die kin­ders wat on­vei­lig is nie, el­ke vrou wat haar ge­sig by die huis uit­steek, stap met die vrees dat sy nie weer sal te­rug­keer nie. As vrou is my vrees om ver­by ’n groep mans te loop. Van die wolf­flui­te van vreem­de­lin­ge tot die mans wat gra­fie­se voor­stel­le maak van wat hul­le graag met jou sal wil doen. Slegs woor­de, maar dit sny tot in die diep­te van jou siel en jou he­le we­se word ont­se­nu. Woor­de wat ver­oor­saak dat jy el­ke keer met jou sleu­tels in die hand stap, jou lig­gaam so styf ge­span in af­wag­ting vir daar­die din­ge wat el­ke dag met ’n vrou in Suid-A­fri­ka ge­beur en jou le­we on­her­roep­lik kan ver­an­der. Woor­de wat jou pa­niek­be­van­ge laat as jy al­leen moet stap in die don­ker, wat jou hart vin­ni­ger laat klop as jou hek te lank vat om toe te gaan. As vroue soek ons eer­stens ge­vaar­te­kens wan­neer ons e­nig­sins uit die vei­lig­heid van ons hui­se be­weeg. As ons in ’n taxi vol men­se is en be­sef daar is meer mans as vroue, of al­leen in ’n kar ry en sien ’n on­be­ken­de kar ry ag­ter ons aan. Ge­vaar­te­kens wat flik­ker wan­neer ons in ’n on­be­ken­de a­rea is en ons oor­le­wings­drang wat ons on­mid­del­lik ’n ont­snap­roe­te laat i­den­ti­fi­seer. Om el­ke on­be­ken­de man wat jy raak­loop te be­vraag­te­ken, om na­der aan ’n on­be­ken­de vrou te loop om bie­tjie vei­li­ger te voel. Om te bang te wees om ’n mans­mens wat jou te na kom, aan te spreek uit vrees vir wat hy jou kan aan­doen. Die vrees wat jou hart om­ring el­ke keer wan­neer ’n man sy stem ver­hef teen­oor jou – of dit ’n kol­le­ga, ’n vreem­de­ling of jou kê­rel is.

Ons as vroue se daag­lik­se ge­bed is dat ons die dag moet om­kry son­der dat ons ver­krag, ont­voer of ver­moor word. Dat ons le­wens nie deur ie­mand ver­woes sal word nie. Dat ons van­aand na ons fa­mi­lie kan te­rug­keer. Dat ons nog ’n son­skyn­og­gend sal kan er­vaar. Om ’n vrou in Suid-A­fri­ka te wees, moet jy ’n sterk hart hê en ’n paar self­ver­de­di­ging­klas­se loop.

My vrou­wees is die re­de ag­ter my groot­ste vrees. Ek kan nie al­leen wees nie, ek kan nê­rens al­leen gaan nie. El­ke keer wan­neer ek uit­gaan, maak ek se­ker ie­mand weet waar­na­toe ek gaan. El­ke keer as ek ie­wers moet gaan waar ek nie­mand ken nie, maak ek se­ker dat ek iets skerp op my het, want ek gaan vir se­ker ’n ge­veg op­sit. Ek weet die kan­se is skraal dat ek sal wen, maar my doel is om ge­noeg be­wy­se te kry so­dat die oor­tre­der ge­vang kan word.

Ek voel jou pyn; ek voel jou seer; ek voel jou hart­seer; ek voel el­ke hou wat ’n vrou in ons land kry; ek voel die hart­seer van el­ke moe­der – ek voel dit al­les, want dit is iets wat ek vrees, wat ek el­ke dag bid nie met my moet ge­beur nie. Dis iets wat el­ke vrou wens nooit met haar sal ge­beur nie. My hart gaan uit na elk­een wat deur so iets ge­gaan het en my siel breek vir el­ke ou­er wie se kind deur so iets ge­gaan het. Dis iets wat met nie­mand moet ge­beur nie en daar­om is el­ke vrou in my ge­be­de.

As vrou voel ek daag­liks on­vei­lig, ver­al as ek al­leen ie­wers stap of in ’n on­be­ken­de a­rea is. As vroue is ons heel­tyd be­wus van waar ge­vaar van­daan kan kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.