stuk-stuk deur pso­ri­a­se ver­niel An­tie van die Vlak­te met saag ge­jaag, nou help sy an­der

Sy is ja­re lank e­mo­si­o­neel en fi­siek deur haar eks­man mis­han­del, tog is sy ’n hel­pen­de hand vir slag­of­fers nes sy.

Kuier - - Inhoud - DEUR EL­MA­RI­NE ANTHONY

Toe sy hom des­tyds ont­moet, het sy looks, sjar­me en kerk­lik­heid haar oor­rom­pel en het hy haar die son, maan en ster­re be­lo­we. Maar Ma­ry Bam (61) van La­ven­der Hill op die Kaap­se Vlak­te se prins het blits­vin­nig in ’n ge­weld­da­di­ge mon­ster ver­an­der toe sy mooi be­lof­tes deur vuis­houe en blou kol­le ver­vang is.

Dis eint­lik net deur ge­na­de dat Ma­ry nog hier is om haar sto­rie te ver­tel, want vol­gens haar het haar eks­man al haar kop in ’n vuur­warm kool­stoof ge­druk; haar ge­jaag met ’n e­lek­trie­se saag en ge­dreig hy gaan haar“kop af­sny”.

En vir by­na 28 jaar het Ma­ry, soos baie vroue, in stil­te ge­ly tot­dat sy een­dag fi­naal ge­noeg ge­had het van haar man se ver­ba­le, fi­sie­ke én sek­su­e­le mis­han­de­ling en hom skei­hof toe ge­vat het. Nou wil sy an­der vroue wat ook on­der huishoudelike geweld deur­loop, aan­raai om nie stil te bly nie, want an­ders as wat sy in haar tyd er­vaar het, ís daar hulp.

Ma­ry is een van se­we dap­per vroue wat on­langs hul er­va­rin­ge van pyn en mis­han­de­ling op skrif in die boek Wo­men

Sur­vi­ving La­ven­der Hill, vas­ge­lê het. Na aan­lei­ding van Ma­ry se hoof­stuk,“My sto­ry a­bout a­bu­se sur­vi­val”, kan jy nie glo wat dié vrou al­les moes deur­maak nie. Want met el­ke hou wat op haar lig­gaam neer­ge­re­ën het, het Ma­ry klein en ver­ne­derd ge­voel“as­of ek nie werd is vir die le­we nie”. En geen vrou ver­dien om só te voel nie.

Dit lyk as­of Ma­ry nog al­tyd ’n on­ge­luk­ki­ge slag met mans ge­had het, dis hoe­kom sy van­dag sê,“ek sal nooit weer ’n man kan lief­hê nie”.

Voor­dat sy haar man ont­moet het, het sy op 19 swan­ger ge­word van ’n man wat vir haar ge­lieg het oor sy hu­we­lik­sta­tus. Na­dat sy swan­ger ge­word het, het die man ver­dwyn en toe sy hom op­spoor, het sy uit­ge­vind hy is ge­troud. Ter­wyl sy be­sig was om van hier­die lief­des­te­leur­stel­ling te her­stel, het sy haar man ont­moet ter­wyl sy Son­dae kerk toe is met haar fa­mi­lie.“Ek het vir hom ge­val, want hy het so sexy ge­lyk en het ’n groot krul in sy kop ge­had. Hy was die vrien­de­lik­ste per­soon wat ek ont­moet het en het al­tyd ’n hel­pen­de hand by­ge­sit met my kind.”

Toe hy haar vra om te trou, het sy ge­sê sy wil nie weer haar­self in die­self­de si­tu­a­sie (waar sy swan­ger word en dan ver­dwyn die man) be­vind nie. Hy het haar oor­tuig

dat dit nie weer sou ge­beur nie, toe stem sy in om met hom te trou.“As ek ge­weet het wat ek van­dag weet, wat ag­ter daai mooi man en sy mooi krul skuil, dan het ek nooit met hom ge­trou nie.”

sy wa­re kleu­re wys

Ma­ry se eks het eers sy wa­re kleu­re ná hul troue ge­wys. Hul­le was nog nie eens twee dae ge­troud nie, toe be­gin die hu­we­liks­pro­ble­me al. Hy wou nie werk nie; het op­hou kerk gaan en ge­reeld be­gin dag­ga rook, ge­drink en selfs met sy eks­mei­sie voor haar ge­vry, ver­tel sy.

Haar man en sy fa­mi­lie was straat­pre­di­kan­te en hy het nie ge­werk nie. Sy moes hom reg­deur hul hu­we­lik smeek om werk te soek.“Dit was al­tyd die ding waar­oor ek die hard­ste pak ge­kry het, om­dat ek nie my bek kon hou nie. Toe hy my ge­slaan het, het ek ge­voel soos die sleg­ste een. Nog­tans het ek uit­ge­hou. Hoe­kom weet ek nie.”

Ma­ry en haar eks­man het al­te­saam vyf kin­ders saam, bui­ten haar eer­ste kind uit haar vo­ri­ge ver­hou­ding.

Haar man het sy dae deur­ge­bring deur dag­ga te rook en in die bos te sit en hout kap met sy neef, wat die hout vir geld ver­koop het. Een aand het Ma­ry hom ge­vra wan­neer hy gaan werk, want hy sit heel­dag in die bos, maar daar het nooit geld in­ge­kom nie. Ma­ry het al­tyd vuur ge­maak in ’n kool­stoof om die huis warm te hou. Min het sy ge­weet die stoof sou sy vol­gen­de wa­pen teen haar word.

“Hy was ge­rook en het my aan my ha­re ge­gryp en my kop bin­ne in die stoof ge­druk. My ha­re het vlam­ge­vat. Ek het by die deur uit­ge­hard­loop en een van my buur­vroue was be­sig om was­goed in ’n groot bad te was. Toe druk ek my kop in die wa­ter. Hy het ag­ter­na ge­kom om my te slaan, want ek kon nie vir hom vra wan­neer hy gaan werk nie. Ek het nooit vir ie­mand ge­sê nie. Ek het al­les op my­self ge­hou.”

So skrik­wek­kend as wat dit was, was dit nie die ein­de van haar man se bru­ta­li­teit nie. Toe Ma­ry se pa ag­ter­kom dat haar man nie werk nie, het hy vir hom ’n e­lek­trie­se saag ge­gee om hout te saag. Haar eks het haar een­dag hier­mee pro­beer aan­val toe een van hul kin­ders brood vra en Ma­ry hom ge­vra het hoe­kom hy geld het vir dag­ga, maar nie vir brood nie.

Hy het haar ge­jaag met die saag en vir Ma­ry ge­sê hy gaan haar kop af­sny. Ma­ry ver­tel ver­der as­of dit gis­ter ge­beur het. “Die saag­ma­sjien dril ag­ter my en ek hard­loop. Dis ’n klein hui­sie en ek stoot die deur ag­ter my toe en my kin­ders help om goed teen die deur te stoot. Die kin­ders skree en ek huil en ek skree, ‘los ons af!’. Sy neef sien hy wil die deur af­saag en sê vir hom:‘Los af die din­ge, die vrou het jou ’n vraag ge­vra. Jy kan nie dié doen nie’. As hy nie daar was nie, waar sou ek en my kin­ders van­dag ge­wees het? Die He­re was nog al­tyd saam met ons. Ek het sur­vi­ve.”

Her­haal­de mis­han­de­ling en om boon­op met nie­mand daar­oor te praat nie, is ge­noeg om me­ni­ge vrou te knak. Maar Ma­ry het uit­ge­hou en in stil­te ge­ly.

ver­breek die stil­te

“Ek het die stil, smi­len­de an­tie Ma­ry ge­bly. Ek het nie ge­wor­ry nie, al het ek pak ge­kry. Nou is ek spyt ek het stil­ge­bly. Dit het my sui­ci­dal ge­maak, want ek het al­les op my­self ge­hou,”ver­tel an­tie Ma­ry, wat al drie keer pro­beer self­moord pleeg het en in die hos­pi­taal vir de­pres­sie op­ge­neem is.

Wat Ma­ry nog al­tyd in haar diep­ste seer help co­pe het, was die werk wat sy in die ge­meen­skap ge­doen het en steeds doen. Sy ry ou en siek men­se hos­pi­taal toe of waar hul­le ook al moet wees. Sy maak ook siek men­se se hui­se son­der be­ta­ling skoon. Sy het al­tyd iets om te eet of drink in haar mo­tor, wat sy Dai­sy ge­noem het, ge­hou. Dus was die fi­nal straw, ná ’n hu­we­lik van 27 jaar en 10 maan­de, toe haar man haar ge­meen­skaps­werk be­le­dig.“Hy het ge­sê my kar is ’n‘hoer­huis op wie­le’. Daai het vir my stuk­kend ge­maak, want ek het net men­se ge­help en hy het dit ge­weet.”

Kort hier­na het Ma­ry ui­t­ein­de­lik haar stil­te ver­breek en vir haar ma ver­tel wat sy al­les moes deur­maak. Haar ma was na­tuur­lik stom­ge­slaan.

Voor­heen toe haar man haar ge­smeek het om hom te­rug te vat, het Ma­ry hom al­tyd ver­ge­we, maar toe sy be­sluit om te skei, was sy fi­naal klaar met hom.

Toe hy nie in die hof op­ge­daag het vir hul skei­saak nie, het die land­dros vir haar ge­sê om huis toe te gaan en aan haar hu­we­lik te werk.“Haar woor­de was soos ys­koue wa­ter wat in my af­sak. Toe s­taan ek op en sê vir die land­dros:‘As jy van­dag dit aan my doen, dan nooi ek hom vir ’n lek­ker lunch, ver­gif­tig hom en bring sy lyk hof toe’. Toe sit sy haar arms om my en sê:‘Ma­ry, jy is ge­skei’. Ek het só vin­nig uit die hof ge­hard­loop Kaap­stad­po­li­sie­sta­sie toe. Dit was am­per as­of al­les ge­sak het. Soos ’n groot bak­steen van my skou­ers af. Ek het só ver­lig ge­voel!”

Ma­ry, wat ook nou ’n ge­kwa­li­fi­seer­de trau­ma­be­ra­der is, se ad­vies aan mis­han­del­de vroue is om nie stil te bly nie.“Praat uit! Die boek was soos ’n he­a­ling pro­ses. Vroue moet praat, hul­le moe­nie stil­bly nie, ons is hier as ’n ge­meen­skap. Ons is die hel­pen­de han­de. Daai tyd wat ek a­bu­se was, was daar nie sul­ke men­se nie. Van­dag is daar so baie hulp, nie een van ons hoef ver te gaan om uit a­bu­si­ve om­stan­dig­he­de te kom nie.”

Ma­ry wys ons trots die sen­trum vir mis­han­del­de vroue wat sy be­oog om in Sep­tem­ber in haar ag­ter­plaas te o­pen. Sy het oor die ja­re haar eie geld ge­bruik om dit te laat aan­bou. Die sen­trum het nog werk no­dig, maar ag­ter dit skuil ’n trot­se vrou wat 28 jaar van hel oor­leef het en nie wil toe­sien dat dit met e­ni­ge an­der vrou ge­beur nie.

HOOFFOTO: Ma­ry her­leef die mis­han­de­ling wat sy ja­re lank on­der haar eks­man deur­ge­maak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.