Kuier

jou eie besigheid Só begin jy

Die lewe word duurder, maar die pay bly dieselfde. Maak só jou beursie ’ n bietjie dikker.

- DEUR marteli brewis

Met die resessie en werklooshe­idsyfers hoër as ooit, moet jy jou kreatiwite­it inspan om jou rande te rek. Een manier is dalk om jou eie besigheid te begin en sodoende ekstra geld te maak.

Idees vir ’n besigheid kan van enige plek kom en hoef glad nie buitenspor­ig of opspraakwe­kkend te wees om geld te maak nie. Die grootste vereiste is dat mense byvoorbeel­d ’n behoefte het vir die diens wat jy wil lewer én bereid is om daarvoor te betaal.

Begin sommer deur jou vriendinne of bure te vra wat is die dinge wat hulle elke dag moet doen, wat hulle háát. Kan jy dit doen? Kan jy dit góéd doen? Só kan die idee vir ’n besigheid begin vorm aanneem.

Miskien maak jy lekker kos. Dalk kan jy maaltye per bestelling maak en aflewer of spysenieri­ng vir vriende se partytjies doen. Dalk kan jy manlief inspan om ’n profession­ele braaier te word. Wat van ’n besigheid waar jy wasgoed was en aflewer? Later kan jy uitbrei en klere regmaak. Miskien is jy ’n goeie pakker – bied aan om iemand wat trek se pakwerk te doen.

Maar hoe weet jy jou idee is goed genoeg en waar begin jy?

Volgens Ernest du Toit, voorsitter van die Direct Selling Associatio­n en uitvoerend­e hoof van Annique, moet jy eerstens ’n behoefte vervul, dan hoef jy jou nooit weer te bekommer oor geld nie. Hy waarsku egter die wêreld verander heeltyd en jy moet bybly met dit wat jou besigheid bied.“Die behoefte wat jy bevredig, moet uniek wees, jy moet ’n unieke oplossing hê daarvoor, jou dienslewer­ing moet die heel beste of goedkoopst­e wees.” Hy sê mense sal maklik geld betaal vir iets as dit hul lewens makliker en gerieflike­r kan maak of tyd bespaar. Ernest sê ook 65% van alle nuwe besighede misluk in die eerste ses maande. Volgens hom is die agt geheime tot ’n suksesvoll­e besigheid: entreprene­urskap; leierskap; menseverho­udings; strategies­e beplanning­svermoë; kennis van jou besigheid; behoorlike beplanning, winsbejag en diversitei­t. Verder moet jy deurdruk, maar ook weet wanneer om moed op te gee as iets nie werk nie.

wenke vir jou

Small Enterprise Developmen­t Agency (Seda) is ’n regeringsa­gentskap wat klein ondernemin­gs gratis ondersteun met nie-finansiële besigheids­ontwikkeli­ng. Hulle help mense om suksesvoll­e besighede op die been te bring en ontwikkel. Hulle kan ook help om befondsing te kry. Voorbeelde van gratis opleiding is hoe om jou besigheid te begin en te finansier, besigheids­plan-ontwikkeli­ng, bemarking, hoe om jou pryse vas te stel, ensovoorts. Alex Qunta, Seda se provinsial­e bestuurder vir die Wes-Kaap, sê daar is sekere belangrike faktore om in plek te kry voordat jy wegspring met jou besigheid.

Maak seker jy mag

Alex verduideli­k wanneer jy ’n besigheid van die huis af wil begin, moet jy eerstens uitvind wat die munisipale regulasies in jou area is. Vind uit of jy jou tipe besigheid van jou huis af mag bestuur voordat jy in die moeilikhei­d kom. Die meeste munisipali­teite laat dit byvoorbeel­d nie toe om ’n panelbeate­r in ’n woonbuurt te hê nie as gevolg van die geraas. As jy dit oorweeg om ’n kosbesighe­id te begin, moet jy uitvind wat die higiëne- en veiligheid­sreëls is.

Wie is jou teikenmark?

Wie is jou teikenmark? Kan en wil hulle betaal vir wat jy wil bied? Hoe meer jy weet van jou teikenmark, hoe beter kan jy jou diens lewer.

Wie is jou kompetisie?

Dis belangrik om navorsing te doen oor kompetisie, meen Alex. Is daar iemand in die area wat dit doen? Wat doen jy anders en beter? As daar niemand is nie, is daar werklik ’n mark? Maak seker jou besigheid is uniek, in aanvraag en bekostigba­ar.

Is jou prys reg?

Moenie pryse uit jou duim suig nie, waarsku Alex. Probeer so akkuraat moontlik uitwerk wat jou kosprys is (onthou kostes soos huur, elektrisit­eit, telefoonko­ste en vervoer) en besluit wat jou winspersen­tasie is. Een van die voordele van presies weet wat jou kosprys is, is dat jy dan met ’n geruste hart pryse kan onderhande­l met jou kliënte. Onthou – afslag is dalk minder geld, maar dit kan ’n lojale kliënt beteken.

Droom groot, maar begin klein

Alex sê dis goed om groot te droom, maar moenie groot begin nie. Begin klein en moenie dadelik sukses verwag nie.

Jou besigheids­plan

Elke besigheids­plan is uniek, want jy het jou eie omstandigh­ede en kostes, sê Aex. Jou plan moet uitvoerbaa­r wees. Bemarkings­plan – hoe gaan jy die produk of diens verkoop kry?

Hoe gaan jy met jou kliënte kommunikee­r? Gaan jy byvoorbeel­d, plaaslike koerantadv­ertensies, SMS, WhatsApp, sosiale media of flyers gebruik? Stel ’n produksiep­lan op. Oorweeg finansieri­ng en realisties­e kontantvlo­ei.

Ken die sterk- en swakpunte, geleenthed­e en bedreiging­s van jou besigheid.

Stel ’n operasione­le plan op: hoe gaan die dag-tot-dag sake verloop? Gaan jy werknemers hê? Waar gaan jy dit wat jy nodig het, kry?

Skryf ’n uitvoerend­e opsomming: dit is ’n opsomming van die belangriks­te punte van jou besigheid.

Maak ’n bankrekeni­ng oop

Alex sê baie mense maak die fout om aan die begin van hulle besigheid, geld in ’n kleinkassi­e te hou of nie alles te bank nie. Finansierd­ers wil jou besigheids­geskiedeni­s bestudeer en die maklikste en betroubaar­ste bron hiervoor is bankstate. Maar net as jy al jou besigheid deur jou bankrekeni­ng doen. Sy raad is eenvoudig: bank al die geld wat jy inkry en betaal jou uitgawes met jou kaart of elektronie­s, dan het jy volledige finansiële rekords.

Registrasi­e

Alex adviseer dat mens nie onmiddelli­k jou besigheid registreer nie. Kyk eers vir so ses maande of die besigheid ’n sukses gaan wees. Vind egter in tussentyd by die Companies and Intellectu­al Property Commission (CIPC) uit watter vereistes daar is vir die registrasi­eproses.

Kry jou sisteme in plek

Hoe vroeër in jou proses jy die regte sisteme in plek kry, hoe makliker is dit. Soos wat jou besigheid groei, kan jou sisteme ontwikkel. Dis veral belangrik sodat, wanneer jy werknemers het, almal presies weet wanneer wat moet gebeur en hoe.

Kliëntedie­ns is koning

’n Mens kan nie die waarde van goeie kliëntedie­ns onderskat nie, beklemtoon Alex. Nie net gaan ’n tevrede kliënt terugkom nie, maar hy gaan vir sy familie en vriende vertel . . . Gaan die ekstra myl vir jou kliënte – hulle kan jou maak of breek.

Net omdat jy nie ’n vet bankrekeni­ng het nie, beteken nie jy kan nie ’n besigheid begin nie. Dit ís moontlik om iets te begin as jy die regte kombinasie vaardighed­e, beplanning, deursettin­gsvermoë, werksetiek en passie het, sê Alex.

Die belangriks­te is om ’n daadwerkli­ke poging aan te wend om jou besigheid te begin en geduldig te wees terwyl dit deur die groeifase gaan. Wie weet, dalk is jy die volgende sake-mogul?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa