Die Buf­fel

Kuier - - Jou Kind En Skool -

Die A­fri­ka-buf­fel is ’n groot en krag­ti­ge bees. Buf­fels be­reik ’n leng­te van 1,5 m en ’n mas­sa van 750 kg. Koeie en bul­le het al­bei ho­rings, maar die bul s’n smelt saam op die kop ter­wyl die koei s’n twee dui­de­li­ke a­par­te ho­rings vorm. Hul ho­rings is dik van on­der en vorm op­waart­se ge­boë dun pun­te tot bo­kant hul kop­pe. Die bul­le is ook swar­ter en gro­ter as die koeie. Buf­fels is so­si­a­le die­re en be­weeg in groot kud­de. Soms be­weeg hon­der­de van hul­le saam en eet lang gras en strui­ke ter­wyl hul­le saam be­weeg. Buf­fels veg nie vir grond­ge­bied soos som­mi­ge an­der van die Groot Vyf nie. Wan­neer die bul­le eg­ter vir rang en koeie veg, is die ge­raas van die bot­sing en ge­kraak van hul ho­rings ge­wel­dig. Daar word ge­raam dat die im­pak van hul ho­rings se bot­sing ge­lyk is aan ’n mo­tor wat teen 50 km per uur teen ’n muur bots. Pa­ring vind plaas tus­sen Maart en Mei. Koeie is swan­ger vir 330 dae en net een kalf word tus­sen Ja­nu­a­rie en April ge­bo­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.