NUUT BY KUI­ER

Kuier - - KUIERHOEKIE -

CURT BAKER (33) is ’n boor­ling van die mooie Mos­sel­baai aan die Tuin­roe­te en is pas aan­ge­stel as ons nu­we han­dels­merk­be­stuur­der. Met ja­re se on­der­vin­ding in die be­mar­kings-en ver­koop­s­wê­reld, pas die po­si­sie hom soos ’n hand­skoen!

Curt sê sy pas­sie vir be­mar­king strek diep en stem van­af sy lief­de om met men­se te werk. Hier­die pas­sie strek so ver as sy eie ge­meen­skap, met suk­ses­vol­le pro­jek­te waar­mee hy die af­ge­lo­pe 11 jaar in sy tuis­dorp be­sig is. Hy ge­bruik graag so­si­a­le en plaas­li­ke me­dia om sy vrien­de te na­der om te help om ’n ver­skil te maak. Ons hoor hy is so tus­sen­deur sy nu­we aan­stel­ling steeds be­sig met ge­meen­skaps­pro­jek­te in sy tuis­dorp.

In sy vrye tyd hou hy van ons land plat reis en om tyd met sy fa­mi­lie en vrien­de deur te bring. Hy sê hy kom uit ’n lief­de­vol­le fa­mi­lie en ge­niet ver­al om om ’n lek­ker vuur met sy men­se te kui­er en uit­stap­pies te be­plan.

Deel van die be­sluit om by die Kui­er aan te sluit, was dat hy ’n lo­ja­le le­ser is en graag die Kui­er- han­dels­merk na die plat­te­land wou neem soos in die ver­le­de.

“Ons men­se is baie lief vir Kui­er met die in­spi­ra­sie-e­le­ment, wen­ke en re­sep­te. Ek kom uit ’n huis waar ons stoei om eer­ste die

Kui­er te lees – en ek sien uit om Kui­er deel van selfs nóg meer huis­hou­dings te maak.

“Ek het so pas my eer­ste groot funk­sie, Pienk P­le­sier, ag­ter die rug en ek kon sien hoe ver­skrik­lik lief ons le­sers Kui­er het. Ek hoop om meer ge­leent­he­de vir ons le­sers te skep waar ons som­mer lek­ker saam sal kui­er.

Kui­er is ons men­se se tyd­skrif en daar­om skep ons ge­leent­he­de vir hul­le om na aan ons te wees.”

Dit is ’n aan­wins vir e­ni­ge borg om aan­boord te kom by ons funk­sies en Curt sien uit om daar­die ver­hou­ding te bou!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.