GESPALKTE “JERK”HOENDERVLERKIES

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 4

BESTANDDELE

12 hoendervlerkies

Vir die“jerk”-vryf­meng­sel

1 eet­le­pel knof­fel­poei­er 2 tee­le­pels rooi­pe­per 2 tee­le­pels ui­e­poei­er 2 tee­le­ples droë tie­mie 2 tee­le­pels droë pie­ter­sie­lie 2 tee­le­pels sui­ker 2 tee­le­pels sout 1 tee­le­pel pa­pri­ka 1 tee­le­pel fyn won­der­pe­per (all­spi­ce) ½ tee­le­pel vars­ge­maal­de swart­pe­per ½ tee­le­pel ris­sie­vlok­kies ½ tee­le­pel vars­ge­ras­per­de neut­mus­kaat (nut­meg) ¼ tee­le­pel fyn ka­neel 12 bam­boes­stok­kies, vir min­stens ’n uur of ver­kies­lik oor­nag, in wa­ter ge­week

METODE

Meng al die bestanddele vir die vryf­meng­sel. Plaas die hoendervlerkies in ’n plas­tiek­sak of ’n plas­tiek­bak met ’n dek­sel saam met 2 – 3 eet­le­pels van die vryf­meng­sel. S­kud goed so­dat die vler­kies al­kant met die meng­sel be­dek is. Laat staan vir 30 mi­nu­te. Ryg elke vler­kie oop­ge­spalk op ’n bam­boes­stok­kie. Braai oor ma­ti­ge ko­le tot al­kant mooi deur­gaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.