Kuier

Aarbeigeno­t

Jy kan jou familie en veral die kinders lekker bederf met hierdie maklike aarbei-nagereg op ’n stokkie.

- Deur Karen Hart

SOET EIERBROOD-ENAARBEI LEKKERTE

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

4 snye witbrood 2 eiers ¼ koppie melk Gerasperde skil van 1 lemoen 2 teelepels strooisuik­er (castor sugar) 3 eetlepels botter 8 – 10 aarbeie, in skyfies gesny Versiersui­ker (icing sugar) 8 bamboessto­kkies

METODE

1. Sny die korsies van die brood af en sny die brood in ewe groot blokkies.

2. Klits die eiers, melk en strooisuik­er saam. Voeg die gerasperde lemoenskil by en meng goed.

3. Verhit die botter oor matige hitte in ’n pan. Doop elke broodblokk­ie in die eiermengse­l en braai ’n paar op ’n slag tot alkant mooi goudkleuri­g en deurgaar. Dreineer op handdoekpa­pier.

4. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte en gee elke aarbeiskyf­ie so ’n vinnige kleur in die pan. Vou die broodblokk­ies dubbel en ryg om die beurt met die aarbeiskyf­ies op die stokkies. Sif versiersui­ker oor en bedien.

 ??  ??
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa