’N LIEFDESOFFER

’n Ma weet net een­vou­dig wan­neer iets fout is met haar kind. En sy sal e­nig­iets in haar mag doen om haar ge­lief­de se lewe te red . . .

Kuier - - KORTVERHAAL - DEUR And­rea A­rend­se

Su­san kom die woon­ka­mer vin­nig bin­ne.“Sal jy haar gou weer bel, Da­vi­an? Dis al twaalf­uur!” Da­vi­an kyk op van sy speur­ver­haal. Dis nou al die vier­de keer dat sy vrou hom on­der­breek. Hy sal maar iets moet sê om haar ge­rus te stel.

“Ai, Su­san kal­meer nou. Anne is al mooi groot en sy was al uit met vrien­de. Ons dog­ter is mos ver­ant­woor­de­lik, of hoe?”

Su­san draai weg van die ven­ster af. Die be­kom­mer­nis vreet haar op. Sy kyk na haar man. Hy is al in sy vyf­tigs, sy in haar veer­tigs, maar hy het deur die ja­re sy ge­duld be­hou. Hy is steeds so kalm en wys. Sy woor­de het ge­woon­lik ’n kal­me­ren­de ef­fek op haar, maar van­aand wil die on­heil­spel­len­de stem­me en on­rus­tig­heid bin­ne haar nie ein­de kry nie.

“Ek weet jy is reg Da­vi­an, maar ek voel ver­skrik­lik on­rus­tig. Anne was al voor­heen uit, maar sy was al­tyd voor elf­uur te­rug.” Su­san draai haar rug op haar man.

’n Mo­tor hou stil. Maar dis net die Pot­gie­ters wat van va­kan­sie af kom. Wan­neer kom Anne dan nou huis toe? “Ek gaan haar bel,”sê Su­san. “Jy doen niks van die aard nie, Su­san. Ons ver­trou haar, ont­hou. Sy is nou al ne­gen­tien en kan goed na haar­self kyk,”sê Da­vi­an. Su­san moet maar luis­ter as haar man so hard met haar praat.

Sy skuif weer die swaar lig­blou gor­dyn weg. Sy staar weer by die ven­ster uit. Die straat is stil.

Sy be­gin dink dis haar eie skuld­ge­voe­lens wat haar nou so op­vreet en ef­fe neu­ro­ties laat op­tree. Sy en Anne het vroeg­aand ’n vu­ri­ge stry ge­had, net voor Anne saam met haar vrien­de weg is. Da­vi­an weet na­tuur­lik van niks nie. Hy dink al­e­wig sy wat Su­san is, is te s­treng met Anne.

Su­san dink weer aan die woor­de wat hul­le vroe­ër ge­had het. Anne het on­langs met haar kê­rel be­gin uit­gaan. Dit was skaars twee weke na­dat sy en Bart op­ge­breek het. Die nu­we kê­rel, Ja­c­ques of Jack, is baie rof. Ger­tie van die kerks­raad het Su­san klaar teen sy nuk­ke en gril­le ge­waar­sku.“Hy ge­bruik net die mooi mei­sies,” het Ger­tie ge­sê.

Sy het dit aan Anne ge­noem, maar na­tuur­lik wou sy niks weet nie.

“Ma moet op­hou om Ma aan daai tan­nie Ger­tie met haar skin­der­tong te steur!”het Anne am­per his­te­ries ge­skree.

“Maar, my kind, ver­staan tog. Mam­ma pro­beer jou net be­skerm.”

“Nee, Ma pro­beer al­weer my be­slui­te na­mens my maak.”

Su­san was stom ge­slaan. Van wan­neer af praat haar en­gel­kind só met haar?

“Na­tuur­lik pro­beer ek nie jou be­slui­te na­mens jou maak nie, Anne. Dis net . . . Ma is be­kom­merd oor jou en die man­ne­tjie. Hy is nie goed vir jou nie.”

Anne se ge­sig het rooi ge­word.“Wat weet Ma? Hy het my nog net goed be­han­del.”

Hul­le was toe on­der­breek deur die ge­toe­ter van ’n mo­tor. Anne het son­der boe of ba haar leer­baad­jie ge­gryp en na die mo­tor ge­hard­loop.

Haar dog­ter het so baie ver­an­der in die laas­te tyd. Mis­kien vind sy dit moei­lik om te aan­vaar om­dat die ver­an­de­ring nie na haar wen­se is nie. Sy moet Anne om ver­sko­ning vra. Anne moet voel dat sy haar eie be­slui­te kan maak.

Su­san word te­rug­ge­ruk na die he­de met die ge­lui van Da­vi­an se sel­foon. Hy ant­woord on­mid­del­lik. “Wie’s dit?”wil Su­san weet. Da­vi­an be­duie met sy hand sy moet wag. Hy laat die sel­foon sak. Su­san sien hy word bleek.

“Wat’s dit?”Die on­heil­spel­len­de ge­voel is te­rug en wil haar ver­swelg.

“Dis Anne. Sy is in die hos­pi­taal. Mo­tor­on­ge­luk. Te veel bloed ver­loor . . . daar is fout met haar hart.”Sy stem be­we.

Su­san gryp die mo­tor­sleu­tels en hul­le jaag hos­pi­tal toe. Hul­le het skaars by die hos­pi­taal aan­ge­kom en Su­san be­gin his­te­ries elke sus­ter en dok­ter vra waar haar kind is. Uit­ein­de­lik ver­skyn Anne se dok­ter.

“Ons is Anne se ou­ers. Me­neer en me­vrou Jou­bert. Wat pre­sies het met ons dog­ter ge­beur?”vra Da­vi­an.

“Goei­e­naand. Ek is dok­ter S­mit. Ek dink dis be­ter as u sit.”Hy wys hul­le in die rig­ting van die ban­ke in die ont­vangs­lo­kaal.

“Ek wil nie sit nie! Waar is my dog­ter!” skree Su­san. Da­vi­an sit sy arm om haar.

“Nou goed. Anne was in ’n erns­ti­ge mo­tor­on­ge­luk, sy het nie ’n vei­lig­heids­gor­del om ge­had nie en was deur die ruit aan die pas­sa­siers­kant ge­slin­ger,”sê die dok­ter. Su­san en Da­vi­an gryp me­kaar vas. “Sy lewe nog, maar is in ’n kri­tie­ke toe­stand. Daar het ’n stuk glas, ve­moe­de­lik van die ruit, in haar hart ge­steek. Sy het al­reeds baie bloed ver­loor,”voeg hy by.

“Wat kan ons doen, Dok­ter? Wat is ons op­sies?”vra Da­vi­an deur die tra­ne. Da­vi­an weet eg­ter in sy hart dat daar net een op­sie is ’n hart­oor­plan­ting. Maar hy weet die waar­skyn­li­keid dat hul­le nou ’n hart sal kry, is baie skraal.

Sy vrou kan in sy hart­seer oë sien wat deur sy ge­dag­tes gaan. Hul dog­ter se lewe is in ge­vaar en hul han­de is af­ge­kap.

“Mag ons haar sien, Dok­ter?”vra Da­vi­an. “On­ge­luk­kig nie, me­neer Jou­bert. Soos ek ver­dui­de­lik het . . . Sy is in ’n kri­tie­ke toe­stand en sy lyk nie goed nie. Sy word voor­be­rei vir ’n nood­o­pe­ra­sie.” “Son­der ’n hart­dok­ter?”vra Su­san. “Ons kan nie wag of ons hoop op ’n sken­ker plaas nie. Daar is ook ’n wag­lys vir or­ga­ne. Sy be­no­dig nou hulp,”sê dok­ter S­mit.

Da­vi­an en Su­san sit op die har­de ban­ke in die wag­ka­mer. Dit voel soos ure van­dat dok­ter S­mit ver­dwyn het.

“Ai, Da­vi­an wat het ek ge­doen?”vra Su­san hui­lend.

“Dis nie jou skuld nie, Su­san. Nie­mand kon ’n mo­tor­on­ge­luk voor­spel nie.”

“Dis nie wat ek be­doel nie. Ek en Anne het ’n groot uit­val ge­had voor sy uit is . . . Oor Jack.” “Ja­c­ques?”vra Da­vi­an ver­baas. “Ek het haar teen hom ge­waar­sku, Da- vi­an. En sy het my daar­van be­skul­dig dat ek be­slui­te vir haar wil maak. Ek sou jam­mer sê van­aand . . . En nou gaan ek dalk nooit die kans kry nie!”Die tra­ne stroom oor Su­san se ge­sig en die rou snik­ke ruk deur haar lyf. Da­vi­an kyk op en sien dok­ter S­mit. “Ons het al­les in ons ver­moë ge­doen om jul dog­ter se lewe te red, maar son­der ’n hart is dit moei­lik . . . ek is be­vrees . . .”

Su­san luis­ter nie eens klaar nie. Sy staan op en stap na die da­mes­toi­let. Da­vi­an kan haar net ag­ter­na kyk. Hy voel so swak. Hy is die man, die va­der en hy moet din­ge nou be­ter kan maak. Hy laat sak sy kop in sy han­de.

’n Oor­do­wen­de knal trek deur die lug. Oë vlieg in die rig­ting van die toi­let. Da­vi­an is ont­nug­ter en hard­loop in die rig­ting van die knal. Bin­ne die da­mes­toi­let vind hy sy vrou op die grond in ’n plas bloed.

“Wat het jy ge­doen?”skree hy. Sy het haar­self ge­skiet met haar re­wol­wer. Waar kry sy dit? Haar hand­sak lê oop langs haar.

Sy moes ge­weet het dat hul dog­ter se lewe in gro­ter ge­vaar is . . . ’n Ma weet al­tyd. Sy het haar eie lewe op­ge­of­fer vir haar kind. Hy kniel langs sy ster­wen­de vrou. “S . . . sê vir Anne ek sê jam­mer … ” Op daar­die oom­blik kom dok­ter S­mit die toi­let bin­ne. Hy lyk ver­skrik en val langs Su­san neer om haar pols te voel, maar die lewe is reeds be­sig om uit haar te vloei. Sy blik ver­sag as hy na haar kyk en sug diep. Hy kyk na Da­vi­an waar hy steeds langs Su­san kniel.

“Me­neer S­mit, ek is jam­mer. Ons kon nie u dog­ter se lewe red nie. Ons het al­les in ons ver­moë ge­doen om haar te red. Sy het te veel bloed ver­loor vir e­ni­ge o­pe­ra­sie om suk­ses­vol te wees . . .”

Da­vi­an is ver­plet­ter. Su­san het ook stil ge­word langs hom. Haar op­of­fe­ring was ver­niet, maar hy weet wat sy ge­doen het, het sy uit lief­de vir hul dog­ter ge­doen.

Dok­ter S­mit weet nie wat om aan hier­die man te sê nie.

Wat kan jy aan ie­mand sê wat al­bei sy ge­lief­des so pas ver­loor het?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.