Wat die hart van vol is

Koop nou en be­taal la­ter is al so deel van ons le­we en dit druk men­se wat reeds suk­kel, net die­per in die skuld. Deur che­a­net­te s­tan­der

Kuier - - Inhoud -

Boe­we en an­der mis­da­di­gers steel. Nie dood­ge­wo­ne men­se nie. Nee, ons is net nie so groot­ge­maak nie. Só re­de­neer ons van­uit die ex­clu­si­ve le­at­her-look-rus­bank van slegs R19 999. Die paai­e­ment was op daar­die be­trok­ke dag, toe jy ewe ge­dul­dig die win­kels in­ge­vaar het, ui­ters bil­lik. Maar jy het van­dag pre­sies vier maan­de ge­le­de ’n paai­e­ment be­taal.

Ons hoor me­kaar sê dat die skuld­plek­ke maar sal moet wag vir hul­le geld, want ons moet ook da­rem le­we, jy weet?

Werk­loos­heid is – soos ja­re nou al – op ’n all-ti­me high. Ons kin­ders kry nie werk nie. Be­sig­he­de kan nie nog per­so­neel be­kos­tig nie en spar­tel om kop bo wa­ter te hou. Maar mô­re klim jy in jou ge­rief­li­ke mo­tor met die ai­r­con – jy kan al ’n maand of wat nie die vol­le paai­e­ment be­taal nie; nom­mers van las­ti­ge in­vor­de­raars word dus sum­mier ge­blok.

Ná werk van­aand val ons uit­ge­put neer tus­sen ons mail or­der bed­de­goed. Ja, jy weet dis te duur, maar jy sal ’n plan maak. ’n Mens kan mos nou nie in so ’n va­le ou slaap­ka­mer hê nie. Jy sal wel be­taal as jy hier en daar iet­sie an­ders kan“sny”en die rie­me nóg sty­wer trek.

Na­we­ke kyk jy sport op jou hoe­veel-ook­al-in­ches plas­ma TV en stap na jou su­per­de­lux-i­ce­ma­ker-li­mi­ted e­di­ti­on frid­ge toe wat oor­loop van aan­ko­pe wat bloot deur die swaai van ’n kre­diet­kaart be­taal was.

Ter­wyl die braai aan die gang is, deel elk­een hul o­pi­nie oor wat hul­le van die las­ti­ge “lo­ans­harks” dink. Hoe­kom moet jy be­taal, die in­te­rest is sky-high en hul­le kan mos nie bloed uit ’n klip tap nie! Jy ver­tel hul­le straig­ht as hul­le jou aan­hou pla, gaan jy níks weer be­taal nie! As daar ’n pro­bleem op­duik, word daar bloot van bank ver­an­der – ver­beel jou! Dit is ver­skrik­lik ver­keerd! Jy weet jy moet be­taal, maar nou ewe skie­lik maak daai som­me nie sin nie en jou ag­ter­sak is blou kaal. Met die bank­ver­an­de­ring kry jy ten min­ste ’n twee of drie maan­de bre­ak so­dat jou ner­ves kan be­daar. Dis nou twee jaar en jou kind het steeds nie werk nie. Daar is ’n paar vrien­de of men­se in jou fa­mi­lie wat dalk re­trench kan word. Jy sélf is nie al­dag se­ker van jou in­kom­ste nie, maar da­rem het jy en jou man nog ’n vas­te werk. En al­mal staan ver­stom oor hoe die land ag­ter­uit­gaan. Tog dink ons nie vir ’n se­kon­de wat die im­pak van ons wan­be­ta­lings is nie. Ter­wyl ons ons prag­ti­ge huis en mooie meu­bels so be­kyk, is daar hor­de be­sig­heids­ei­e­naars wat rock en roll in hul bed­dens, aan­ge­sien hul­le goed ver­koop of diens­te le­wer en slegs se­ker kan wees van die ge­troue be­ta- lers om hul reeds kwy­nen­de be­sig­heid te help dra. Hul­le moet dan nood­ge­dwon­ge per­so­neel laat gaan – jou klein­kind of kind of an­der ge­lief­de is dalk een van daai men­se . . .

Die skool val uit­me­kaar, want die skool­fonds word so traag be­taal dat die ar­me op­sig­ter skaars ’n sa­la­ris kan kry. Boon­op ken ons ons con­su­mer rig­hts be­ter as ons land se wet­te.

Al­mal suk­kel, maar nie­mand kyk reg on­der hul neu­se vir die op­los­sing nie. Hou by jou in­kom­ste en pro­beer weg­breek van die“Bor­row from Pe­ter to pay Paul”-ge­woon­te, want ons sie­le is al skuld­ge­daan.

Dié wat dit kan be­kos­tig om die skuld te maak, sit ewe lek­ker kruis­been ag­ter­oor en sus hul ge­we­te met flou ver­sko­nings:“Ek sal dit tog een of an­der tyd af­be­taal, hul­le moet my net nie so push nie!”

Dit is nie mak­lik nie. S­paar is ’n ho­pe­lo­se op­los­sing, want teen die tyd wat jy by die pro­duk uit­kom, is die prys nie meer die­self­de nie of daar is nie meer stock nie. Lay-buy lyk na ’n goeie op­sie, maar jy wil so graag die paar skoe­ne van­aand nog aan­trek . . .

Hoe dit ook al sy, ons het ’n na­sie ge­word wat wan­be­ta­ling le­wen­dig hou. Jy stap by die win­kel in en sien hoe“Koop”se bek oop­hang van op­ge­won­den­heid en daar ver ag­ter in die hoek sien jy vir “Be­taal”, so op sy een­tjie – dood­skaam – want sy bas is dan reeds poe­del­kaal . . .

Hou by jou in­kom­ste en pro­beer weg­breek van die “Bor­row from Pe­ter to pay Paul”-ge­woon­te, want ons sie­le is al skuld­ge­daan . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.