Ak­teur­paar­tjie leer ken hul fa­mi­lies be­ter in nu­we TV-pro­gram

As paar­tjie en kol­le­gas werk hul­le ewe goed en nou soek hul­le na hul fa­mi­lie-wor­tels op hul nu­we TV-pro­gram.

Kuier - - Inhoud - DEUR ERNUSTA MARALACK

wan­neer die ak­teurs­paar­tjie Jody A­bra­hams en Diaan La­wrenson ’n pro­jek aan­pak, kan jy ma­gic ver­wag, want of hul­le nou self daar­in speel of ag­ter die skerms werk, skep hul­le werk wat met jou hart praat.

Kyk maar na Hil­de­gardt W­hi­tes se VIA­pro­gram Hil­de se harts­klan­ke, wat ver­le­de jaar op die kas­sie was en deur Jody (43) en Diaan (39) se maat­skap­py Je­ster Pro­ducti­ons ver­vaar­dig is. En dan meer on­langs Diaan se uit­mun­ten­de to­neel­spel in

Raai­sel­kind, wat by die 2017 Sil­wer­skerm­fees ver­toon was. Hier­in ver­tolk Diaan die rol van ’n ma met ’n ou­tis­tie­se seun en wat la­ter daar­van ver­dink word dat sy sy dood ver­oor­saak het.

Raai­sel­kind was be­noem vir ’n Sil­wer­skerm­fees­toe­ken­ning in die ka­te­go­rie Bes­te S­peel­film en Diaan was be­noem in die ka­te­go­rie Bes­te Ak­tri­se. (Ju­ne van Merch was aan­ge­wys as Bes­te Vrou­li­ke By­spe­ler vir haar rol in Raai­sel­kind.) En in hul nu­we VIA-pro­gram, Wat is in ’n

naam? slaan Jody en Diaan weer­eens die spy­ker op die kop en hul­le gaan hart­sna­re roer wan­neer hul­le elk­een op hul eie in­di­vi­du­e­le reis gaan om uit te vind waar­van­daan hul­le nou eint­lik kom.

Hul­le het vir Kui­er ’n voor­sma­kie ge­gee van wat voor­lê. In die stuk­kie wat ons van die pro­gram ge­sien het, was daar tra­ne en is dit dui­de­lik hoe kwes­baar hul­le ge­raak het voor die ka­me­ras op soek na wat in hul voor­sa­te se ver­le­de ge­beur het. Hier­die keer het hul­le nie ka­rak­ters ver­tolk nie. Dit was al­les rou e­mo­sie en daar was ook die druk om ’n goeie job te doen om­dat hul­le hul eie fa­mi­lies uit­beeld. Jody en Diaan wou aan die ein­de van die dag wys hoe groot die lief­de is en hoe dit baie din­ge (voor­oor­deel, hart­seer, pyn, ens.) kan oor­win. Hul­le wou ook iets skep wat vir hul kin­ders, O­li­via (7) en T­ho­mas (4), ’n do­ku­men­te­ring is van hul fa­mi­lie­ge­skie­de­nis aan al­bei kan­te.

hul fa­mi­lies

“Ek het nie my ou­pa aan my pa se kant ge­ken nie, want my pa en ma is ge­skei toe ek baie klein was. Ek dra die A­bra­hams-van en my t­wee­de naam is Ja­mes (soos sy pa en ou­pa s’n) en T­ho­mas se t­wee­de naam is ook Ja­mes, maar ek het niks van die A­bra­ham­se ge­weet nie. Wat is in ’n

naam? gaan oor die vo­ri­ge ge­ne­ra­sie en hul dro­me en die ge­ne­ra­sies daar­na. En dís waar die vrae lê, maar ek was nog al­tyd bang om te vra,” ver­tel Jody.

Jody ver­staan so­veel din­ge om­trent sy voor­sa­te nou so­veel be­ter en“nou kan ek sterk staan”.

“Jy moet weet waar­van­daan jy kom so­dat jy kan weet waar­heen jy op pad is.

Ek het fo­to’s van my ou­ma en ou­pa ge­sien en ek kon sien daar was lief­de tus­sen hul­le en ek is die pro­duk daar­van.

Die fo­kus (van die pro­gram) was lief­de, nie skan­des nie,”voeg hy by.

Jody en Diaan is al so 11 jaar saam en drie jaar ge­troud. Maar selfs al ken hul­le me­kaar al so lank, was dit vir >>

Diaan ’n spe­si­a­le er­va­ring om an­der fa­set­te van Jody te leer ken.

“Al­hoe­wel ons elk­een op ’n in­di­vi­du­e­le reis was, was dit baie lek­ker om dit saam te doen. Ek het baie in­sig ge­kry in Jody se le­we en hoe swaar hy groot­ge­word het. Ek dink ’n mens kyk dit soms mis dat ons al­mal uit­da­gings in die le­we het. Maar dit was nie nét swaar­kry nie, daar was won­der­li­ke tye en lief­de ook aan bei­de kan­te van ons fa­mi­lies,” ver­tel Diaan.

Sy ver­staan haar man en die pa van haar kin­ders ná Wat is in ’n naam? nou op ’n veel die­per vlak, sê Diaan lief­de­vol.

Jody en Diaan wens ook men­se wil nie heel­tyd kleur raak­sien nie. In plaas daar­van hoop hul­le men­se sien me­kaar as men­se raak en pro­beer eer­der oor­een­koms­te as ver­skil­le vind.

As ’n paar­tjie in ’n veel­ras­si­ge ver­hou­ding, het Jody en Diaan eer­ste­hand­se ken­nis van hoe be­voor­oor­deeld men­se kan raak.

“Ons pro­beer nie deur Wat is in ’n naam? oor po­li­tiek of ver­soe­ning van ver­skil­len­de ras­se praat nie. Dit gaan oor hoe ons deur ons la­bels me­kaar ver­keerd ver­staan,”sê Diaan sag.

As ou­ers is hul­le be­sig om aan ’n ry­ke na­la­ten­skap vir hul kin­ders te werk, maar bo­wen­al wil Jody en Diaan hê hul kin­ders moet trots wees op hul i­den­ti­teit – op wie en wat hul­le is. Diaan wil hê O­li­via en T­ho­mas moet weet dis ou­kei om ver­skil­le te hê, maar om die ka­na­le van kom­mu­ni­ka­sie al­tyd oop te hou en me­kaar se o­pi­nies te re­spek­teer.

“Ek en Jody leer dit nog el­ke dag,”sê sy ter­wyl hy haar hand vas­hou.

Jody se les vir sy kin­ders is ook baie een­vou­dig.“Wees al­tyd lief om te leer.”

Jody en Diaan, wat die Kaap nou hul tuis­te ge­maak het, se ge­sig­te hel­der op wan­neer hul­le oor hul kin­ders praat.

Diaan se oë raak sag soos net ’n ma s’n kan raak wan­neer sy ver­tel hoe be­wus O­li­via daar­van is dat haar ou­ers ou­ers nie die­self­de ras is nie.

“O­li­via is f­re­a­kishly in tu­ne met men­se en vra al van kleins af hoe­kom is Jody bruin en ek wit. As ouer moet ’n mens dit ver­een­vou­dig vir jou kin­ders. Ek leer hul­le dit wat bin­ne jou is, is wat saak maak,”sê Diaan.

Die ge­sin het ook groot ver­an­de­rings on­der­gaan toe hul­le ver­le­de jaar Kaap toe ge­trek het. Diaan en die kin­ders het in Mei 2016 eer­ste hier­heen ge­kom ter­wyl Jody ’n paar maan­de in Jo­han­nes­burg aan­ge­bly het vir werk. Sy het Jody baie ge­mis in dié tyd, maar sê trots haar kin­ders het goed aangepas.

“Ons is baie lief vir Jo­burg – die stad en sy e­ner­gie – maar dis ’n an­der hoof­stuk vir ons nou. Ons is aan die voet van Ta­fel­berg en ek wil hê my kin­ders moet al­les er­vaar – van die fyn­bos tot k­reef eet en die mees­te van my fa­mi­lie is hier,”sê Jody.

Diaan voeg by:“Ons het Kaap toe ge­trek vir’ n leef­styl ver­an­de­ring v i­rons kin­ders. En ek en Jody skep nou a­sem in ’n om­ge­wing wat ons ge­niet om dit in te doen.”

Hul­le werk saam, het ’n mooi ge­sin en vul me­kaar as ’n paar­tjie baie goed aan, maar bots hul kre­a­tie­we sye ooit?

Diaan glim­lag wan­neer sy sê aan die be­gin het sy ge­dink dis die bes­te ding in die wê­reld om saam met jou maat te werk, maar het ge­leer saam­werk kan na­de­lig vir ’n ver­hou­ding ook wees.

Hul­le deel ’n kre­a­tie­we le­we en hul doel­wit­te is die­self­de, maar hul­le bring ver­skil­len­de vaar­dig­he­de na die ta­fel, daar­om sal Diaan by­voor­beeld ver­vaar­dig en Jody die re­gie be­har­tig wan­neer hul­le aan die­self­de pro­jek­te werk.

Vir 7de Laan- aan­han­gers is dit dalk steeds nog moei­lik om Diaan van haar Pau­la-ka­rak­ter te skei selfs al het sy dié rol laas­jaar vir eers vaar­wel ge­roep. Dit ge­beur eg­ter steeds dat men­se haar“Pau­la”noem.

“Dit pla vir O­li­via om­dat sy sê,‘Pau­la is nie jou naam nie’. Maar vir 13 jaar was ek Pau­la in die Laan en ek gee nie om om so ge­noem te word nie, want ek weet dit de­fi­ni­eer my nie. Ek het ook al­tyd an­der werk bui­te Pau­la ge­doen,”sê Diaan.

Jody en Diaan weet wie en wat hul­le is en vir die­ge­ne van ons wat dalk nie ons fa­mi­lie­ge­skie­de­nis so goed ken nie, laat dit ons won­der, wat ís in my naam? Dalk moet ons uit­vind, want hoe gaan ons vo­ren­toe son­der om te weet ag­ter lê?

Die paar­tjie by hul kin­ders, O­li­via (7) en T­ho­mas (4). REGS: Diaan en Jody is baie ge­luk­kig saam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.