Weet wan­neer jou moeg­heid dalk uit­bran­ding kan wees

Kuier - - Inhoud -

Dis am­per die ein­de van die jaar en die Kers­va­kan­sie is om die draai. Maar jy voel glad nie so jol­ly nie. In­teen­deel, jy is moeër as moeg en al­mal werk op jou ner­ves. Die jaar se stres raak een­vou­dig nou net te veel!

Jy voel meer as ge­woon­lik ne­ga­tief en kri­ties oor jou werk. Jy suk­kel dalk om te slaap, jou e­ner­gie­vlak­ke is ba­sies op nul en jy is lus vir niks wat met werk te doen het nie. Wan­neer jy by die werk is, ir­ri­teer jou werks­men­se en kli­ën­te jou son­der ein­de en jy voel as­of jy nie die er­ken­ning kry wat jy ver­dien nie.

Dis dalk meer as net die tyd van die jaar, jy is dalk uit­ge­brand!

Uit­bran­ding is fi­sie­ke en e­mo­si­o­ne­le uit­put­ting as ge­volg van stres en net te hard werk. Iro­nies ge­noeg is dit nie wil­lie­wer­kers en lyf­weg­s­te­kers wat som­mer uit­brand nie, dis juis die pas­sie­vol­le, hard­wer­ken­de men­se wat al­les in­sit wat eer­ste sal uit­brand.

Dis wan­neer húl­le moed ver­loor, oor­werk be­gin voel en al­le en­toe­si­as­me be­gin ver­loor dat die moei­lik­heid be­gin. Baie men­se is klaar op die rand­jie van uit­bran­ding wan­neer hul­le ge­reeld hoof­pyn en rug­pyn kry of siek word en dik­wels uit die werk bly.

En baie meer men­se voel uit­ge­brand dié tyd van die jaar.

An­ne­li­ze Prinsloo, ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge van Bloem­well in die Vry­staat, waar­sku dat uit­bran­ding al hoe meer al­ge­meen word en ver­skrik­lik styg as ge­volg van druk en ver­eis­tes wat toe­neem in die werk­plek. Sy sê dis ’n toe­stand van kro­nie­se stres wat jou nor­ma­le funk­si­o­ne­ring merk­waar­dig ne­ga­tief be­ïn­vloed.

Lin­da So­lo­mon (42) van Van­der­bijl­park se siels­ge­sond­heid het teen die ein­de van 2014 aan ’n draad­jie ge­hang.“Vir twee jaar het ek baie hard ge­werk. Dit was na­dat ek ge-re­trench is. Ek het die eer­ste bes­te werk

Teen dié tyd van die jaar is baie wer­kers se gô al am­per uit, maar op­pas dat dit nie die eer­ste te­kens van uit­bran­ding is nie. DEUR Mar­te­li Bre­wis

ge­vat wat ek kon kry. Ek het ge­weet dit was nie vir my nie, maar het in elk ge­val my bes ge­doen. Ek moes drie men­se se werk doen vir een pay che­que,”ver­tel sy.

Sy sê par­ty dae moes sy klomp werk huis toe vat en sy het ge­suk­kel om ’n ba­lans te kry tus­sen haar ge­sin en al haar werk.“My kin­ders en my man het hier­on­der ge­ly en my be­gin ver­wyt. Dit het ge­voel of nie­mand by die werk of die huis my waar­deer nie. Op die ou end kon ek nie meer by­hou nie en ek het groot fou­te by die werk ge­maak en my huis was in cha­os,”er­ken sy.

“E­mo­si­o­neel was ek fi­nis­hed. Ek kon nie slaap nie, ek het sleg ge­ëet, ek was ’n bon­del­tjie ner­we. Ek was dol­leeg.”

Sy sê selfs die klein­ste ta­kie, soos om ’n re­ke­ning te be­taal, het haar oor­wel­dig.

“Ek wou nie uit die bed uit op­staan nie. Ek het nie e­ner­gie ge­had om te gaan werk nie,” ver­tel Lin­da.

An­ne­li­ze meen daar is ver­skeie oor­sa­ke vir uit­bran­ding en dit ver­skil van si­tu­a­sie en mens tot mens.“Oor die al­ge­meen sien ons dat men­se uit­ge­brand word wan­neer hul­le nie ge­reeld mooi na hul­self kyk nie. Self-ca­re moet ge­reeld toe­ge­pas word.” ’n Mens kan net dit gee wat jy het en as jou e­mo­si­o­ne­le tenk leeg is, kan jy nie ef­fek­tief funk­si­o­neer nie, voeg sy by. Daar is dan niks oor om te kan gee nie. Nie by die werk of by die huis nie – soos in Lin­da se ge­val.

“Om­dat ons al­mal in sis­te­me funk­si­o­neer, is dit on­af­wend­baar dat ’n ne­ga­tie­we toe­stand in een sis­teem ’n di­rek­te in­vloed op die vol­gen­de sis­teem gaan hê (een stel­sel in jou le­we is by­voor­beeld jou fa­mi­lie en ’n an­der jou werk­plek net­so as jy nie na jou lig­gaam kyk nie, sal jou e­mo­si­o­ne­le wel­stand ook ag­ter­uit­gaan), ”ver­dui­de­lik An­ne­li­ze.

Sy vergelyk dit met ’n mo­tor.“’n Mo­tor moet brand­stof hê om te ry. Wan­neer die rooi lig­gie flik­ker, waar­sku dit jou dat jy brand­stof be­no­dig om ver­der te kan ry. As jy dan nie pe­trol in­gooi nie, sal jy gaan staan. Dan kan jy maar die pe­trol trap so­veel as jy wil, niks gaan ge­beur nie. Die mo­tor gaan nie be­weeg nie. Jy moet eers weer brand­stof in­gooi om ver­der te kan gaan.”

An­ne­li­ze sê men­se werk ook só. Jy moet vol­maak met jou eie“brand­stof”om te funk­si­o­neer. Dit wat jóú dryf, gaan nie nood­wen­dig jou vrien­din mo­ti­veer nie. Dalk werk ’n lang bad vir jou of mis­kien ge­niet jy dit om ge­reeld te gaan stap. Wat jy ook al ver­kies, jy het daar­die“brand­stof” no­dig om te kan funk­si­o­neer. Soos die rooi lig­gie van die mo­tor ons waar­sku om te gaan vol­maak, wys ons lig­ga­me ook simp­to­me soos by­voor­beeld kop­seer, spier­pyn, maag­pyn en naar­heid, ver­dui­de­lik An­ne­li­ze ver­der. So as jy nie“brand­stof” in­gooi nie, sal jy gaan staan.

Die an­der uit­da­ging met uit­bran­ding is die stel van ge­son­de gren­se. Dit kan ge­beur dat die werk oor­spoel in jou per­soon­li­ke le­we as daar nie ’n de­fi­ni­tie­we af­sny­punt is nie, voeg An­ne­li­ze by. By­voor­beeld as jy op jou foon be­skik­baar moet wees of oor­tyd moet werk op ’n ge­reel­de ba­sis.

Dis ver­al ’n pro­bleem wan­neer ’n mens nie“nee”wil of kan sê nie. Daar is na­tuur­lik baie re­des hier­voor, sê sy. Par­ty­keer vrees men­se ’n“nee”sal jou werk­ge­wer om­krap en om kon­fron­ta­sie te ver­my, sal jy eer­der jou­self te na kom deur jou per­soon­li­ke tyd – jou her­laai­tyd – aan die werk af te staan.

“Wan­neer hier­die ly­ne tus­sen werk en per­soon­li­ke le­we nie meer dui­de­lik sig­baar is nie, voel mens soms oor­wel­dig en dit kan tot stres lei. Aan­hou­den­de stres kan dan tot uit­bran­ding lei,”ver­dui­de­lik An­ne­li­ze.

rooi lig­te flik­ker

Vol­gens An­ne­li­ze voel ie­mand wat op die rand­jie van uit­bran­ding ba­lan­seer kon­stant fi­sies en e­mo­si­o­neel leeg en uit­ge­put. Jou lig­gaam mag dalk be­gin re­bel­leer en vol ske­te en py­ne raak. Ver­der suk­kel jy om by die werk én by die huis doel­tref­fend te funk­si­o­neer. Al­le­daag­se ta­ke kan oor­wel­di­gend wees. By die werk kan dit voel as­of“jou pas­si­on ’n pu­nishment ge­word het”, sê An­ne­li­ze.

Die simp­to­me kan mak­lik ver­war word met dié van de­pres­sie. Uit­bran­ding kan dan ook in de­pres­sie ver­an­der. An­ne­li­ze waar­sku dis tyd om pro­fes­si­o­ne­le hulp te kry“so­dra jy ag­ter­kom dat daar met al­le­daag­se funk­si­o­ne­ring in­per­king is”. Met an­der woor­de as jy nie meer jou werk be­hoor­lik kan doen nie, on­no­di­ge ag­ter­lo­si­ge fou­te maak, ’n“traak-my-nie”hou­ding be­gin kry en jou per­soon­li­ke le­we ’n ramp is, is dit tyd om hulp te soek.

Keer uit­bran­ding só

An­ne­li­ze raai aan dat jy ge­reeld jou e­mo­si­o­ne­le tenk moet vol­maak.“Doen goed­jies wat vir jou lek­ker is saam met die men­se in jou le­we wat jou po­si­tief be­ïn­vloed. Vat ook ge­reeld ’n breuk van die al­le­daag­se – ge­niet ’n na­week weg. Oe­fen weer vir ’n slag. Maak se­ker jy kry ge­noeg slaap. Be­oe­fen ’n stok­perd­jie. Doen dit wat jou weer mo­ti­veer en in­spi­reer.

Sy ver­dui­de­lik dat, net soos jy jou mo­tor vir ’n diens moet neem om te ver­se­ker dat hy lank hou en vei­lig op die pad kan wees, is dit ook no­dig om el­ke nou en dan by jou­self in te check dat jy nog op die reg­te pad is en dat jy ou­kei is.

Wan­neer ie­mand uit­ge­brand is, is dit baie moei­lik vir die per­soon om self ak­sie te neem om­dat hul­le so ge­wel­dig moeg en oor­wel­dig voel, meen An­ne­li­ze. Sy be­veel aan dat jy eer­der met ie­mand gaan praat, soos ’n be­ra­der, siel­kun­di­ge, psi­gi­a­ter of selfs jou huis­dok­ter.

An­ne­li­ze sê ook hoe­wel me­di­ka­sie kan help om die simp­to­me aan te spreek, is rus ui­ters be­lang­rik en glad nie op­si­o­neel nie.

Die in­stel van ge­son­de gren­se en ge­reel­de self-ca­re vorm dan deel van die nu­we re­sep, as­ook ge­reel­de op­volg­af­spra­ke om se­ker te maak dat jy op die reg­te pad bly. Die op­volg­af­spra­ke word dan stel­sel­ma­tig min­der, soos jou toe­stand ver­be­ter.

So, maak die bes­te van die res van die jaar en be­plan ’n heer­li­ke weg­breek. Maak jou­self ’n pri­o­ri­teit. Moe­nie toe­laat jy uit­brand nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.