Soet­sap­pi­ge skin­der­sto­ries kan jou werk en ver­hou­dings kos

As die ton­ge eers be­gin klap oor ’n sto­rie, dan be­ter jy hoop jy is nie die victim nie, want dit kan jou le­we ver­woes. Deur Tar­ren-Lee Ha­bel­gaarn

Kuier - - Inhoud -

daar is niks so lek­ker soos ’n sap­pi­ge skin­der­sto­rie nie – dít kan ons nou maar er­ken. En hoe meer jui­ce die sto­rie het, hoe vin­ni­ger ver­sprei dit en ge­woon­lik teen die tyd wat dit uit­kom by die mens oor wie ge­skin­der word, is dit dik­wels on­waar of het die sto­rie so­veel stert­jies by­ge­kry dat dit glad nie is wat ge­beur het nie.

Maak nie saak hoe groot of klein nie, dit vat net een per­soon om ’n skin­der­sto­rie te be­gin en as dit eers die rond­tes be­gin doen, ver­sprei dit ge­woon­lik vin­ni­ger as ’n veld­brand. En dit kan erns­ti­ge ge­vol­ge hê. Dit kan men­se se self­beeld en re­pu­ta­sie af­breek en ver­hou­dings ver­woes. Vir Mer­cia Jack­son (32), ’n ver­pleeg­ster van Pa­row in die Kaap, kan jy niks ver­tel oor die ver­plet­te­ren­de na­ge­vol­ge van skin­der­sto­ries nie. Sy het am­per haar werk en haar ver­loof­de ver­loor om­dat ’n vrien­din, wie sy met ver­trou­li­ke in­lig­ting ver­trou het, dit oor­ver­tel en haar ver­hou­ding en loop­baan in ge­vaar ge­stel het. Mer­cia, wat met chro­nie­se siek bejaardes werk, het vir ’n roe­ti­ne MIV-toets ge­gaan en toe iets by haar uit­slae on­dui­de­lik was, is sy ge­vra om vir ’n vol­le­di­ge dok­ter­son­der­soek te gaan. Die dok­ter sou weer bloed­toet­se laat doen om ’n t­wee­de stel uit­slae te kry. Al het sy ge­weet die kan­se is skraal dat sy MIV het, het dit haar steeds be­kom­mer, want sy kon nie dink hoe sy die vi­rus kon op­tel nie. Sy was al­tyd ver­sig­tig wan­neer sy met haar pa­si­ën­te ge­werk het en het net een seks­maat ge­had. Mer­cia het vir on­der­steu­ning op een van haar vrien­din­ne staat­ge­maak en haar ver­tel dat haar toets po­si­tief te­rug­ge­kom het en dat die dok­ter haar

weer gaan toets. Die dok­ter het glo ver­moed dat die toets ’n vals po­si­tief is. Maar toe gaan ver­tel haar vrien­din die nuus oor en só het Mer­cia se le­we van angs, kop on­der­ste­bo loop en te­rug­ge­trok­ken­heid be­gin.

“MIV-toet­se is hoogs sen­si­tief en kan ’n val­se po­si­tie­we uit­slag gee. Jy moet dan met ’n op­volg­toets be­paal of jy werk­lik MIV-po­si­tief is. As jy ’n po­si­tie­we uit­slag by die t­wee­de toets ook ont­vang, word jy as MIV-po­si­tief be­skou. Ek het ge­weet dit is moont­lik en selfs wan­neer men­se uit­vind hul­le is MIV-po­si­tief, kan hul­le steeds ’n nor­ma­le le­we lei. Maar dit is net mens­lik om bang te wees vir daar­die uit­slae,”sê sy.

“Ek dink nie­mand wil ooit hoor dat hul­le MIV-po­si­tief is nie. Daar het ’n dui­send din­ge deur my kop ge­gaan. Ek het ge­won­der wat my ver­loof­de gaan sê, om­dat ons graag met ’n ge­sin wou be­gin en of hy weer ge­mak­lik met my gaan voel as ek wel po­si­tief is. Ek was ook be­kom­merd dat my pa­si­ën­te on­ge­mak­lik gaan voel. Ek wou nie my fa­mi­lie on­no­dig op­werk nie en het be­sluit om my vrien­din te ver­tel. Ek het haar ver­trou en het nooit ge­dink sy sou sulke per­soon­li­ke in­lig­ting met an­der deel nie.”

Mer­cia het haar vrien­din daar­die Vry­dag by die werk ver­tel. Sy sou van die vol­gen­de Dins­dag na haar dok­ter toe gaan vir ’n op­volg­be­soek. Die Son­dag toe Mer­cia by die kerk aan­kom, het twee vrien­din­ne vir haar voor haar ver­loof­de ’n druk­kie ge­gee en ge­sê hul­le is jam­mer om van haar nuus te hoor. Sy het nie ge­weet waar­van hul­le praat nie en wou weet wat hul­le be­doel. Toe hul­le vir haar sê hul­le het ge­hoor sy is MIV-po­si­tief, was Mer­cia ge­skok en sy en haar ver­loof­de het da­de­lik om­ge­draai en huis toe ge­gaan.

“Toe ons by die huis kom, was hy baie kwaad en ver­ward. Hul­le het dit laat klink as­of ek al lank­al daar­van weet en hy het ge­dink ek het dit vir hom weg­ge­steek en het on­mid­del­lik die erg­ste ge­dink. Ek wou hom tyd gee om af te koel so­dat ons rus­tig oor al­les kon praat, maar toe hy bood­skap­pe van sy vrien­de ont­vang om te hoor hoe hy voel na­dat ek hom ver­neuk het, het dit die si­tu­a­sie net er­ger ge­maak. Dit was glad nie waar nie,”sê sy.

Die si­tu­a­sie het ver­er­ger toe haar werk ook daar­deur ge­raak is.“Die Maan­dag toe ek by die werk kom, is ek na my baas se kan­toor toe ge­roep waar sy ook met my wou ge­sels oor iets wat on­der haar aan­dag ge­bring is. Sy wou weet of ek or­raait is. Som­mi­ge van die pa­si­ën­te het glo iets ge­hoor en wou nie hê dat ek hul­le daar­die dag moes ver­sorg nie. Hul­le het nie ge­mak­lik ge­voel nie, wat ver­staan­baar is. Ek kan nou kalm daar­oor praat, maar as ek te­rug­dink, raak ek soms van voor­af kwaad vir my vrien­din. Ek het ge­dink ek sal haar nooit ver­ge­we nie,”ver­tel Mer­cia.

Sy sê haar vrien­din het net jam­mer ge­sê toe sy haar kon­fron­teer en het nooit pro­beer ont­ken dat dit sy was wat die sto­rie ver­sprei het nie. Vol­gens haar was sy glo net be­sorg en wou hê men­se moet Mer­cia on­der­steun.

Vol­gens siel­kun­di­ge Da­niel­la van Nie­kerk (39) kan men­se baie keer hul­self nie help nie en kan dit ska­de­lik wees om sto­ries oor an­der te ver­sprei, of die in­lig­ting wat hul­le het nou waar of on­waar is. Vir som­mi­ge men­se is die mo­ti­ve­ring ag­ter skin­der­sto­rie om ie­mand an­ders te ver­ne­der, vir an­der gaan dit oor so­si­a­le aan­vaar­ding en dink hul­le om sto­ries aan te dra, hul­le gaan help om men­se te kry om met hul­le te ge­sels. Maar dan is daar ook men­se vir wie dit net ’n ge­woon­te is om­dat hul­le ’n re­ak­sie uit men­se kry.

Daar is ver­skeie re­des hoe­kom men­se dit doen, maar dit maak dit nie reg nie, meen Da­niel­la. Dik­wels is baie van die in­lig­ting wat oor men­se ver­sprei word, sen­si­tief en kan dit die per­soon oor wie daar ge­skin­der word in ’n on­ge­mak­li­ke si­tu­a­sie plaas.

“Die mees­te van die tyd dryf sen­sa­sie ’n skin­der­sto­rie om­dat die in­lig­ting ’n se­ke­re re­ak­sie by men­se gaan ont­lok en on­ge­luk­kig is dit dik­wels ne­ga­tief. Want as dit nie men­se gaan skok, ver­baas of nuus­kie­rig maak nie, hoe­kom gaan jy die sto­rie ver­tel? Men­se mag dink dat dit on­skul­dig is en dat hul­le net die sto­rie met een per­soon gaan deel, maar dit is pre­sies hoe skin­der­sto­ries be­gin,”sê sy.

“Wan­neer ie­mand jou met sen­si­tie­we in­lig­ting oor hul­self of ie­mand an­ders ver­trou, is dit be­lang­rik dat jy hul­le re­spek­teer en die in­lig­ting vir jou­self hou. Jou on­skul­di­ge klet­ses­sie met ie­mand an­ders kan erns­ti­ge na­ge­vol­ge hê en dit is iets wat men­se nie oor dink wan­neer hul­le by skin­der­sto­ries be­trok­ke raak nie.”

Skin­der­sto­ries kan tot de­pres­sie, angs, stres en self­moord lei. Dit kan din­ge ook moei­lik vir die per­soon by hul werk, huis of in ’n so­si­a­le om­ge­wing maak.

Hoe­wel Mer­cia se MIV-op­volg­toets ne­ga­tief was, het sy vir ’n baie lang tyd ge­suk­kel om men­se se ver­troue by die werk weer te­rug te kry en sy en haar ver­loof­de moes leer om met men­se se kom­men­taar te leef. Sy kon ook nie men­se in die oë kyk nie en het haar­self so­si­aal af­ge­son­der. Want selfs lank na­dat sy haar uit­slae te­rug­ge­kry het, het men­se nog ge­dink sy is MIV-po­si­tief en haar an­ders be­han­del.

Da­niel­la sê dis mak­lik om ’n sto­rie te ver­sprei, maar nie so mak­lik om ie­mand se re­pu­ta­sie te her­stel wan­neer vals ge­rug­te die rond­tes be­gin doen nie.

“On­ce it’s out, it’s out. Dit is so moei­lik om iets te­rug te trek, want jy weet nie reg­tig hoe ver dit al ge­gaan het nie. Dit is wan­neer din­ge hand­uit ruk en men­se se angs, stres en self­moord­ge­dag­tes hul­le on­der­kry.

“Dit is so ge­vaar­lik om sto­ries te ver­sprei, want vir ie­mand met ’n lae self­beeld kan dit ’n baie don­ker tyd wees en kan men­se dik­wels nie die lig aan die ein­de van die ton­nel sien nie. Hul­le dink men­se sal hul­le nooit weer soos voor­heen sien nie. Selfs men­se wat sterk is, sal ver-skeie e­mo­sies er­vaar. Som­mi­ge men­se raak kwaad ter­wyl an­der dit kan ig­no­reer.”

Da­niel­la sê die bes­te ding om te doen, is om nie aan­dag daar­aan te gee nie.“Sto­ries hou aan om­dat men­se daar­oor praat, as jy wys dat jy nie be­lang­stel daar­in nie sal men­se nie meer daar­oor wil praat nie.”

Sy sê ook moet nooit iets gaan oor­ver­tel as jy nie self se­ker is oor die fei­te nie. Vra eer­der eer­ste vir die per­soon oor wie daar ge­praat word, want hul­le sal dit waar­deer en sal die sto­rie dan ook vin­ni­ger kan stop­sit.

Om ’n skin­der­sto­rie te ig­no­reer, ver­al wan­neer die ton­ge oor jou klap, is eg­ter mak­li­ker ge­sê as ge­daan. Maar dink twee keer voor jy die vol­gen­de keer ’n sto­rie oor­ver­tel en be­sluit dan hoe jy sou voel as jy in daar­die per­soon se skoe­ne was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.