Jong man met Do­wn-sin­droom breek wê­reld­re­kords

Toe hy met Do­wns-sin­droom ge­bo­re is, het nie­mand ge­dink hy gaan een­dag wê­reld­re­kords in sport breek nie.

Kuier - - Inhoud - Deur Tar­ren-Lee Ha­bel­gaarn

wan­neer jy na hom kyk, sien jy die ken­mer­ke van ’n Do­wn­sin­droom-kind, maar jy be­sef dalk nie on­mid­del­lik dat hier­die ook ’n wê­reld­re­kord­hou­er is nie. Maar met sy skerp sê­goed, sin vir hu­mor en charm kan jy eg­ter nie help as om ver­by sy ge­stremd­heid te kyk nie. Hoe­wel baie men­se ge­neig is om an­der in bok­se te wil plaas, is Le­o­nard Bai­ley (28) al­les­be­hal­we jou ti­pie­se Do­wn-sin­droom-kind.

Van kleins af het hy ’n lief­de vir sport ge­had en dis met trots dat sy ma, An­ge­la, vin­nig ’n fo­to van hom as kleu­ter in die ge­sin se K­lein­vlei-huis in Kaap­stad wys.

Dié fo­to staan langs sy Ge­strem­de S­port­man van die Jaar-tro­fee wat hy van die Wes-Kaap­se re­ge­ring ont­vang het.

Le­o­nard is die af­ge­lo­pe vyf jaar die wê­reld­kam­pi­oen in sy af­de­ling vir ge­wig­stoot na­dat hy die wê­reld­re­kord in Por­tu­gal by die Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe vir men­se met Do­wn-sin­droom ge­breek het. Hy het in 2015 in Bloem­fon­tein die wê­reld­re­kord vir dis­kus en spies­gooi ook ge­breek en is steeds die kam­pi­oen in al drie vel­di­tems!

Hy wag nog vir ie­mand om sy re­kord te ver­be­ter, maar tot dan ge­niet hy dit om self nou en dan een van sy eie re­kords te ver­be­ter en el­ke ge­leent­heid wat oor sy pad kom, met al­bei han­de aan te gryp.

Met ge­boor­te het dit nie ge­lyk as­of sport iets sou wees waar­in hy sou pres­teer nie, om­dat sy lig­gaam baie pap was en sy ou­ers wyn­bok­se oor sy arms en be­ne moes ge­bruik om hom ste­wig en reg­op te hou.

Maar ten spy­te hier­van het hy al­mal ver­keerd be­wys en was hy maar net vier toe hy aan sy eer­ste at­le­tiek­by­een­koms by die Dorot­hea-skool op S­tel­len­bosch deel­ge­neem het. Sy ma, wat self in haar jon­ger dae ’n S­pring­bok-at­leet en -swem­mer was, onthou hoe trots sy was toe sy hom daar­die dag sien hard­loop. Dit was die be­gin van ’n loop­baan wat nie een van hul­le sou kon voor­spel het die dag toe sy en haar man, Brad­ley, uit­vind hul­le ver­wag ’n kind met Do­wn-sin­droom-nie.

Le­o­nard was hul der­de kind. Hul­le het voor hom twee seuns ge­had wat heel­te­mal nor­maal ge­bo­re is. Sy di­ag­no­se was dus ’n skok vir hul­le, maar toe die dok­ter hul­le vra of hul­le wil voort­gaan met die swan­ger­skap, het hul­le nie vir een oom­blik ge­twy­fel dat hul­le die kind gaan groot­maak nie.

Fi­nan­si­eel en e­mo­si­o­neel was dit ’n groot aan­pas­sing vir die ge­sin, maar een wat hul­le meen hul­le oor en oor met lief­de sal doen.

“Al­mal doen mos maar die toet­se, maar jy ver­wag nie dit sal te­rug­kom en wys dat jou kind an­ders gaan wees nie. Ons was ’n bie­tjie ge­skok toe ons hoor, maar ons het nie vir een oom­blik daar­aan ge­dink om die swan­ger­skap te ter­mi­na­te nie. Ek het ge­dink as God vir ons ge­kies het om hier­die kind se ou­ers te wees, moet ons al­les doen wat ons kan om vir hom of haar ’n goeie huis te gee,”ver­tel An­ge­la.

Le­o­nard kon by­voor­beeld nie reg­op sit nie en sy spraak was ver­traag en hy kon by­voor­beeld nie vra vir ’n bot­tel nie.

“Toe hy ge­bo­re is, het ek my werk op­ge­gee om vol­tyds na hom te kyk en vir die af­ge­lo­pe 28 jaar is ek al by die huis. Dit was nie mak­lik nie en dit was ’n be­sluit wat ons fa­mi­lie fi­nan­si­eel ge­ruk het. Al­les het op my man se skou­ers ge­val om vir ons te sorg. Maar ons het ge­bid en ge­glo al­les sal uit­werk en van­dag pluk ons die vrug­te,”sê sy trots.

Le­o­nard het oor­spronk­lik net ge­hard­loop, maar het la­ter be­sef hy raak te vin­nig moeg en het die vel­di­tems pro­beer. Hy het maar al­tyd ’n bors­pro­bleem ge­had en was dok­ter in en dok­ter uit. Ge­luk­kig het hy geen an­der ge­sond­heids­pro­ble­me ge­had nie, want soms kan Do­wn-sin­droom kin­ders ’n gat in hul hart of an­der ge­sond­heids­pro­ble­me hê. Hy was wel sta­dig met sy myl­pa­le en moes te­ra­pie ont­vang om hom te help met sy spraak en stap.

An­ders as dit was hy die fa­mi­lie en vrien­de se oog­ap­pel. Hy was baie be­derf, maar sy ou­ers het hom toe­ge­laat om by­voor­beeld win­kel toe te stap en din­ge self te doen. An­ge­la meen dis juis hier­die vry­heid wat hom van­dag so on­af­hank­lik maak.

Sy pres­ta­sies oor die ja­re is iets waar­op sy ou­ers baie trots is om­dat Le­o­nard tot laas­jaar nie ’n af­rig­ter ge­had het nie, want hul­le kon nie een be­kos­tig nie.

Sport IS sy le­we

Dis vir sy fa­mi­lie won­der­lik om te aan­skou hoe goed hy in sport doen, ver­al om­dat hy as kind nie eens reg kon kruip nie en hul­le ’n (stil­staan­de) krui­wa ge­bruik het om hom mee te leer loop.

Maar vir Le­o­nard is hy so nor­maal soos e­ni­ge an­der kind en sy fa­mi­lie het hom nooit laat voel as­of daar iets is wat hy nie kan doen nie. Hy het nog al­tyd net lief­de en aan­dag van al­mal rond­om hom ont­vang en dis juis daai on­der­steu­ning wat hy saam met hom neem wan­neer hy reg­oor die wê­reld aan kom­pe­ti­sies deel­neem.

Le­o­nard is van na­tu­re ’n grap­jas en hou daar­van om sy ma te terg, maar hy het ook ’n erns­ti­ge kant.

Dit kom ver­al uit wan­neer hy oor sy sport praat. In sy oë is daar nie wen of ver­loor nie, daar is net ’n vas­be­ra­den­heid om te wen. Die hor­des me­dal­jes en tro­feë wat hul sit­ka­mer­muur be­dek, ge­tuig hier­van. In to­taal het Le­o­nard al meer as 50 me­dal­jes en ten min­ste 15 tro­feë. Die Bai­leys het al op­hou tel!

“My sport is baie be­lang­rik en ek oe­fen hard om se­ker te maak dat ek al­tyd my bes­te kan le­wer. Ek raak kwaad wan­neer ek ver­loor en skree, skel en huil as ek nie tops ie­wers ge­ëin­dig het nie. Maar ek weet ook jy moet die ver­loor kan vat,”sê Le­o­nard ter­wyl hy lek­ker vir hom­self lag.

“Ge­luk­kig bly ek nie vir lank kwaad nie en weet ek dat dit net deel is van die sport. Dit mo­ti­veer my ook om vol­gen­de keer be­ter te doen. Maar ek is ook net bly om my pas­sie te kan uit­leef. Ek werk hard en weet ek moet diet, oe­fen en hard werk wan­neer ek aan ’n kom­pe­ti­sie gaan deel­neem. Ver­al as ek nie wil hê ie­mand moet my re­kord breek nie,”sê Le­o­nard.

Hy oe­fen so­wat vier tot vyf keer per week vir ’n uur of twee op ’n slag, maar voor kom­pe­ti­sies oe­fen hy vir lan­ger tye.

Ni­klaas T­hys­sen, Le­o­nard se af­rig­ter die af­ge­lo­pe jaar, meen ook dis be­lang­rik om te me­di­teer so­dat Le­o­nard se kop op die reg­te plek is.

Op­ge­won­de

Vir Le­o­nard was sy heel eer­ste me­dal­je wat hy in 2010 vir Suid-A­fri­ka in Mex­i­ko ge­wen het, steeds die spe­si­aal­ste. Hy sê dis moei­lik om te be­skryf hoe goed dit ge­voel het om sy land oor­see te kan ver­teen­woor­dig en toe hy met goud huis toe kom, was dit sy trots­ste oom­blik.

Hy het se­dert daar­die eer­ste toer vir Suid-A­fri­ka al meer as ses keer op die wê­reld­ver­hoog ver­teen­woor­dig en het al on­der meer I­ta­lië, Por­tu­gal en Mex­i­ko be­soek.

Hy is tans be­sig om vir die vol­gen­de Do­wn-sin­droom Wê­reld­kam­pi­oen­spe­le in 2019 voor te be­rei, maar het ook sy oë op die Pa­ra­lim­pie­se S­pe­le (2020) in To­kio, Ja­pan, nou­dat Do­wn-sin­droom-at­le­te daar­by in­ge­sluit word.

“Ek is baie op­ge­won­de en weet ek kan die goud huis toe bring. Ek wil vir al­mal wys dat men­se met Do­wn-sin­droom ook groot din­ge kan be­reik. Vir my was ek nooit an­ders nie en ho­pe­lik sal an­der kin­ders met Do­wn­sin­droom ook kan be­sef dat hul­le e­nig­iets kan doen wat hul­le wil. Dit is my groot wens,” sê ’n op­ge­won­de Le­o­nard voor­dat hy weer moet oe­fen­veld toe.

HOOFFOTO: Le­o­nard Bai­ley po­seer vir die ka­me­ra in die be­ken­de Bolt-styl. LINKS: Hy wys trots sy ge­wig­stoot­bal en dis­kus. ON­DER: Le­o­nard tus­sen sy ou­ers, An­ge­la en Brad­ley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.