Wen­ke

Hier is raad vir lip­stick-mer­ke op kle­re, ’n kna­en­de kop­seer, wat om te maak met daai o­lie­ri­ge piz­za en wen­ke met haar­le­men­sis. Sit ’n bie­tjie Va­se­li­ne aan jou kind se wenk­broue voor jy sy ha­re was. Dit sal hul­le oë be­skerm en keer dat die sjam­poe daar­in

Kuier - - Inhoud - ROELEEN PIETERSEN, EERSTERIVIER

As ’n by jou ge­steek of ’n spin­ne­kop jou ge­byt het, sit ys op vir die swel­ling. Druk dan ’n pyn­pil fyn en smeer dit aan om die gif af te breek. Jy kan la­ter ’n pas­ta maak van koek­so­da en wa­ter en dit aan­smeer vir die ver­skrik­li­ke jeuk.

GERTIE LIEDEMANN, ELDORADO PARK

Moe­nie kle­re of jou def­ti­ge ser­vet­te weg­gooi as dit lip­stick-mer­ke op het nie. Pro­beer eers om Va­se­li­ne op die vlek te smeer voor jy dit was. Baie keer help dit om die mer­ke uit te kry.

SA­MAN­THA GABRIELS, GRABOUW

Smeer Va­se­li­ne aan die bin­ne­kant van jou kers­hou­er, kers­was sal dan mak­lik af­kom.

VERONICA STUURMAN, BABERTON

Kam­me sal gou skoon kom as dit ’n ruk­kie ge­week word in warm wa­ter waar­in 2 tee­le­pels koek­so­da op­ge­los is.

KOEWA ADAMS, WOR­CES­TER

Raak ont­slae van sooi­brand snags deur jou bed se kop ho­ër te maak. Sit som­mer ’n sta­pel tyd­skrif­te on­der die bed se po­te.

CONRADINE MICHAELS, MIDDELBURG

Het jy al kou­gom on­der jou hout­ta­fel ont­dek? Smeer Va­se­li­ne daar­op en vryf. Die kou­gom sal be­gin dis­in­te­greer en mak­lik af­vee.

NADINE ARENDS, VAN­DER­BIJL­PARK

Vir ’n kop­seer wat nie wil weg­gaan nie, al drink jy pil­le, kook bam­boes en mas­seer dit langs jou sla­pe.

C­HAN­TEL­LE DA­VIDS, BREDASDORP

Maak ’n gaat­jie in ’n ou ten­nis­bal, vul dit met wa­ter en bê­re dit in die vries­kas. Vol­gen­de keer as jou rug seer is, lê op jou rug en rol die bal on­der jou rug rond. Die koue druk is ma­gic.

KARIN CLAR­KE, VRYBURG

Voor­dat ek my­self be­derf met ’n lek­ker stuk piz­za, druk ek ’n hand­doek­rol daar­op vir ’n paar se­kon­des. Dit maak dit ’n bie­tjie ge­son­der (jy suig mos oor­tol­li­ge o­lie op). Dit keer ook dat jy o­lie­kol­le op jou­self mors.

As ek op die trein of ê­rens is waar ek nie kan ont­snap nie en waar sleg­te reu­ke vol­op is, smeer ek ’n bie­tjie Vicks aan my neus. Dit ver­bloem al­le an­der stank. ANTJIE JAN­TJIES, EERSTERIVIER

ALLEWEYA VAN JAARS­VELD, S­TRAND

Ver­wy­der kou­gom uit ha­re deur ’n tee­le­pel grond­boon­tjie­bot­ter in die kou­gom te vryf. Dit sal gou los­kom.

FREDELINE CAROLUS, WOR­CES­TER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.