ONDERSTEBO-SUURLEMOENTERTJIES

Kuier - - HOOFKOS -

Maak om­trent 2 do­syn BE­STAND­DE­LE 1 pak­kie gem­mer­koe­kies ¼ kop­pie ge­smel­te bot­ter 2 vel­le­tjies ge­la­tien, in koue wa­ter ge­week 1 kop­pie room/Or­ley W­hip ½ blik­kie kon­dens­melk ¼ tot ½ kop­pie suur­le­moen­sap na ge­lang van smaak Ge­ras­per­de skil van 2 suur­le­moe­ne Spuit­room en suur­le­moen­skil en -sky­fies vir gar­ne­ring METODE Maak die koe­kies fyn met ’n voed­sel­ver­wer­ker en voeg die ge­smel­te bot­ter daar­by. Hou die krum­mels een­kant. Week die ge­la­tien in klein bie­tjie koue wa­ter tot sag. Ver­hit dan in mi­kro­golf tot ge­smelt. K­lits die room tot styf. Meng die kon­dens­melk en suur­le­moen­sap in ’n a­par­te bak­kie. Voeg die kon­dens­melk­meng­sel, ge­la­tien en suur­le­moen­skil by die room en vou in tot goed ge­meng. Skep le­pels­vol van die be­slag in ge­smeer­de si­li­kon muf­fin­pan­ne­tjies. Skep 1 – 2 eet­le­pels krum­mels e­we­re­dig bo-op el­ke tert­jie. Ver­koel oor­nag tot ge­stol. Keer die tert­jies uit op ’n bord, spuit room bo-op elk­een en gar­neer met ge­ras­per­de suur­le­moen­skil en -sky­fies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.