VER­MAAK: I­vor P­ri­ce wei op groe­ner vel­de ná hy SABC los

Dié me­di­a­man se le­we staan glad nie stil na­dat hy by die SABC be­dank het nie. Hy het ’n nu­we TV-pro­gram, sy boek is eers­daags op die rak­ke en dan doen hy nog sy mees­ter­graad ook!

Kuier - - Inhoud - DEUR ERNUSTA MARALACK

I­vor P­ri­ce was maar in sy vroeë twin­tigs toe hy ’n be­stuurs­pos by Die Bur­ger be­klee het en daar in die gan­ge van Me­dia24 se hoof­kan­to­re in Kaap­stad na hom as ’n“wun­der­kind”ver­wys is. Dit was toe al dui­de­lik met sy na­tuur­li­ke ta­lent en aan­voe­ling vir die me­di­a­be­dryf, am­bi­sie en bor­re­len­de per­soon­lik­heid, dat I­vor ge­maak is om uit te troon bo die res.

En van­dag, op 37, is I­vor – oor­spronk­lik van S­cotts­vil­le, na­by Kraai­fon­tein in die Kaap – ’n be­kroon­de joer­na­lis en me­di­a­per­soon­lik­heid met drie ATKV-Me­di­a­veer­tjies ag­ter sy naam en een van die be­kend­ste na­me in A­fri­kaan­se me­dia.

Noem ’n ding in me­dia en I­vor het dit waar­skyn­lik al ge­doen – van werk in druk­me­dia by Me­dia24 tot nuus­le­ser vir die A­fri­kaan­se nuus op SABC2 en ra­di­oom­roe­per van Mo­ni­tor op RSG. Hy het ook al ’n he­le paar sto­ries vir Kui­er ge­skryf en het in ’n s­ta­di­um nuus uit Gau­teng vir ons han­teer. I­vor spog ook se­dert Dins­dag 9 Ja­nu­a­rie met sy eie pro­gram,

Land­bou­week­liks, op VIA (DStv-ka­naal 147), wat in sa­me­wer­king met die tyd­skrif

Land­bou­week­blad ge­doen word. Nu­we e­pi­so­des word el­ke Dins­dag om 19:30 uit­ge­saai met her­uit­sen­dings op Son­dae om 17:30. Op die pro­gram be­soek I­vor boe­re reg­oor Suid-A­fri­ka en hou ky­kers op hoog­te van die jong­ste ver­wik­ke­lin­ge en mooi men­sesto­ries in die land­bou­be­dryf.

Hy word on­der­werp aan uit­da­gings waar hy nie weet wat pre­sies dit be­hels nie – soos om by­voor­beeld ’n koei met sy han­de kuns­ma­tig te be­vrug en om sui­ker­rie­te te kap – met skreeu­snaak­se ge­vol­ge!

Baie ei­ers in mand­jie

I­vor het wei­nig net een ei­er in sy mand­jie en is kon­stant met meer as een pro­jek op ’n slag be­sig. Hy er­ken daar was ’n tyd toe be­stuurs­po­si­sies saak ge­maak het vir hom, maar hy is nou op ’n punt waar hy dink aan wat sy doel in die le­we is en hy wil meer skep­pen­de werk doen. Daar­om bied hy dees­dae ook ’n men­tor­skap­pro­gram vir men­se en kuns­te­naars aan. Hy is be­sig met ’n skryf­pro­jek saam met sy pa, eer­waar­de Wil­son P­ri­ce; doen sy mees­ters­graad in joer­na­lis­tiek; skryf ’n te­a­ter­stuk vir die ge­sou­te ak­teur Chris­to Da­vids; sy eie boek word vroeg van­jaar be­kend­ge­stel en hy werk ook aan sy eer­ste ro­man vir 2019.

Oor hoe hy als ge­doen kry, sê I­vor,“Ek kry dit nie al­tyd reg om al die bal­le te ba­lan­seer nie. Ons al­mal het 24 uur in ’n dag en ek maak die bes­te van my­ne. Ek is ge­luk­kig, want ek is goed in be­sig­heid en in skryf. Ek wil op­ge­bruik wees teen die tyd wat ek sterf!”

Maar al die suk­ses wat I­vor van­dag smaak, het hy van jongs af al voor be­gin werk.

I­vor be­skryf S­cotts­vil­le waar hy groot­ge­word het,“as ’n baie moei­li­ke ge­bied om in groot te word”.“In een straat is daar

by­voor­beeld net vier hui­se waar men­se die voor­reg het om te werk. Die plek gaan ag­ter­uit en die men­se is son­der hoop.”In skril­le kon­tras hier­mee is Jo­han­nes­burg, wat nou sy tuis­te is, ’n droom­wê­reld waar al­mal hul dro­me na­jaag, voeg hy by.

Voor­dat I­vor se pa ’n pas­toor ge­word het, was hy vir lank ’n se­ku­ri­teits­be­amp­te ter­wyl sy ma, Art­hu­ri­ne, pro­mo­sie­werk in win­kels ge­doen het.“So, ek ken van net R20 het en ek ken van ’n bie­tjie meer het. Ek jaag nie geld na nie, maar ek wil le­we wat ek wil le­we en ek wil deu­re oop­maak vir an­der. Ek is ’n bul­l­dog en nie bang om my sê te sê nie.”

En dit was juis sy“bul­l­dog”-nei­gings wat baie vroeg in sy le­we vir hom ’n me­di­a­loop­baan help kerf het. I­vor ver­tel hy, sy pa, en broer, Art­hur (34), het des­tyds van sog­gens vier­uur af koe­ran­te af­ge­le­wer. Dit was voor s­kool en elk­een het hul eie roe­te ge­had.

“Dit bly een van die mooi­ste me­mo­ries vir my. Ek het ge­leer om hard te werk en die (koe­rant-)gog­ga het toe ook be­gin byt.

Ek het men­se be­gin pe­per met my sto­ries en ek was 14 toe my eer­ste sto­rie in die des­tyd­se JongBur­ger ver­skyn het. Ek het eers jong­men­se se sto­ries ge­doen, maar toe mis­daad ook,”ver­tel I­vor.

Dit was dus geen ver­ras­sing toe I­vor be­sluit om ná s­kool joer­na­lis­tiek te gaan stu­deer nie. Hy was uit die staan­spoor van sy pro­fes­si­o­ne­le loopbaan am­bi­si­eus en het vroeg reeds be­stuur­sle­re ge­klim.“Ek dink nie ek was ’n wun­der­kind nie. Dit was vir my net be­lang­rik om har­der as e­nig­een te werk. Ek wou my ge­meen­skap wys jy kan bo uit­kom,”sê I­vor pas­sie­vol.

En bo het hy uit­ge­kom. I­vor sal nooit ver­geet toe hy die ge­leent­heid kry om die le­gen­da­rie­se Riaan Cruy­wa­gen se stoel te vul op die A­fri­kaan­se nuus op SABC2.

Hy het die­self­de eu­fo­rie er­vaar met sy om­roe­per­werk op Mo­ni­tor op RSG, want hy het met men­se saam­ge­werk en in me­di­a­men­se se voet­spo­re ge­volg vir wie hy groot be­won­de­ring het.

Hel by die sabc

“My er­va­ring by die SABC as nuus­le­ser en by RSG was van my a­ma­zing­ste er­va­rin­ge ooit. Ek het in groot stoe­le ge­sit.”

Maar dis juis hier­die droom wat hy vir drie jaar ge­leef het wat in ’n nag­mer­rie ont­aard het toe die hel in 2016 by die SABC los­bars.

Die voor­ma­li­ge SABC-baas Hlau­di Mot­soe­neng het on­der meer joer­na­lis­te (en I­vor se kol­le­gas) wat van hom ver­skil het, links en regs af­ge­dank. En die“bul­l­dog”wat hy is, het I­vor be­sluit hy gaan nie lan­ger stil­bly nie en toe doen hy ’n ding wat baie guts ge­kos het. Hy het op 19 Ju­lie 2016 in ’n tyd­lyn-ar­ti­kel op Net­werk24 ver­tel wat ag­ter die skerms by die SABC “on­der Hlau­di se ti­ran­nie”aan­gaan en oor sy be­dan­king wat hy op 30 Ju­nie 2016 in­ge­dien het. Hy was dus uit bei­de sy SABC-nuus- en RSG-stoe­le waar­voor hy so lief ge­word het. I­vor wou hier­na nie e­ni­ge ver­de­re on­der­hou­de daar­oor toe­staan nie.

En ter­wyl I­vor vir tal­le ’n held was om­dat hy vrees­loos voor­ge­kom het deur Hlau­di so kaal­vuis aan te pak en sy sê te sê, weet min van sy per­soon­li­ke trau­ma wat daar­na ge­volg het.

“Ek dink nie ek is vrees­lik braaf nie. Dalk sou ek din­ge an­ders ge­doen het, maar ek aan­vaar ver­ant­woor­de­lik­heid vir el­ke be­sluit wat ek maak. Baie men­se sê jy praat nie uit oor die werk nie, maar die SABC word met be­las­ting­be­ta­lers se geld be­stuur, so jy’t ’n re­spon­si­bi­li­ty om te praat (as iets nie reg is nie),” sê I­vor.

Na­dat I­vor die SABC-goed van sy hart af­ge­kry het, was hý die nuus die vol­gen­de dag en het sy eie ge­sig op koe­rant­voor­blaaie ge­sien. Die ses maan­de wat daar­na ge­volg het, was“taf”, er­ken hy nou o­pen­har­tig.

“Ek was by ’n siel­kun­di­ge om die trau­ma te ver­werk. Kul­tu­reel is dit nie hoe ek groot­ge­word het nie; ons bid oor als. Maar ek kon nie op­staan nie en het my pur­po­se ver­loor. Ek praat nou o­pen­lik daar­oor om­dat ons in ’n ge­meen­skap le­we waar men­se self­moord pleeg. Ek was stuk­kend en moes weer heel word.”

Daar­die hoof­stuk is nou ag­ter hom en I­vor kyk al­weer vo­ren­toe. Ons kon eg­ter nie help om te vra hoe­kom sy jong­ste TV­pro­gram juis in land­bou is nie.

“Land­bou­week­liks het ge­kom toe ek an­der TV-op­sies oor­weeg het. Ek dog, wat weet ek van land­bou af? Ek dra skin­ny je­ans, my ha­re is am­per soos El­ton Jan­tjies s’n en ek is nie ’n boer­seun nie. Maar ek stel nie be­lang in hoe groot jou plaas is of hoe­veel wer­kers jy het nie. Dis vir my ’n voor­reg om men­se te leer ken wat ons kos voor­sien,” sê I­vor.

Met 20 joer­na­lis­tiek­ja­re ag­ter hom en baie le­wens­er­va­ring langs die pad, weet I­vor ook wat be­lang­rik is in die le­we: Be­kend­heid nie al­les is nie en ’n mens moet ’n doel in die le­we hê so­wel as die ver­moë om te skep. En ont­hou ook, nie­mand is te hoog om te val nie. Nie eens I­vor P­ri­ce nie, maar dis al­tyd hoe jy op­staan wat werk­lik saak maak.

HOOFFOTO: I­vor P­ri­ce is baie be­dry­wig na­dat hy by die SABC be­dank het. BO: I­vor het land­wyd be­kend­heid ver­werf as A­fri­kaan­se nuus­le­ser op SABC2. REGS BO: I­vor kui­er by boe­re op sy nu­we TV-pro­gram Land­bou­week­liks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.