HOOFKOS: Heil­sa­me ge­reg­te vir jou ge­sin op ’n tig­ht bud­get

Kos­pry­se klim el­ke dag en jou mand­jie krui­de­niers­wa­re krimp saam met jou begroting. Met ’n bie­tjie ver­beel­ding kan jy sorg dat jou men­se nog ge­noeg én lek­ker eet.

Kuier - - Inhoud - Deur Ka­ren Hart

VOLSTRUISSTEAKSLAAI Ge­noeg vir 4

BESTANDDELE Vir die ste­ak 3 eet­le­pels swart­pe­per­kor­rels, fyn­ge­stamp of ge­maal 500 g vol­struisste­ak­por­sies Sout na smaak O­lie vir be­drui­ping

Vir die sa­me­stel­ling Slaai­bla­re van jou keu­se 8 – 10 dwerg­ta­ma­ties (ro­sa- of ker­sie­ta­ma­ties), ge­hal­veer 5 ra­dy­se, in sky­fies ge­sny ½ van elk groen, geel en rooi soet­ris­sie, wit ge­deel­tes en pit­jies ver­wy­der en in re­pies ge­sny ½ kom­kom­mer, in sky­fies ge­sny

Vir die slaai­sous 3 eet­le­pels o­lyf­o­lie 1 eet­le­pel bal­sa­mie­se a­syn Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak

METODE Giet die swart­pe­per uit op ’n bord en druk die ste­ak­por­sies daar­in so­dat dit al­kant ’n pe­per­kor­sie het. Geur met sout en be­druip el­ke por­sie al­kant met ’n bie­tjie o­lie. Ver­hit ’n pan oor hoë hit­te en braai die por­sies 2 – 3 mi­nu­te aan el­ke kant. Hou een­kant om vir min­stens 10 mi­nu­te te rus voor­dat jy die vleis in sky­fies sny. Rang­skik die slaai­bla­re en die res van die slaai­be­stand­de­le op ’n mooi bord. Rang­skik die ste­ak­por­sies bo-op. Meng die bestanddele vir die slaai­sous en klits lig­gies saam. Giet oor die slaai.

WENK: Moe­nie meer as 2 por­sies op ’n slag pro­beer gaar­maak nie an­ders smoor die vleis.

Vol­struis is baie be­skos­tig­baar en dees­dae re­de­lik be­skik­baar by groot su­per­mark­te. Dis goed­koop, lek­ker en ge­sond. Vol­struis moet teen die hoog­ste tem­pe­ra­tuur in die kort­ste tyd gaar­ge­maak word. Die per­fek­te vol­struis­fi­let of -ste­ak is pienk, ef­fe rou, sap­pig en sag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.