Kort­ver­haal

Haar dog­ter is daar­die aand net cor­ner shop toe om air­ti­me te koop, maar dis al baie la­ter en sy is steeds nie te­rug nie. Nou maak die dui­wel haar wys die erg­ste het ge­beur . . .

Kuier - - Inhoud - Deur NORMAN EVERTSON

Ren­sie skree in die gang af na haar ma toe wat in die kom­buis doe­nig is,“Ek is nou-nou te­rug, Mammie! Ek gaan net gou vir my air­ti­me by Al­lie’s koop.”

Dis Vry­dag­aand en Do­reen, Ren­sie se ma, is be­sig om aand­e­te voor te be­rei. “Moe­nie te lank draai nie, aand­e­te is am­per ge­reed,”skree Do­reen te­rug, maar Ren­sie is soos ’n war­rel­wind reeds by die deur uit en wals die pad af.

Ren­sie – haar reg­te naam is eint­lik Re­tha – is Do­reen se e­nig­ste kind. Sy is ’n prag­ti­ge mei­sie­kind, met ’n v­rien­de­li­ke ge­aard­heid. Sy’s van­jaar in ma­triek en wil graag vol­gen­de jaar me­dies gaan stu­deer aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Sy is nou op pad na Al­lie’s Cor­ner Shop, ’n huis­win­kel aan die on­der­punt van die straat, net ’n klip­gooi van Ren­sie-hul­le se huis af. Die win­kel­ei­e­naar is ’n So­ma­lie­se bur­ger wat al ’n goeie klom­pie ja­re in die dorp woon­ag­tig is. Sy win­kel is ’n ge­wil­de uit­hang­plek vir die jong­span. Die trek­pleis­ter is eint­lik maar die spe­le­tjie­ma­sjie­ne, mu­siek­boks en pool­ta­fel in die aan­ge­bou­de deel van die win­kel.

Die ding ruk be­hoor­lik by dié win­kel. ’n Paar ou­ens is be­sig om pool te skiet, on­der­wyl een of an­der ge­wil­de song doef­doef oor die groot sound­bok­se. Hier en daar wik­kel ’n paar gi­rls en ou­ens hul ly­we rit­mies op die maat van die mu­siek.

Men­se kom en gaan. Die spe­le­tjie­ma­sjie­ne maak ver­skil­len­de klank­ge­lui­de soos daar met hul­le ge­speel word. Bui­te op die win­kel­stoep staan groe­pies jong men­se rond, al­mal be­sig met hul eie din­ge.

Daar word stuk­ke ge­sny on­der me­kaar en nou en dan klink ’n uit­bun­di­ge ge­lag op. Ja-nee, dit woel be­hoor­lik na­we­ke by Al­lie’s.

Ren­sie is nou al lank weg en haar ma raak on­rus­tig. Waar draai die kind tog, won­der Do­reen be­kom­merd. Dis al sterk ske­mer. Die wê­reld is boos daar­bui­te. Kyk maar net na die koe­rant­op­skrif­te en nuus­be­rig­te. Moord en ver­krag­tings vat dees­dae die koek, bly som­mer so hoof­nuus. By­na el­ke lie­we dag. Sê nou my Ren­sie-mei­sie­kind het iets oor­ge­kom, dink Do­reen en dit voel skie­lik of haar bors be­gin toe­trek van be­kom­mer­nis.

“Nee, wag nou, soon­toe, Sa­tan! Weg met jou ne­ga­tie­we ge­dag­tes! Ruk jou reg, Do­reen Ma­ri­aan S­tal­len­berg,”praat sy met haar­self. Ren­sie het se­ker maar net van haar skool­maats raak­ge­loop en aan’t klets ge­raak.

Steeds on­rus­tig, be­sluit Do­reen om maar lie­wer TV te kyk, net om haar ge­dag­tes be­sig te hou. Sy ska­kel die TV aan en sit-lê som­mer so op die bank voor die TV. Ren­sie sal se­ker nou e­ni­ge tyd te­rug wees, hoop sy.

Dis Sa­ter­dag­og­gend. Iets het Do­reen wak­ker ge­maak, maar wat? Sy kyk om haar rond. Haar nek voel seer. Sy kom ag­ter sy lê op die sit­ka­mer­bank. Vir ’n paar oom­blik­ke is sy deur­me­kaar. Ie­wers hoor sy ’n kap­ge­luid. Sy wag en luis­ter aan­dag­tig om se­ker te maak of sy reg ge­hoor het. Dan hoor sy dit weer, maar dis nie ’n kap­pe­ry nie, dis ’n klop aan die deur. Sy lig haar op, maar voel dan ’n steek­pyn in haar nek. Toe dring die werk­lik­heid tot haar deur. Sy het so­waar op die rus­bank voor die TV aan die slaap ge­raak. Sy het heel­waar­skyn­lik sleg­ge­lê met haar kop, van­daar die steek­pyn in haar nek. Die TV is nog steeds aan.

Dan raak sy weer be­wus van die ge­klop. Dit kom van die kom­buis se kant af. Hier­die keer klink dit drin­gen­der as die vo­ri­ge ke­re. Haar eer­ste ge­dag­te is by haar kind. Ren­sie!

Do­reen vlieg op.“Ei­naaa! My nek!”roep sy sag­gies uit met die op­staan­slag. Sy vryf haar nek ter­wyl sy na die kom­buis be­weeg om die deur te gaan oop­maak vir die een wat so ha­mer.

In die ver­by­gaan val haar oog op die hor­lo­sie bo­kant die ys­kas teen die muur. Goei­ste! Kyk waar staan die tyd al. Drie-uur in die mô­re. Wie kan dit nou wees?

Son­der om eers te vra wie dit is, maak sy die deur oop. Sy trek haar a­sem skerp in en haar hart mis ’n slag of twee. Sy skrik haar boeg­lam vir die po­li­sie­man voor haar deur! Dié tyd van die og­gend! Dit kan net één ding be­te­ken . . .

“Goei­e­mô­re, Me­vrou,”sê die po­li­sie­man vrien­de­lik.“Jam­mer om te pla. Ek is ser­sant Jansen.”

Do­reen se hart klop in haar keel en sy kan nie ’n woord uit­kry nie. Sy knik maar net haar kop. Dis eg­ter die be­amp­te se vrae wat die on­rus­tig­heid in haar bin­ne­ste ver­er­ger.

“Is u naam Do­reen S­tal­len­berg?” “J-J-Ja. . . Do­reen Ma­ri­aan S­tal­len­berg . . . eint­lik,”ant­woord sy se­nu­wee­ag­tig. Haar mond voel skie­lik so droog.

“Het u ’n kind? ’n Mei­sie­kind?”wil die be­amp­te weet.

O, lie­we va­der­tjie tog, hier kom dit nou . . . wat sy nog al die tyd ge­vrees het! Hul­le sê mos as die po­li­sie so on­ty­dig aan jou deur klop, be­te­ken dit net een van twee din­ge. Moei­lik­heid of ’n doods­ty­ding.

As­se­blief, He­re, net nie dit nie. Dit kan nie wees nie. Nie my prag­ti­ge Ren­sie-kind nie, gaan haal Do­reen die bob­be­jaan ag­ter die bult en sê te­ge­ly­ker­tyd ook som­mer ’n skiet­ge­bed­jie op.

Sy voel skie­lik lig­hoof­dig en moet om­trent al haar wils­krag in­span om staan­de te bly.

“Ja, Me­neer, dis reg. Ek het ’n mei­sie­kind, ja,”kom die woor­de stot­te­rend oor haar lip­pe.

“Is haar naam dalk Ren­sie?” “Ja,”sê Do­reen be­we­rig. Sy voel ’n be­klem­ming om haar hart en hoe die dui­se­lig­heid haar be­kruip. Sy is nou oor­tuig daar het iets met haar dog­ter ge­beur. Dalk is sy ver­krag . . . of er­ger nóg, mis­kien ver­moor!

En nou wil die po­li­sie­man na­tuur­lik hê sy moet saam­gaan om haar lyk te gaan uit­ken, span sy al­weer die kar voor die perde. Haar ge­dag­te­gang word ver­breek toe hy vra:“Kan u as­se­blief saam met my kom?”

Met die aan­hoor van dié woor­de, voel dit vir Do­reen as­of die ver­trek skie­lik in die rond­te draai ter­wyl dit stik­don­ker om haar word. Haar be­ne knak en sy tui­mel ag­ter­oor. Ser­sant Jansen tree ge­luk­kig blits­vin­nig vo­ren­toe en vang haar net be­tyds. Hy lê haar ver­sig­tig op die rus­bank neer.

Dan kon­tak hy sy kol­le­ga, kon­sta­bel Ben­ja­min, op sy ra­dio. Sy het bui­te in die po­li­sie­voer­tuig ge­wag saam met ie­mand wat hul­le langs die pad op­ge­laai het. Hy ver­soek haar om gou te kom help. Sy is im­mers ook ’n ge­kwa­li­fi­seer­de pa­ra­me­di­kus.

In ’n oog­wink is sy by hul­le in die huis. “Wat het ge­beur?”vra sy be­kom­merd.

“Me­vrou S­tal­len­berg het skie­lik flou ge­raak. Ek was net be­sig om haar te vra om saam na die mo­tor te kom. Ek wou maar net hê sy moes kyk of die mei­sie­kind in die mo­tor wel Ren­sie is,”ver­dui­de­lik hy aan kon­sta­bel Ben­ja­min ter­wyl sy Do­reen ge­mak­lik maak op die rus­bank. Sy lê haar op só ’n ma­nier neer dat haar lug­weë oop is om be­ter a­sem te haal.

Hul­le het só be­sig ge­raak met Do­reen dat hul­le nie eens ag­ter­ge­kom het dat die mei­sie­kind in­tus­sen uit die po­li­sie­mo­tor ge­klim en ook die huis bin­ne­ge­kom het nie.

Hul­le raak eers van haar be­wus toe sy skie­lik ag­ter hul­le“Mammie! Mammie!”uit­roep, want sy het haar ma op die rus­bank sien lê en ge­dink sy het erns­tig seer­ge­kry. Sy beur tus­sen die twee po­li­sie­be­amp­tes deur en gryp haar ma vas.

Sy skud haar lig­gies aan die skou­ers en sê tus­sen die tra­ne deur:“Mammie word wak­ker, word wak­ker! As­se­blief! Ek is hier, ek’s so jam­mer!”

Ná wat soos ’n e­wig­heid ge­voel het, kom haar ma, tot groot ver­lig­ting van al­mal, sta­dig­aan uit haar flou­te uit. Sy k­nip-k­nip haar oë en hoor men­se praat, maar hul beel­de is baie vaag. Sy her­ken eg­ter haar mei­sie­kind se stem.

“Ren­sie, my kind, is dit reg­tig jy?”Ren­sie glim­lag en vee die tra­ne som­mer so met al­bei hand­palms van haar ge­sig af.

“Ja, Mammie, dis ek, dis ek! En ek is ou­kei!”roep sy uit. Sy is dankbaar en bly om te sien haar ma is piek­fyn.

Sta­dig, maar se­ker raak Do­reen se sig be­ter en word al­les weer dui­de­lik. Sy beur o­rent op die bank, slaan haar arms om haar dog­ter en druk haar met deer­nis teen haar bors vas.

Ter­wyl sy haar dog­ter so in ’n om­hel­sing het, kyk sy met dank­baar­heid in haar be­traan­de oë na die po­li­sie­vrou en -man en sê:“Dan­kie. Baie dan­kie dat jul­le jul­le oor my dog­ter ont­ferm het. Ek was ver­skrik­lik be­kom­merd toe sy nie huis toe kom nie en die dui­wel het my al­ler­han­de din­ge pro­beer wys­maak . . . Maar laat ek jul­le nie ver­der uit jul werk hou nie. Weet net dit: wat jul­le van­dag vir my en my dog­ter ge­doen het, word baie waar­deer. Ek is jul­le e­wig dankbaar.”

Ser­sant Jansen en kon­sta­bel Ben­ja­min kyk na me­kaar en glim­lag baie te­vre­de. Hul­le het ver­hoed dat hier­die prag­ti­ge mei­sie­kind deel van die daag­lik­se mis­daad­sta­tis­tie­ke word. Dít al­leen is vir hul­le ge­noeg be­lo­ning. Hul­le groet, loop na bui­te waar hul­le in hul voer­tuig klim en voort­gaan met hul pa­trol­lie­diens­te.

La­ter die dag, na­dat al­bei van hul­le goed uit­ge­rus het, ver­tel Ren­sie haar ma wat ge­beur het.

Sy het haar vrien­din, Jeannette, by Al­lie’s Cor­ner Shop raak­ge­loop.

Na­dat sy vir haar air­ti­me ge­koop het, is hul­le na Jeannette-hul­le se huis vir ’n kort kui­er, maar toe be­gin hul­le movies kyk en ver­loor toe heel­te­mal tred met die tyd.

Haar sel­foon se bat­te­ry het in­tus­sen pap ge­raak son­der dat sy ag­ter­ge­kom het en Jeannette se foon is ’n week ge­le­de by die s­kool ge­steel.

Jeannette-hul­le het ook nie ’n land­lyn­te­le­foon nie, want haar huis­men­se het al­mal sel­fo­ne en sien nie die no­dig­heid van ’n te­le­foon nie.

On­ge­luk­kig was haar ou­ers ook uit vir die aand en daar was geen ma­nier om vir Do­reen te laat weet waar sy is nie.

Toe hul­le be­sef hoe laat dit was, het Jeannette ge­sê sy moet lie­wer oor­slaap, maar sy wat Ren­sie is, het ge­weet dat haar ma heel­nag sou wak­ker lê van be­kom­mer­nis. En om­dat hul huis slegs twee straat­blok­ke van Jeannette-hul­le s’n af is, het sy be­sluit om huis toe te gaan al was dit reeds baie laat. Dis toe dat die po­li­sie haar langs die pad ge­kry en huis toe ge­bring het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.