Wenk VAN DIE JAAR

Hier is die fi­na­lis­te van 2017 se Wenk van die Jaar-kom­pe­ti­sie. Die wen­ner van el­ke maand ding nou mee om die groot prys van R6 000!

Kuier - - Wenke -

JA­NU­A­RIE 2017 Plak plas­tiek­va­doek­ha­kies aan die bin­ne­kant van jou kle­re­kas en hang jou ju­we­le daar­aan op. Dit hou dit net­jies. SANDRA DANIELS, BISHOP LAVIS A­PRIL 2017 Bê­re ge­bruik­te tee­sak­kies in die vries­kas en ge­bruik as ys­pak­kies as ie­mand ’n be­se­ring op­ge­doen het. Jy kan ook tee­sak­kies rond­om jou plan­te pak voor­dat jy dit nat­maak – dit sorg dat jou plan­te lan­ger vog­tig bly. LIN­DA DE WEE PLAATJES JU­LIE 2017 Om frik­ka­del­le te maak en jy het nie min­ce nie, maar wel wors, maak so: Ont­vel die wors en rol in die gro­te­ri­ge bal­le­tjies (die wors is reeds ge­geur). Wors is soms ook goed­ko­per as min­ce. MARTHA BOOY­SEN, PE OK­TO­BER 2017 Wend o­lyf­o­lie aan droë ha­re en draai dan jou ha­re met ’n warm ge­stoom­de hand­doek toe. Los aan vir ’n half­uur en was uit met jou nor­ma­le sjam­poe. FREDELINE CAROLUS, WORCESTER FE­BRU­A­RIE 2017 Sny ’n gleu­fie in ’n bad­spons en druk oor­skiet­seep daar­in. Dit sal heer­lik skuim wan­neer jy bad. GRIETA PRETORIUS, GRIEKWASTAD MEI 2017 Ek ge­bruik my gift bags as oor­trek­sels vir die kin­ders se lees- en/of skool­boe­ke. Ek hou ook die hand­vat­sels aan so­dat ek die boek la­ter kan op­hang of haak aan ’n spy­ker. AULBANY DYERS, DYERS, SOMERSET-WES AUGUSTUS 2017 As jou sy­kou­se glip­pe­rig is in jou skoe­ne, spuit haar­sproei aan. Dit sal nie meer glip­pe­rig wees nie. ASHA PYLMAN,WEL­KOM NO­VEM­BER 2017 Sny ’n 2li­ter-koel­drank­bot­tel in die helf­te en bê­re ’n paar skoe­ne daar­in. Só kry ek 20 pa­re in my kas om­dat die bot­tels so baie plek be­spaar. ELSJE STANDER, RUSTENBURG MAART 2017 Haal die hand­vat­sels en e­le­ment van jou ou braai­pan af wat nie meer werk nie en ge­bruik dit as ’n oond­bak. JANET MINAAR, RO­BERT­SON JU­NIE 2017 ’n Leë Kel­logg’s-pap­boks werk goed om in jou kind se rug­sak te sit om só sy boe­ke en F­lip fi­le net­jies te hou en te keer dat die boe­ke se pun­te om­krul. YO­LAN­DI DE VOS, PE SEP­TEM­BER 2017 Moe­nie jou bak­poei­er of koek­so­da wat ver­val het, weg­gooi nie. Jy kan dit steeds ge­bruik vir huis­hou­de­li­ke skoon­maak. As jou was­bak­drei­ne reu­ke af­gee, gooi ge­noeg in jou prop­ga­te, laat dit op­bruis vir so lank moont­lik, spoel dit af met a­syn en ’n ke­tel ko­ken­de wa­ter. Jy kan ook grow­we sout by­voeg vir be­ter re­sul­ta­te. NICOLEEN JACOBS, STEELPOORT DE­SEM­BER 2017 As jou stryk­ys­ter kwaai aan­ge­pak is, sit hom aan. As hy lek­ker warm is, spuit o­ven cle­a­ner aan. Al die aan­pak­sels loop af. Maar stryk eers weer op ’n ou lap tot­dat hy weer skoon stoom. ALTHEA HARKER, LADISMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.