SEEMAN-MACARONI-EN-KAAS

Ge­noeg vir 4

Kuier - - In Die Kombuis -

BESTANDDELE

½ van 500 g pak macaroni 4 eet­le­pels bot­ter 4 eet­le­pels koek­meel 600 ml warm melk Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak ½ tee­le­pel mos­terd­poei­er ’n K­nip­pie rooi­pe­per 1 kop­pie ched­dar­kaas 1 x 200 g-pak­kie ge­rook­te snoek, vel en gra­te ver­wy­der en ge­vlok 1 kop­pie vars brood­krum­mels ’n Paar ek­stra klont­jies bot­ter

METODE

Kook die macaroni vol­gens die aan­wy­sings op die pak­kie. Ver­kort die kook­tyd met ’n mi­nuut so­dat die macaroni nie sag nie, maar ef­fens ferm is. D­rei­neer en roer ’n bie­tjie o­lie deur om dit los van me­kaar te hou. Hou een­kant. S­melt die bot­ter in ’n ka­strol oor ma­ti­ge hit­te, voeg die koek­meel by en roer vir ’n mi­nuut of twee. Haal die ka­strol van die stoof af en roer die warm melk ge­lei­de­lik by. Plaas dit te­rug op die stoof­plaat en roer tot­dat die sous lek­ker dik be­gin word. Haal die ka­strol van die stoof­plaat af en roer die sout en pe­per, mos­terd en rooi­pe­per by. Roer die mees­te van die kaas by – hou net ’n hand­jie­vol oor vir la­ter. Roer die snoek by en meng met die macaroni. Skep in ’n ge­smeer­de oond­vas­te bak. Meng die kaas wat jy oor­ge­hou het, met die brood­krum­mels en sprin­kel dit bo-oor. S­tip met die klont­jies bot­ter en bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 180oC vir 25 – 30 mi­nu­te of tot­dat die krum­mel­laag goud­bruin is.

WENK: Vir ’n ef­fens luuk­ser weer­ga­we, kan jy ’n eet­le­pel of twee par­me­saan by jou krum­mel­meng­sel voeg. Ver­vang die snoek met ge­po­sjeer­de skel­vis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.