VOLSTRUISNEK-EN-SAMPIOEN-POTJIE

Ge­noeg vir 4

Kuier - - In Die Kombuis -

BESTANDDELE

1 kop­pie koek­meel Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 1 tee­le­pel droë roos­ma­ryn 1 kg volstruisnek 3 eet­le­pels o­lie 1 groot ui, fyn­ge­kap 3 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 groot wor­tel, ge­skraap en in blok­kies ge­sny 1 sel­de­ry­stin­gel, in blok­kies ge­sny 1 kop­pie rooi­wyn 1 kop­pie bees­vleis­af­trek­sel 1 eet­le­pel ta­ma­tie­pu­ree 3 eet­le­pels vars­ge­kap­te roos­ma­ryn (of 1 eet­le­pel droë) 1 x 250 g-hou­er kno­pie­sam­pi­oe­ne, in sky­fies ge­sny

METODE

Meng die koek­meel, sout en pe­per en droë roos­ma­ryn. Giet die meng­sel op ’n plat bord en rol elk­een van die stuk­kies volstruisnek daar­in. Ver­hit die o­lie in ’n swaar­boom­pot en braai die volstruisnek in sar­sies. Skep met ’n gaat­jies­le­pel uit en hou een­kant op ’n bord. Braai die ui, knof­fel, wor­tel- en se­de­ry­blok­kies tot­dat die groen­te be­gin sag word. Plaas die vleis te­rug in die pot en meng goed. Giet die rooi­wyn bo-oor. Meng die ta­ma­tie­pu­ree met die af­trek­sel en giet oor die in­houd in die pot. Geur met sout en pe­per. Bring tot kook­punt. Ver­laag die hit­te en be­dek die pot. Laat vir 2 uur prut. Hou net dop – in­dien die vloei­stof ’n bie­tjie min word, kan jy nog af­trek­sel of ’n meng­sel van af­trek­sel en wyn by­voeg. Voeg die sam­pi­oe­ne en die vars­ge­kap­te roos­ma­ryn by en laat vir nog ’n uur oor lae hit­te prut. Moe­nie moe­de­loos raak as dit lyk as­of die vleis nie wil sag word nie – aan die ein­de van die lang kook, sal jy murg­s­ag­te vleis hê.

WENK: Jy kan ’n paar re­pies spek aan die be­gin saam met jou uie braai om­dat vol­struis nie baie vet het nie. Maar selfs ek, wat van vet­te­ri­ge vleis hou, vind dit oor­bo­dig. Jy kan rooi­wyn met ek­stra af­trek­sel ver­vang as jy nie met al­ko­hol wil kook nie.

Volstruisnek is die al­ler­lek­ker­ste vleis, maar dis ge­neig om taai te wees. Dit kort dus ’n bie­tjie ge­duld en ’n lek­ker lang, sta­di­ge kook. Maar dis oor en oor die moei­te werd. Dis die naas­te aan bees­stert in smaak en teks­tuur – by­na lek­ker­der – teen om­trent ’n der­de van die prys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.