S­maak­li­ke Ker­rie

Ker­rie hoef nie stuk­ke vleis in te hê om fan­tas­ties te wees nie. Dit kan net so lek­ker wees op ’n tig­ht bud­get.

Kuier - - Stap-Vir-Stap - Deur Ka­ren Hart

SKRAPSE HOEN­DER VIR ’N EKSOTIESE KARIBIESE KER­RIE Ge­noeg vir 4 BESTANDDELE

1 – 1,5 kg hoen­der­kar­kas­se 1 eet­le­pel o­lie 3 mid­del­slag uie, fyn­ge­kap 3 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 x 3 cm knoets vars gem­mer, ge­skil en fyn­ge­kap of ge­ras­per 2 gro­te­ri­ge wor­tels, ge­skil en in sky­fies ge­sny ½ klei­ne­ri­ge kop­kool, ge­kerf 1 pyn­ap­pel, ge­skil, stronk ver­wy­der en in blok­kies ge­sny Ge­ras­per­de skil en sap van 1 le­moen ½ kop­pie droë ap­pel­ko­sies, ge­snip­per ½ kop­pie sul­ta­nas 1 pie­sang, in sky­fies ge­sny 1 eet­le­pel ma­ti­ge ker­rie­poei­er ½ kop­pie hoen­der­af­trek­sel Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak Vars kol­jan­der vir gar­ne­ring

METODE

1. Wan­neer jy met die hoen­der­kar­kas­se werk, is dit be­lang­rik om so­veel moont­lik geur te ont­trek en te be­nut. Dis be­lang­rik om die mees­te oor­tol­li­ge vet­vel­le af te sny, maar moet dit nie weg­gooi nie. Sny ook e­ni­ge on­oog­li­ke af­voer­bui­sies uit, maar dié moet jy on­mid­del­lik weg­gooi. Dis ook be­lang­rik om se­ker te maak die kar­kas­se is mooi skoon. Jy kan dit in ’n bie­tjie a­syn­wa­ter af­spoel en net droog druk met hand­doek­pa­pier. Sny die gro­ter stuk­ke ef­fens klei­ner.

2. Ver­hit die o­lie in ’n swaar­boom­pot en braai die vet­stuk­kies wat jy af­ge­sny het, daar­in tot lek­ker bruin en bros. Voeg die uie by en braai tot sag en deur­sky­nend. Voeg die knof­fel en gem­mer by en braai vir ’n mi­nuut saam. Voeg die hoen­der­kar­kas­stuk­ke by en braai vir ’n mi­nuut of twee.

3. Voeg nou die wor­tels, kool, pyn­ap­pel, le­moen­skil, ap­pel­ko­sies, sul­ta­nas, pie­sang en ker­rie­poei­er by. Roer al­les deur en meng goed.

4. Meng die le­moen­sap met die hoen­der­af­trek­sel en giet by. Geur met sout en vars­ge­maal­de pe­per. Be­dek die pot, ver­laag die hit­te en laat vir 20 mi­nu­te lank prut. Haal die dek­sel af, ver­hoog die hit­te en laat so oop staan en kook vir nog 20 mi­nu­te tot­dat die vloei­stof ’n bie­tjie weg­ge­kook het. Roer met ’n vurk deur die pot en ver­wy­der die been­tjies wat heel­te­mal kaal ge­kook het. Los die an­der been­tjies in – deel van die lek­ker­te is om die been­tjies af te suig. Be­dien op rys en sprin­kel vars, ge­kap­te kol­jan­der­blaar­tjies oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.