Blik­kies

Kuier - - Wenke -

Ek ge­bruik my Cry­stal Val­ley i­de­al milk-blik­kies (met die gleu­fies) vir spaar­blik­kies. MARCHELLE SALLA FORTUIN, WOR­CES­TER

Ek maak kop­pie­speld­kus­sin­kies daar­van, ge­bruik dit om my kno­pe in te gooi en trek dan die dek­sel­tjie oor met ’n stuk­kie ma­te­ri­aal en maak ’n knoop bo-op. ABIDAH DIXON MO­HA­MED, KAAP­STAD

Re­cy­cle . . . Gee dit ge­woon­lik vir dié wat op vul­lis­dag om­kom. THERESA NEETHLING DEMINCK, KAAP­STAD

Plant plant­jies of bak blik­brood­jies. SAFFRON DANIELS-GREEFF, S­TEL­LEN­BOSCH

My man ge­bruik dit as ’n as­bak­kie. LISA BARNES, P­RE­TO­RIA

Ek het ’n lint­jie om ’n paar ge­bind en ge­bruik dit om my eet­ge­rei in te bê­re. Dis ver­al han­dig vir tee­le­pels. Kan dit nou som­mer langs die ke­tel bê­re. KIM­BER­LEY JOHN­SON, MAL­MES­BU­RY

Ek ge­bruik my ou blik­kies as blom­pot­jies om die e­tens­ta­fel te ver­sier of ek sit ker­sies daar­in om ’n lek­ker at­mos­feer te skep. LILENTIA WIL­LEM­SE, PA­TEN­SIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.