Kuier

FACEBOOK

-

Twee jaar ná haar verlowing verbreek is, het diva Mariah Carey haar verloofrin­g verkoop vir R34 miljoen (die ring is eintlik R164 miljoen werd!). Dink julle ’n vrou kan maar haar verloofrin­g hou wanneer die verlowing eindig of moet sy dit teruggee?

Sy moet dit hou. Êrens moet sy darem ook score, want sy het ook invest in daai verhouding al werk dit nie altyd uit nie. LOUISE MCTHOMAS, KAAPSTAD

Gee dit terug, dis mos nie meer‘Ja’nie! Daai ring se betekenis is nie meer dieselfde nie. Ek sou dit teruggee. BIANCA BOOYSEN, KAAPSTAD Wat is die vreemdste koskombina­sie wat jy al ooit probeer het? Ons hoor soetpatats en vla is ’n wenner.

Piesang en peanut butter is ’n wenner. Brood en ’n pakkie Simba chips as jy baie honger is by ’n winkel of op pad êrens heen. GLENDA KROUKAMP, LAVENDER HILL Warm chips gedip in milkshake. GAIL ABRAHAMS, PAARL My broer eet avo en peanut butter op ’n toebroodji­e. Hy sê dis ’n wenner. AURIGUST HENDRICKS, MCGREGOR Ek het al eier en pampoen saam met ander groente gehad. LISA BARNES, PRETORIA Chocolate koek en bokkoms . . . Dis absoluut hemels! MARION KRUGER, KAAPSTAD Cheese curl chips en mayonnaise as dip of KFC chips en roomys. FLO APOLLO, WINDHOEK

Nee, hel! Lyk my almal hier sit met swangerska­p-cravings. Ek het al eksperimen­teer met verskillen­de disse, maar nog nooit so ver gegaan nie. Patat en custard? Oooo, nee! ESME LOUW, VREDENBURG Oats met gerasperde wortels. Oo la la! CORNELIUS NICO, RAWSONVILL­E

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa