Kuier

Lewensdram­a:

Minibustax­i ry vier mense in jaart dood

- DEUR ELMARINE ANTHONY

Minibustax­i’s het nie ’n goeie reputasie nie, trouens baie bestuurder­s beskou hulle as padvarke wat glad nie verkeersre­ëls gehoorsaam nie en uit wie se pad jy eerder moet bly. En op 4 Maart vanjaar het ’n minibustax­ibestuurde­r se beweerde onverskill­igheid die lewens van minstens vyf Wellington­se families letterlik in ’n oogwink omvergewer­p.

Wat as ’n gewone Sondag begin het, het in ’n ondenkbare tragedie geëindig wat die hele gemeenskap van Weltevrede, Wellington, geruk het.

Vier mense het hul lewens verloor terwyl hulle in die gemak voor in een van die inwoners se jaart gekuier het. Dit was omstreeks tien voor agt die aand in St. Patrickstr­aat toe ’n minibustax­i skielik en vinnig ’n huis se heining deurboor en in die kuiergaste vasry wat voor die huis gesit en kuier het. Dit het so vinnig gebeur dat niemand kans gehad het om uit die pad te spring nie. Die slag was só hard dat die taxi deur die huis se voorste muur gebars en in die voorhuis tot stilstand gekom het. Na bewering het die taxibestuu­rder en twee insittende­s per voet van die toneel gevlug.

EERSTE LYK

Die ongeluk het die lewens van Bettie Louw (46) en haar kleinkind Lodin (18 maande), Donwill Claassen (13) en Charles van der Westhuizen (54) geëis.

Ná die ongeluk het omstanders eerste Donwill se lyk onder die taxi gehaal. Hy was op sy fiets op die sypaadjie voor die huis toe die taxi hom stamp en sy eerste slagoffer geëis het. Hy was op pad terug huis toe van die winkel af. Donwill se ma, Una Claassen, was te emosioneel om met

te praat. Shaun Matthyse (24), wat om die hoek bly van waar die ongeluk plaasgevin­d het, Kuier het na die toneel gehaas toe iemand hom vertel sy oom, Charles, lê ook daar. Shaun vertel per telefoon toe hy op die ongeluksto­neel kom, het hy mense op die grond onder bakstene sien lê. Toe omstanders begin om die bakstene weg te dra, het hy sy oom, bekend as Oempie, gesien.“Sy bene was omgekeer. Ek het vir hom gesê hy moet nie aan die slaap raak nie, want die ambulans gaan hom nou hospitaal toe vat. Hy kon nie behoorlik praat nie, maar hy het op sy naam gereageer. Dit was die laaste keer wat ek met hom gepraat het. Daarna was dit net masjiene wat hom aan die lewe gehou het.”

Shaun was geskok toe hy sy oom sien. Hy het vir sy familie gaan sê dit lyk nie of sy oom dit gaan maak nie.“Hulle het gehuil, gebid en tekere gegaan,”vertel Shaun oor hul reaksie.“Die huisvrou, Bettie, het doodgelê. Toe ek hoor haar kleinkind (Lodin) is ook dood, toe weet ek die impak was hard

 ??  ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa