Dar­lings:

Dorp­se­drie­lin­ge­laat­kop­pe­draai

Kuier - - Die span - DEUR MARTELI BREWIS

Om ’ n klein­tjie in die huis te hê, is op ’n goeie dag, ’ n hand­vol. Maar ver­beel jou jy het drie een­ja­ri­ges wat in jou huis rond­kri­oel! Dis nie som­mer al­dag dat ’n mens ’n drie­ling raak­loop nie, maar in die stra­te van Dar­ling in die Wes-Kaap, is daar twee stel­le!

Met hul kin­ders se ge­boor­te 30 jaar ge­le­de, het Ma­ria en Da­vid Hoop net een bon­del­tjie vreug­de ver­wag, maar groot was hul ver­ba­sing toe die dok­ter nie net een keer nie, maar twee keer sê, “Lyk my hier kom nog een!”.

Ma­ria (60) ver­tel sy was stom­ge­slaan en het nie ge­weet hoe sy dit gaan han­teer nie. Maar ’ n mens het nie ’ n keu­se nie en moet dit aan­vaar, sê sy. Ge­luk­kig was Da­vid (60) van die be­gin af ’ n staatmaker-pa en fa­mi­lie en vrien­de het in­ge­spring en al­tyd ge­help waar en wan­neer hul­le kon. “Da­vid het bot­tels ge­maak, win­de uit­ge­vryf en kiem­bies om­ge­ruil. Par­ty­keer het hy al­les self ge­doen so­dat ek net ’ n bie­tjie kon slaap,” ont­hou sy.

Ma­ria se oud­ste dog­ter, ook Ma­ria (40), het ook al­tyd reg­ge­staan om hand by te sit. “Die He­re het ons deur­ge­dra,” meen Ma­ria. Van­dag is Di­an­ne, Ka­ren en Esto­ri­ta hul trots, ’ n trip­pel se­ë­ning van bo! “Die kin­ders het baie mooi ma­nie­re. Hul­le het re­spek, werk hard en is al­tyd or­dent­lik en hulp­vaar­dig. Ek en Da­vid is baie trots op wie hul­le is,” glimlag Ma­ria.

Ie­mand wat nou juis ’ n moe­der­skap­reis deur­maak waar­op Ma­ria al 30 jaar is, is en­kel­ma, Yo­ne­la M­li­lo (25). Sy het ge­dink sy dra maar net ’ n groot ba­ba en het eers in die agt­ste maand van haar swan­ger­skap uit­ge­vind sy ver­wag ’ n drie­ling – drie dae voor hul ge­boor­te! “Ek het som­mer in tra­ne uit­ge­bars – waar gaan ek kle­re kry vir drie? Ek kon dit eint­lik nie glo nie,” ver­tel sy en lag lek­ker.

Maar ná hul ge­boor­te, kon sy dit nie meer ont­ken nie en die skok en angs was oor­wel­di­gend. “Ek het vir ’ n oom­blik ge­won­der of ek hul­le dalk net daar by die hos­pi­taal kan los, of dalk vir een van die ver­pleeg­sters of ’n maat­skap­li­ke wer­ker kan gee,” er­ken sy. Tog kan sy dees­dae nie haar le­we in­dink son­der haar dog­ters, A­li­tha en A­li­de, en seun A­kahlu­wa (1) nie.

Sy het ook ’n ou­er seun, Ju­lio (4). Hoe­wel dit soms maar broek­skeur gaan, help haar ma, Nokwa­ne­le (42), om die kin­ders be­dags te ver­sorg so­dat Yo­ne­la by ’n hoen­der­plaas in die a­rea kan werk en saam staan dié twee bont om die drie be­si­ge peu­ters groot te kry. Yo­ne­la lag en sê sy hoop hul­le gaan een­dag ’n suk­ses maak van hul le­wens, so­dat hul­le haar ’n bie­tjie in haar ou­dag kan be­derf.

OOR­WEL­DI­GEND

Ma­ria ont­hou maar net te goed hoe oor­wel­di­gend dit kan wees om ’n drie­ling te pro­beer ver­sorg en hoop vir Yo­ne­la se ont­hal­we dat sy da­rem ook men­se het wat haar kan on­der­steun. Ma­ria self het nie ge­werk nie en sy haal haar hoed af vir Yo­ne­la wat ná ’n lang dag op die

plaas, huis toe kom en met haar kin­ders tyd deur­bring en haar kin­ders so mooi groot­maak. “Oe, snags as een wak­ker ge­word het, dan word die an­der twee ook wak­ker en het jy al ooit drie ba­bas op een slag pro­beer troos?” ver­tel sy.

Ma­ria het gou-gou ag­ter­ge­kom die bes­te ma­nier is om die klein­ste een op haar bors te hou, die mid­del­ste e­ne­tjie op haar be­ne en die oud­ste een in die wie­gie so­dat sy, met heen-en-weer-be­we­gings, al drie ge­lyk kan sus. Sy kon ook nie vir baie lank bors­voed nie, want die eer­ste twee het haar leeg­ge­drink en dan was daar niks oor vir nom­mer drie nie. Maak nie saak hoeveel li­ters tee Ma­ria ge­drink het om haar melk­pro­duk­sie te ver­be­ter nie, sy kon net nie by­bly met die drie hon­ger ma­gies nie.

Toe hul­le be­gin kos eet, het Ma­ria eers vir elk­een haar eie bak­kie ge­maak, maar sy het gou-gou be­sef dis net mak­li­ker om een bak kos te maak en hap­pie-vir-hap­pie haar drie dog­ters te voer, an­ders is daar al­tyd een wat skreeu van die hon­ger. En om hul­le uit te ken, was ’n sto­rie.

“Soms het ek maar deur­me­kaar ge­raak, dan gee ek vir die­self­de een weer die bot­tel,” ont­hou sy. Uit­ein­de­lik het Ma­ria be­gin om vir hul­le ver­skil­len­de bors­lap­pies aan te trek om dit vir haar­self mak­li­ker te maak. Baie an­der men­se suk­kel steeds om die drie uit­me­kaar te ken. “As kin­ders het men­se baie keer ver­by ons ge­loop en dan te­rug­ge­draai en weer kom kyk,” lag Di­an­ne. By ’n be­graf­nis het ’n an­tie een keer vir Es­sie ge­sê, “jong, dis dan nou al die der­de keer wat jy kom groet het! Wat gaan aan?” Selfs die drie­ling se werk­ge­wers raak nog deur­me­kaar met wie is wie.

DOEN AL­LES SAAM

Die drie-span het saam al­ler­han­de kat­te­kwaad aan­ge­vang en was van die be­gin af on­af­skeid­baar en bes­te maats. Hul­le be­skerm me­kaar al­tyd.

“Daar was ’n keer wat ons stry ge­kry het en ie­mand wou my sus­ter slaan. Toe sê ek ‘ nee, jy slaan nie aan haar nie. Slaan eer­der vir my,’” ont­hou Es­sie. Só sal hul­le al­tyd e­nig­iets doen om daar te wees vir ’ n sus­ter. Sáám staan hul­le sterk. Die drie­ling is hul ou­ers e­wig dank­baar dat hul­le al­les in hul ver­moë ge­doen het om hul­le met so­veel lief­de groot te maak. “Ons doen al­les saam. As ons nie by­me­kaar is nie, voel dit as­of jou been of jou arm weg is,” ver­dui­de­lik die oud­ste van die drie, Di­an­ne. Op la­er­skool was hul­le een jaar nie in die­self­de klas nie. Di­an­ne was so een­saam dat sy vir die skool­hoof ge­vra het om haar te skuif, om­dat sy nie die jaar sal kan oor­leef as sy nie by haar sus­ters is nie. Dees­dae werk hul­le selfs saam as skoon­ma­kers! Hul­le ba­klei ook am­per nooit om­dat hul­le oor die mees­te din­ge die­self­de voel. Al­le be­slui­te word saam ge­neem en wan­neer een ’ n mooi kle­ding­stuk in die win­kel sien, koop sy drie daar­van, want wan­neer hul­le saam in die pu­bliek is, trek hul­le al­tyd die­self­de aan. “Ons wil hê men­se moet weet ons is die drie­ling van Dar­ling!” ver­tel Es­sie. Vol­gens dié drie kan hul­le me­kaar se ge­moeds­toe­stan­de aan­voel en be­leef. “Ek­ke weet as een van my sus­ters seer­ge­kry het, siek of hart­seer is. Dit is so ’n on­ge­mak­lik­heid aan jou bin­ne­kant,” ver­dui­de­lik Di­an­ne. Hul­le het ook hul eie, spe­si­a­le taal wat bui­te­stan­ders nie sal ver­staan nie. Dit is waar dat ’ n mens nie juis veel per­soon­li­ke ruim­te het as een van drie nie, maar dit is al wat hul­le ken en hul­le ge­niet dit om te weet hul­le hoef nooit al­leen te wees nie. Een­saam­heid is nie iets wat hul­le ken nie, want daar is al­tyd ie­mand wat weet hoe jy voel en ver­staan wat jy be­doel. Hul­le kan nie ’ n le­we son­der me­kaar in­dink nie. Dit is dui­de­lik dat die band tus­sen die drie on­breek­baar is, dat hul­le me­kaar al­tyd en in al­les sal on­der­steun. Wan­neer jy deel van ’ n drie­ling is, is daar al­tyd ie­mand wat jou ten vol­le ver­staan en vir jou lief is nes jy is. Jy is nooit al­leen nie – iets waar­na die M­li­lo-klein­span be­slis kan uit­sien!

HHOOOOFFFFOOTTOO ((VVAANN LLIINNKKSS NNAA RREEGGSS)):: KKaar­reenn,, DDi­i­aan­n­n­nee eenn EEs­st­toor­ri­it­taa HHoooopp.. RREEGGSS BBOO:: AAl­li­id­dee,, AAk­kaahhl­luul­l­waa eenn AAl­li­itt­hhaa Ml­liil­loo.. RREEGGSS OONNDDEERR:: DDi­i­ee HHoooopp--ddr­ri­i­eel­li­inngg hhoouu ddi­i­ee Ml­liil­loo-ddr­ri­i­eel­li­inngg vvaass..

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.