BOODSKAPPE

Kuier - - Kuierhoekie -

. Kui­er is ’n lek­ker tyd­skrif om te lees, want dit gaan oor wa­re, al­le­daag­se ge­beu­re van plaas­li­ke men­se. Ek het al­tyd ’n an­der tyd­skrif ge­koop, maar dit gaan te veel oor net ce­le­bri­ties en hul­le doen en la­te. Dit het baie ver­ve­lig be­gin word. Ek het toe my vrou se Kui­er be­gin leen en lees. Se­dert­dien kan ek nie wag vir haar om dit te koop nie – net om eer­ste klaar te lees! Dis reg­tig ’n puik tyd­skrif met al­les vír ons eie men­se ván ons eie men­se. Hou so aan! ANONIEM

. Ek moet sê ek haal my hoed af vir die paar­tjie se be­sluit ( Hoop vir Han­nah, 8 Au­gus­tus). My ma het slegs een van haar ge­bre­ke ge­had. Ja­re lank is sy be­spot, selfs toe sy al dood was. Dit was nie ’n mak­li­ke pad nie. Toe ek vir haar ’n o­pe­ra­sie re­ël, wou sy nie gaan nie. Ons kin­ders word nou nog ge­brand­merk as “Su­zie Gat­neus se kin­ders”. ANONIEM

. Han­nah ( Hoop vir Han­nah, 8 Au­gus­tus) is ’n en­gel­tjie. Ek is ’n ou­ma van ses klein­kin­ders. Nou het ek vir Han­nah by­ge­kry. Ek was baie hart­seer. Ek het die boek teen my hart ge­druk en haar fo­to ge­soen. OU­MA CAROLINE

. Wow, die sto­rie oor Han­nah du P­les­sis ( Hoop vir Han­nah, 8 Au­gus­tus) is so ont­sag­wek­kend. Dit is on­ge­loof­lik dat Han­nah die dok­ters al­mal ver­keerd be­wys het en steeds van­dag leef. Lie­we Je­sus maak nie fou­te nie. Hy het ’n plan en ’n doel met Han­nah se le­we. BARBARA, SPRINGS . Ai, hoe trots voel ek nou toe ek lees van Ka­ren Baat­jes ( K­lein han­de, groot da­de, 8 Au­gus­tus). Ek het ook bors­kan­ker ge­had en is nou drie jaar skoon. God is elke dag goed! SALAMA, PORT ELIZABETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.