Voor­blad:

Die ve­te­raan-ak­tri­se June van Merch se er­fe­nis lê by haar fa­mi­lie en vriend­een­de op Beau­fort-Wes. En haar wens is dat al­mal hul ti­pe om­gee-lief­de vir me­kaar­e­kaar wys.

Kuier - - Die span - DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

­June­vanMerch­ deel ­haar­er fe­nis

Wan­neer ’ n mens die woord er­fe­nis hoor, dink jy aan jou ou­ma se kos, jou men­se se kul­tuur, taal en jou ge­meen­skap. Die din­ge wat jul­le u­niek maak en goed wat jul­le by­me­kaar­bring. Dit is juis ook hoe­kom die ve­te­raan-ak­tri­se June van Merch (66) on­mid­del­lik fa­mi­lie met er­fe­nis ver­een­sel­wig.

Sy dink ver­al aan die waar­des wat haar ou­ers, Ou­sie (88) en wy­le oom Pie­ter (82), daar op die Ka­roo-dorp Beau­for­tWes, haar ge­leer het. Haar ma se on­voor­waar­de­li­ke lief­de, vry­ge­wig­heid en hoe sy an­der be­han­del het, sal June tot in leng­te van dae by­bly.

Sy dink ook aan haar pa se ge­duld en sy aan­moe­di­ging om so­veel moont­lik jou land te ver­ken. Want deur jou land te ver­ken en ver­skil­len­de men­se te leer ken, glo June sal ons me­kaar be­ter be­han­del en ver­staan.

En juis om­dat sy so na aan haar lie­we ma is, het dit June on­langs ge­ruk toe daar by haar ma se huis op Beau­fort-Wes in­ge­breek is. Haar ma was by die huis ty­dens die in­braak, maar is ge­luk­kig nie in die pro­ses seer­ge­maak nie. Die die­we kon nie met hul buit vlug nie om­dat die se­ker­heids­fir­ma en bu­re op­ge­daag het.

Die dra­ma het plaas­ge­vind ter­wyl June meer as 400 ki­lo­me­ter ver weg in Bon­nie­va­le in die Wes-Kaap was waar sy aan ’ n nu­we kykNET-reeks ge­skiet het. Sy het Kui­er da­de­lik laat weet wat ge­beur het en ge­vra om haar voor­blad­on­der­houd wat die vol­gen­de dag sou plaas­vind, te skuif so­dat sy gou moont­lik by haar ma kon uit­kom. Die kom­mer in haar stem was on­mis­ken­baar.

Met haar werk as ak­tri­se moet June reis waar die werk is, maar die af­ge­lo­pe 12 jaar is die noor­de­li­ke voor­ste­de van Kaapstad huis vir June. Sy het drie broers en húl­le woon in die Wes-Kaap en Vry­staat en is dus ver van haar ma af. En dis juis hier­die af­stand wat June se hart al­tyd be­noud laat klop wan­neer sy ’ n op­roep uit Beau­fort-Wes kry.

VER VANN MA

“Dis al­tyd moei­lik vir my om ver van Mam­mie af te wees, maar sy wíl al­leen woon en is so on­af­hank­lik soos ’n tie­ner,” voeg June skert­send by. Maar dan raak sy erns­tig wan­neer sy voort­gaan: “El­ke keer as ek ’n op­roep uit Beau­fort-Wes ont­vang, hoop ek al­les is or­raait by die huis. Mam­mie is nou oud en om­dat ons (sy en sib­be) nie na­by haar bly nie, raak ’n mens soms be­kom­merd, maar ek pro­beer om nie te veel daar­oor te dink nie, want an­ders nooi jy hier­die sleg­te din­ge in. Ons pro­beer al­tyd om op goeie e­ner­gie te kon­sen­treer so­dat ’n mens nie sleg­te din­ge in­nooi nie.”

Die eer­ste bes­te ding wat June ge-

doen het toe sy die nuus van die in­braak kry, was om haar ma te bel om self by haar te hoor of sy ou­kei is. Daar­na het sy haar ma se bu­re ge­bel so­dat hul­le haar so­lank kon by­staan ter­wyl June plan­ne ge­maak het om in Beau­fort-Wes uit te kom.

GEE OM VIR ME­KAAR

“Ek het baie hul­pe­loos en angs­tig ge­voel om­dat ek nie gou by my ma kon uit­kom nie. Dis al­tyd ’n di­lem­ma vir my, maar ek weet Mam­mie is in goeie han­de en dat die men­se op die dorp vir me­kaar uit­kyk en dit laat mens ge­rus voel.” Maar al het sy hier­die vre­se, stel dit tog June ge­rus dat haar ma op ’ n plat­te­land­se dor­pie bly waar die waar­des van reg­te buur­man­skap nog be­houe bly. Op dié dor­pies gee men­se op­reg om oor of hul buur­man- of vrou or­raait is en nie hulp no­dig het nie. Iets wat in die ste­de ver­lo­re gaan en waar bu­re soms in koe­ran­te eers lees van ver­skrik­li­ke goed wat in die huis langs­aan of in hul straat ge­beur het. Sul­ke goed laat June se hart warm klop vir haar men­se en sê dís die ti­pe er­fe­nis wat haar wat sy hoop baie meer Suid-A­fri­ka­ners sal aan­neem om die gees van “u­bun­tu” le­wen­dig te hou. “Daar­die plat­te­land­se men­se het my ge­leer oor lief­de en om­gee vir jou me­de­mens. Gee tot jy nie meer kan nie en jy sal meer kry. Wees lief vir al­mal en han­teer hul­le soos jou fa­mi­lie en dit is wat ek graag wil hê my le­ga­cy ook moet wees.” Sy voel die waar­des van ge­meen­skap – re­spek, sa­me­syn en die wys­he­de wat die ou­er ge­ne­ra­sies ge­deel het – gaan van­dag ver­lo­re om­dat men­se nie meer tyd maak vir die ou­er men­se en met hul­le ge­sels nie. Sy voel as ons meer van daar­die waar­des uit­leef, ons meer be­grip vir me­kaar sal hê en el­ke per­soon vir hul eie jour­ney sal re­spek­teer.

“Want in ’ n land soos Suid-Afrika met ons ge­skie­de­nis van on­ge­lyk­heid is dit soms mak­lik om te sê men­se moet die ver­le­de ver­geet en aan­be­weeg. Maar wan­neer ek nou te­rug­dink aan my stu­den­te­dae toe ek op die trein in ’ n an­der ge­deel­te as my wit me­de-stu­den­te moes sit, be­sef ek ons elk­een het ons eie her­in­ne­rin­ge van hoe din­ge was en dit het men­se op ver­skil­len­de ma­nie­re ver­an­der,” ver­tel June.

June sê al is sy al de­ka­des in die ver­maak­be­dryf en is dit nou al 20 jaar se­dert ons as ’ n land de­mo­kra­sie en vry­heid ont­vang het, raak sy soms steeds angs­tig wan­neer sy in ’ n plek op­tree waar sy as tie­ner nie wel­kom was nie.

Sy was on­langs deel van ’ n te­a­ter­pro­duk­sie in die Ka­roo en moes vir ’ n oom­blik stil­staan en haar­self kal­meer en sê, “dit is ou­kei, June, jy is nou ou­er en mág hier wees,” want haar laas­te her­in­ne­ring by daar­die spe­si­fie­ke plek was toe sy as 17-ja­ri­ge weg­ge­jaag is. So seer soos dit ge­maak het, het June dit in leer­sko­le om­skep en sê dit het ge­help om haar as per­soon te vorm.

Hier­die ne­ga­tie­we er­va­rings van des­tyds het ook by­ge­dra tot haar vaar­dig­heids­ont­wik­ke­ling as ak­tri­se, want wan­neer sy ’ n ka­rak­ter moet ver­tolk soos dié van Sa­ra in Sa­ra se Ge­heim op kykNET, het sy ’ n plek bin­ne in haar om er­va­rin­ge te gaan haal wat haar help met haar to­neel­spel.

“My jour­ney is nie die­self­de as jou jour­ney nie en ons al­mal maak vre­de daar­mee op ons eie tyd, want nie al­mal het die kans ge­kry om deur die on­reg­ver­dig­heid van a­part­heid te werk nie. En som­mi­ges pro­beer nou nog oor­leef as ge­volg van die kan­se wat hul­le ge­mis het. As ek dink aan er­fe­nis is dit ’n baie per­soon­li­ke ding en ons moet me­kaar as men­se van SuidA­fri­ka leer ken, so­dat ons meer re­spek kan hê,” sê sy.

June sê voorts wat haar pla, is dat baie van ons steeds praat van “ons” en “hul­le” en dit daar­om mak­li­ker is om me­kaar seer te maak om­dat ons nie die moei­te doen om me­kaar se kul­tu­re en om­stan­dig­he­de te leer ken nie.

OU WAAR­DES

“As jy ie­mand ken en hul­le by die naam kan noem, sal jy twee keer dink oor hoe jy hul­le be­han­del en dit kom weer­eens te­rug na die ou men­se se ma­nier van din­ge doen en daar­die waar­des wat vir my so be­lang­rik is,” sê sy.

June gaan voort: “Ons moet baie be­wus wees oor wat ons sê en hoe ons op­tree, want ons moet die voor­beeld wees vir die jon­ger ge­ne­ra­sie. Wat ons doen en hoe ons die ver­le­de han­teer, speel ’n rol in hoe hul­le op­tree en wat hul­le dink reg en ver­keerd is. Hul­le moet van daar af hul le­ga­cy bou en ek glo as ons leer om me­kaar te be­han­del soos wat ons graag wil hê an­der vir ons moet be­han­del, sal ons ’n ster­ker er­fe­nis en bood­skap vir die vol­gen­de ge­ne­ra­sie kan ag­ter­laat.”

June sê as sy net vir een per­soon kan in­spi­reer om an­der te re­spek­teer en hul dro­me te volg, voel sy sy het ’n le­ga­cy ge­bou.

Wees lief vir al­mal en han­teer hul­le soos jou fa­mi­lie ene dit is wat ek graag wilw hê my le­ga­cy ook moet wees.we JUNE VAN MERCH

HOOFFOTO: Ak­tri­se June van Merch is trots op haar er­fe­nis. ON­DER: June kui­er in Beau­for­tWes by haar ma, Ou­sie. REGS: June en Da­wid Min­naar is ma en seun in Sa­ra se Ge­heim.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.