Ing­rid Jo­nes:

Sy moes leer om haar mond oop te maak. Nou hoop sy om an­der vroue te in­spi­reer om hul sê te sê oor din­ge wat saak maak.

Kuier - - Die span - DEUR MARTELI BREWIS

Só­laat­sy­haar­stem­hoor

Ing­rid Jo­nes (57) is nie op haar bek ge­val nie. Sy sê haar sê, co­me hell or high wa­ter. Maar sy was nie al­tyd só nie en sy moes leer om haar stem te vind. En nou­dat sy een van die for­mi­da­be­le vroue is wat op kykNET&kie se nu­we, op­win­den­de ge­sels­pro­gram,

Tus­sen Ons, ge­sels oor dit wat vir SuidA­fri­kaan­se vroue saak maak, hoop sy an­der vroue sal ook húl stem vind . . .

“Selfs nog op u­ni­ver­si­teit was ek te skaam om al­leen ka­fe­te­ria toe te loop. Ek sou eer­der hon­ger bly!” ver­tel sy lag­gend. Vol­gens haar het sy ’ n swak self­beeld ge­had en vir haar plat­te­land­se Bon­nie­va­le­hart was Kaapstad baie in­ti­mi­de­rend. Sy het al­tyd eer­der ge­skryf as ge­praat.

Op Tus­sen Ons, aan­ge­bied deur Tra­cey Lan­ge, laat Ing­rid saam met haar “me­de­ge­sel­sers”, Success Le­ka­be, Kay Kar­riem en Zel­da la Gran­ge, ky­kers se mon­de oop­hang oor wat hul­le soms kwyt­raak, maar nie­mand kan wag om te hoor wat hul­le vol­gen­de gaan sê nie.

Ing­rid is ’ n be­sig­heids­vrou, uit­voe­ren­de be­stuur­der, re­dak­teur, TV-per­soon­lik­heid, pi­o­nier, ’ n ak­ti­vis en een van die eer­ste bruin vroue wat be­gin práát het en só ook ’ n rol­mo­del (hoe­wel sy nie haar­self só wil be­skryf nie) ge­word het.

“Ek weet nie eint­lik hoe dit ge­beur het nie. Die be­doe­ling is nie om ’ n i­con te wees nie. I just do w­hat I do. Ek wou mos eint­lik ’ n pre­di­kant ge­wees het, so e­ni­ge seep­kis­sie is vir my lek­ker!” terg sy.

As sy vroue kan in­spi­reer om te be­gin praat, so­veel be­ter, maar sy wil nie ’ n rol­mo­del wees nie. “Men­se sal goed in hul vrien­de­krin­ge sê, in ’ n be­skerm­de om­ge­wing, en ek dink om­dat ons maar sê wat ons dink en wil, praat men­se deur jou. Hul­le vind aan­klank by wat jy sê. Hul­le sal dit dalk nie self sê nie, maar ackno­w­led­ge da­rem daar is ’ n ge­sprek wat be­sig is om te ge­beur,” ver­dui­de­lik Ing­rid.

Dis vir haar lek­ker om te sien hoe­veel moei­te die vroue doen wat deel is van die ge­hoor.

“Jy kan die e­ner­gie in die ge­hoor voel as hul­le met jou saam­stem en dit is nog­al vir my ver­stom­mend,” meen sy. En mis­kien, as “rol­mo­del­le” goed aan­spreek wat jy nie wil nie, gaan vroue dalk meer be­mag­tig be­gin voel om die­self­de te doen.

PRAAT NIE UIT NIE

Vroue praat oor die al­ge­meen nie som­mer uit nie. Die “si­lent ge­ne­ra­ti­on” het daar­die na­la­ten­skap ge­los. “Ek dink dis ons le­ga­cy. Ons was al­tyd aan die on­der­kant – as jy trou, word jou man die hoof van die huis, dan moet jy na die kin­ders om­sien, so jy is eint­lik al­tyd heel­te­mal laas­te op jou lys,” ver­dui­de­lik sy.

Dit raak ge­luk­kig al min­der om­dat die “mil­len­ni­als” (die­ge­ne wat tus­sen 1983 en 2000 ge­bo­re is) nie reg­tig om­gee wat hul­le doen of sê nie, maar daar is men­se wat steeds te bang is hul­le gaan aan­ge­val word as hul­le sê wat hul reg­tig dink.

So as ’n vrou nie ’ n kom­pli­ment kan gee nie, dan bly sy eer­der stil.

“Dis vir my sad dat men­se steeds nie vry ge­noeg voel nie. Daar is nou po­li­ti­cal vry­heid, maar in­di­vi­du­e­le vry­heid is iets heel­te­mal an­ders en jy moet dít self aan­vaar.”

Ing­rid ver­tel sy het self eers haar eie stem ge­vind in 1986 toe sy be­gin skool­hou. “Dit was in die hit­te van die po­li­tie­ke stryd en ons skool was mid­de-in die goed. Ex­cel­si­or Se­kon­dêr (in Bel­har in die Kaap) was in daar­die tyd die ‘ skool of shame’ as ge­volg van die ben­de­ge­weld wat rond­om die skool aan­ge­gaan het. Ek het net een­dag be­sef ek kan mos nie stil­bly en sien wat met my kin­ders ge­beur nie. Dis nie reg nie. En as jy eers die eer­ste keer ge­praat het, dan is jy fi­ne,” ont­hou sy. Nie lank daar­na nie het sy ’ n ge­sprek tus­sen die ou­ers en die skool ge­lei om ben­de­ge­weld aan te spreek. Van toe af het sy nog nooit w weer stil­ge­bly nie.

Die is­sue is wat die naas­te aan haar hart lê, is jong mei­sies wat nie ’n stem het nie, wat uit ag­ter­gron­de kom waar ver­skrik­li­ke din­ge met hul­le ge­beur. Ing­rid se dog­ter is nou 19 en sy slaap nie snags nie, want sy is be­kom­merd oor haar dog­ter se vei­lig­heid.

Tog maak ge­wo­ne men­se haar trots om Suid-A­fri­kaans te wees. “Net so­dra jy dink ons kan ac­tu­al­ly nie er­ger as dit nie, dan is daar ie­mand of iets wat ge­beur, wat so a­ma­zing is dat jy weet dié is die e­nig­ste land vir jou,” sê sy op­ge­won­de.

Vir haar is dit be­lang­rik om te ont­hou dat die nu­we Suid-Afrika nou maar eers 21 jaar oud is en, soos men­se ook, gaan daar nog baie st­rug­gles wees voor­dat die land “vol­was­se” kan raak. “Daar wag nog ’n paar storm-en-drang ja­re, want ons is al­mal be­sig om ons­self te vind,” sê sy. So­lank men­se me­kaar net nie “be­doos” nie. Dít is ’n woord wat Ing­rid, ’n A­fri­kaan­se on­der­wy­ser, self op­ge­maak het vir die eer­ste e­pi­so­de van Tus­sen Ons, wat in­tus­sen soos ’n veld­brand ver­sprei het. Hier­mee ver­wys na hoe men­se me­kaar al­tyd in bok­sies wil druk.

LOS DIE BOKSE

Ing­rid self word ook nog baie be­doos, selfs deur haar fa­mi­lie.

“Ek word baie ge-ty­pe­cast as die erns­ti­ge een wat die swaar in­houd bring. Ek lag blyk­baar nie baie nie. Maar eint­lik lag ek baie, nie­mand vang my net ooit met ’n fo­to nie. Ek dink ek is eint­lik hi­la­ri­ous­ly fun­ny,” skerts sy. In die ver­le­de het dit haar baie ge­pla, maar sy gee nie eint­lik meer om nie. Sy is wie sy is en klaar. “Jy kan mos nie help as jy slim is nie, man! Ek kan mos nou nie my­self be­doos om­dat an­der men­se dit doen nie,” lag sy.

Net soos ge­wo­ne vroue, is Ing­rid on­langs hard ge­tref deur le­ë­nes­sin­droom. Sy ver­moed dis dalk om­dat sy eers op 38 ma ge­word het.

“Dit was glad nie be­plan nie. Ek het ’n hal­we ei­er­stok oor­ge­had en die dok­ter het ge­praat van aan­neem,” ont­hou sy.

Kin­ders was nooit deel van haar plan nie. Nou kan sy nie haar le­we son­der haar dog­ter in­dink nie.

“Ons le­wens het toe half daar­om ge­draai. Sy was twee we­ke oud toe gaan sy saam met ons na ’n jazz-kon­sert toe. Sy was al­tyd daar en nou skie­lik niks en nie­mand nie en wat moet jy nou maak?” won­der sy.

Sy moes haar­self her­de­fi­ni­eer en an­der ma­nie­re vind om sin­vol te wees om die leem­te te vul. Dees­dae oor­weeg sy dit om ’n kin­der­boek te skryf vir jong mei­sies – ge­ïn­spi­reer deur haar dog­ter – om is­su­es aan te spreek soos hoe om on­af­hank­lik te wees, dat jou ha­re en jou kle­re jou nie de­fi­ni­eer nie en dat jy ’n mens in eie reg is.

Die straig­ht ver­sus so­ge­naam­de kroes­ha­re pla haar ook steeds. “Op se­ke­re plek­ke is ha­re steeds ’n kwes­sie – dat straig­ht ha­re ’n aan­dui­ding van klas is en dat jy eint­lik ’n bie­tjie be­ter is as an­der men­se as jou ha­re glad is.” Sy hoop jong men­se sal be­gin be­sef jy is nie jou ha­re of jou kle­re nie – jy is jy. “Dit is die a­ma­zing ding van nou le­we – jy kan net jy wees.”

Ing­rid se groot­ste wens is dat die jeug sal be­gin op­staan vir en aan­dring op ge­hal­te-on­der­wys. “As jy op­ge­voed is, kan nie­mand met jou kop mors nie,” meen sy.

“Stel jou­self bloot aan goed wat jou on­ge­mak­lik maak. As jy ’n re­ak­sie het oor ie­mand wat gay is, want jy kom uit ’n ag­ter­grond waar men­se sê dis ver­keerd, ex­po­se jou­self daar­aan. As jy ’n vrou is wat mis­han­del word by die huis, gaan na goed toe waar hul­le vir jou be­ter oor jou­self laat voel, so­dat jy em­po­we­red kan word om te sê ge­noeg is ge­noeg. Stel jou­self bloot aan goed wat jou jou­self laat be­vraag­te­ken,” ver­dui­de­lik sy.

“Dit help nie jy het vrien­din­ne wat net soos jy is nie, want dan gaan jy niks leer nie. Wees vrien­de met men­se wat jou kwaad of on­ge­mak­lik maak, want dít gaan jou laat groei. Droom groot en as jy een droom be­waar­heid, is dit goed!”

En met haar le­wens­mot­to “go big or go ho­me” is Ing­rid Jo­nes be­slis be­stem vir nog groot din­ge!

HOOFFOTO: Ing­rid Jo­nes is nie skaam om bors skoon te maak op die ge­sels­pro­gram Tus­sen Ons nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.