BOODSKAPPE

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek dans uit­bun­dig in die re­ën om sy koms te vier ter­wyl die wind koud aan my wan­ge pluk. Ge­niet ek die bal­da­dig­heid van die drup­pels wat in die voor­tjie dans. Die dam­me ont­waak oop­bek. Om el­ke drup­pel op te slurp. ’n Droë swan­ger reuk damp uit die grond uit op. Don­der­weer dreun on­heil­spel­lend op uit die ver­te. Nooi die blits en wind uit om saam te dans. B­lit­se ver­hel­der die nag­ruim. In die lig af­ge­ëts die mis vlaag vaal teen berg se glim. Die a­sem van die wind raak stil en die bo­me buk kaal, ge­diens­tig. Ver­wel­kom die len­te . . . ANDREWS LEROY, CERES

Kui­er, jul­le het my nu­we hoop ge­gee. Ek is ook ’ n Ellen Pak­kies met my e­nig­ste seun, maar ek bly ’n bid­den­de moe­der. Wat seer­maak, is die men­se wat oor­deel. Hul­le het geen be­nul waar­deur jy as ou­er gaan nie. En hier plaas jul­le my bood­skap as­of God en my oor­le­de Moe­der vir my sê, “staan een­vou­dig op!”. Baie dan­kie, jul­le is my rots. NORMA JANUARY, ATHLONE

Baie dan­kie vir jul puik tyd­skrif, ver­al Au­gus­tus-maand s’n. Ek het ’n brein­o­pe­ra­sie ge­had en Kui­er was deel van my ge­sond­word met al die in­spi­re­ren­de sto­ries, wen­ke en ver­se uit die By­bel. Mag jul­le nog ve­le ja­re ge­not bring aan men­se net soos ek. JOCELYN HOLLAND, MILNERTON

Kui­er is ’n men­se-tyd­skrif wat so na aan men­se se har­te is. Ek hoop dit was ’n les vir tal­le jong mei­sies ( Slaaf in die vreem­de, 22 Au­gus­tus) – dat gras nie groe­ner aan die an­der kant is nie. LILY, UITENHAGE

Dis ver­skrik­lik hoe ons jeug lyk van die eu­wel tik ( Tik teis­ter fa­mi­lies, 22 Au­gus­tus). Ek kry die mei­sies jam­mer wat so mis­bruik word. Ons bruin men­se het nie meer ’n toe­koms nie. As ons mooi kyk, is die mees­te in tron­ke, bruin. By re­habs, bruin. Gang­sters is bruin. En dit het al­les net ge­beur om­dat kin­ders kan maak soos hul­le wil. Re­ëls in die hui­se is uit. Ek het drie seuns (36, 32 en 26 jaar oud). Ek het vir hul­le ge­sê “as jy nie on­der my re­ëls wil staan nie, dáár’s die deur. Dit staan heel­dag oop. Jy kan net gaan.” So hul­le weet en van­dag is ek ’n trot­se ma, nie om­dat hul­le en­ge­le is nie, maar ek hoef nie skaam te wees vir hul­le nie. My hart bloei vir die ou­ers wie se kind tik. Baie dan­kie vir die per­fek­te tyd­skrif, ek mis dit nooit. DORA DRAMAT Die ar­ti­kel oor hoe om te vas ( Vas die vet weg, 22 Au­gus­tus) het my aan­dag ver­skrik­lik ge­trek. Dan­kie vir die in­lig­ting. Ek ver­staan nou baie be­ter. ELLEANOR FELIX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.