Kool­bre­die met ’n ker­rie­kin­kel

Kuier - - In Die Kombuis -

Ge­noeg vir 4

Hier­die ge­reg neem my te­rug na my kin­der­dae en dis een wat my ou­ma aan va­ders­kant som­mer so “al­ong the way” op­ge­maak het. Sy het dit al­tyd met ’n kom­bi­na­sie van kop­kool en blom­kool ge­maak. Ek het eg­ter net kop­kool in dié re­sep ge­bruik.

BE­STAND­DE­LE

2 eet­le­pels son­ne­blom­o­lie 500 g lams­vleis (rib­be­tjies is ’n puik op­sie) 1 groot ui, op­ge­sny 2 lou­rier­bla­re (bay le­a­ves) 3 na­el­tjies 1 kop­kool, op­ge­sny 4 me­di­um aar­tap­pels, in klei­ne­ri­ge blok­kies ge­sny

Ker­rie­meng­sel

1 tee­le­pel k­nof­fel, ge­ras­per ½ tee­le­pel gem­mer, ge­ras­per 1 tee­le­pel ris­sie­poei­er 1 tee­le­pel pa­pri­ka ½ tee­le­pel bor­rie ½ tee­le­pel fyn kol­jan­der ½ kop­pie wa­ter 1 eet­le­pel a­syn 1 tee­le­pel sui­ker

METODE

Meng al die be­stand­de­le vir die ker­rie­meng­sel en hou een­kant. Braai die uie in die son­ne­blom­o­lie tot sag en geu­rig. Voeg die vleis, lou­rier­bla­re, na­el­tjies en ker­rie­meng­sel by. Roer deur en prut oor lae hit­te vir om­trent 30 mi­nu­te. Voeg nou die kool en aar­tap­pels by. Be­dek en prut vir ’n ver­de­re 30 – 40 mi­nu­te tot die vleis en groen­te sag is. Roer deur en geur met sout soos no­dig. Be­dien warm op wit­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.