Le­wer­koe­kies

Kuier - - In Die Kombuis -

Le­wer on­ge­veer 12 me­di­um koe­kies

BE­STAND­DE­LE

400 g bees­le­wer, in blok­kies ge­sny ½ ui, fyn­ge­kap ¼ kop­pie groen soet­ris­sie, fyn­ge­kap 1 tee­le­pel sout ½ tee­le­pel grow­we swart­pe­per ’n K­nip­pie fyn na­el­tjies ’n K­nip­pie neut­mus­kaat (nut­meg) ½ kop­pie koek­meel 2 ei­ers O­lie vir vlak­braai

METODE

Maal die le­wer fyn in ’ n voed­sel­ver­wer­ker of meul­tjie en skep uit in meng­bak. Voeg die res van die be­stand­de­le by en roer goed deur. Ver­hit die o­lie in ’n pan tot ma­ti­ge hit­te. Skep ruim eet­le­pels van die be­slag in die warm o­lie en braai tot bruin, draai om en doen die­self­de aan die an­der kant. D­rei­neer op kom­buis­pa­pier en be­dien warm met groen­te van jou keu­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.