Die Gatsby

Kuier - - Promosie -

Ras­haad Pan­dy (66), ei­e­naar van Su­per Fis­her­ies in Athlone op die Kaap­se Vlak­te, word be­skou as die“va­der van die gatsby”. Op ’n so­mers­aand in 1976 is die heel eer­ste gatsby per toe­val in Kaapstad ge­maak. Ras­haad het op daai dag wer­kers ge­huur om hom ’n erf te help skoonmaak.“Dit was ’n lang dag en die man­ne was hon­ger. Ek moes vin­nig op my voe­te dink en iets vir hul­le maak om te eet. Ek het in die win­kel rond­ge­kyk en daar­die vier be­stand­de­le was al wat ek kon kry.”Hy het die oor­skiets­lap­tjips van die dag weer warm ge­maak, die po­lo­ny ge­bak en dit al­les met die at­jar bin­ne in die Por­tu­gue­se brood­rol­le­tjie ge­druk. Hy het dit in vier stuk­ke ge­sny en ’n stuk­kie vir el­ke wer­ker ge­gee. Een van die wer­kers het ge­sê dis ’n“smash gatsby”– soos die i­ko­nie­se te­a­ter­stuk The G­re­at Gatsby, wat rond­om die­self­de tyd in die plaas­li­ke te­a­ter ge­speel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.