Die seer­ste seer

Can­di­ce het die vol­maak­te le­we tot­dat dit on­her­roep­lik uit­me­kaar ge­ruk word word deur ’n sin­ne­lo­se daad. Sy weet nie hoe om aan te be­weeg nie. Sal daar ooit weer lig aan die ein­de van hier­die diep, don­ker ton­nel wees?

Kuier - - Kinderspeletjies - DEUR TANIELLE HUMPHREYS

Ek het al­weer daar­die droom ge­had. Die een waar­in dit voel ek val ’n e­wig­heid en dan skrik ek wak­ker net voor­dat ek die grond tref.

Ek weet dat ek my gaan dood­val as ek nie wak­ker skrik nie. Ek kan dit voel wan­neer ek moeg en uit­a­sem wak­ker skrik, son­der dat ek dit ooit in my dro­me sien.

“Jy sal by ’ n dok­ter of iets moet uit­kom, Can­di­ce, jy sal nie só kan aan­gaan nie,” sê Sharon. Ek weet sy is be­kom­merd. Sy is die e­nig­ste per­soon met wie ek ge­sels oor die dro­me.

Ek pro­beer lig van die si­tu­a­sie maak net om haar van my ca­se af te kry. “Ag, Sharon, jy is mos nou my dok­ter. Ek praat met jou en dan voel ek be­ter . . .” Ek weet sy glo dit nie, maar ten min­ste glim­lag sy, hoe­wel die glim­lag bit­ter­soet is.

El­ke nag, vir die af­ge­lo­pe drie jaar, droom ek die­self­de droom ná daar­die nood­lot­ti­ge dag wat my le­we on­her­roep- lik ver­an­der het. Die mees­te van die tyd voel dit as­of my le­we daar­die dag met­eens ge­ëin­dig het.

My ge­dag­tes gaan nog ver­der te­rug. . . Ek het S­haun ont­moet by die u­ni­ver­si­teit se o­pe­dag toe ek in ma­triek was. Dit was lief­de met die eer­ste oog­op­slag. Tot van­dag glo ek dit met al­les bin­ne my.

Hy het by ’n ta­fel ge­staan met ’ n paar an­der jong mans. Hul­le het pam­flet­te uit­ge­deel aan al die ma­tri­ku­lan­te en ek kon my oë nie van hom af­hou nie.

“Wees deel van die fa­mi­lie,” het hy ge­sê met ’ n glim­lag so mooi dat ek vir ’ n oom­blik ver­geet het om a­sem te haal. Hy het die prag­tig­ste sag­bruin oë en ’ n weel­de­ri­ge dik bos bruin ha­re ge­had.

Ek het nog nooit in my le­we so ’n aan­trek­li­ke man ge­sien nie. Daar was ’ n se­kon­de van oog­kon­tak tus­sen ons en net daar en dan het ek ge­weet dat ons twee nog ’ n lang pad saam gaan stap.

“Ek is S­haun . . .” Hy het nog ver­der ge­praat, maar ek het geen oor­tui­ging no­dig ge­had om daar­die u­ni­ver­si­teit te kies nie.

Ek het deel van die kam­pus­fa­mi­lie ge­word. Ek het deel van S­haun se le­we ge­word. Ek het my plek ge­vind.

My ou­ers het ge­sê dat dit maar net kal­wer­lief­de was; dat ek nog te jonk was om in so ’n erns­ti­ge ver­hou­ding te wees, maar ek het van be­ter ge­weet. My ou­ers het uit­ein­de­lik ons ver­hou­ding aan­vaar en tog lief ge­word vir S­haun. Hul­le kon sien hoe lief hy my ge­had het.

“Can­di­ce, sal jy met my trou?” het hy hur­kend ge­vra ter­wyl hy tot bin­ne in my siel ge­kyk het. Vier jaar na­dat ons ont­moet het, was ons ver­loof. ’n Jaar ná die ver­lo­wing was ons ge­troud. Ons was on­af­skeid­baar, bes­te maats en dol­ver­lief.

’n Jaar ná ons troue was ek swan­ger en ons dog­ter­tjie, Le­ah, was ge­bo­re. Al­les het so vin­nig ge­beur, maar ons kon nie

ge­luk­ki­ger wees nie. Waar ons net twee was en net vir me­kaar ge­le­we het, het ons ’ n kos­ba­re ge­sken­kie ge­kry om ons le­wens te vul.

S­haun het al­tyd ge­sê, “Le­ah het ga­te kom vul wat ons nie ge­weet het be­staan nie.” Sy was ons al­les. Le­ah was die mooi­ste ba­ba ooit. Haar wan­ge het haar o­gies toe­ge­druk wan­neer sy ge­lag het. Haar lag was reg­tig ons har­te se lied. Sy het ons leg­kaart vol­tooi. My ge­sin, my won­der­li­ke, prag­ti­ge ge­sin.

Ons was op pad van ’ n kin­der­par­ty­tjie af. Een van Le­ah se maat­jies, Jes­si­ca, het vyf ge­word en Le­ah se vyf­de ver­jaar­dag sou die vol­gen­de Dins­dag wees. Ek ont­hou steeds hoe die rooi kar teen ’ n hoë spoed in ons baan aan­ge­ry ge­kom het.

“Can­di­ce, ons gaan dit nie maak nie!” het S­haun ge­skree en toe die slag. Ek moes ie­wers ge­du­ren­de die rol van die kar my be­wus­syn ver­loor het, want ek het wak­ker ge­skrik in die hos­pi­taal. “Is Le­ah ou­kei? Is S­haun ou­kei?” Mam­mie wou nie ant­woord nie. Die ver­pleeg­ster wou nie ant­woord nie. My ma het net be­gin huil.

Die ver­pleeg­ster het my ma uit die ka­mer ge­neem en te­rug­ge­kom met dok­ter An­der­son. Voor­dat hy nog sy mond oop­ge­maak het, het my hart in mil­joe­ne klein stuk­kies ge­breek.

“Ons is jam­mer, Can­di­ce,” het dok­ter An­der­son ge­sê met ’ n ge­sig wat al­les ver­klap. “S­haun en Le­ah het dit nie ge­maak nie,” het hy dit uit­ein­de­lik uit­ge­kry.

My ge­sin – my man, my dog­ter. Weg, vir e­wig. My leg­kaart in mil­joe­ne klein stuk­kies wat nooit weer heel sal wees nie.

Wat Le­ah se vyf­de ver­jaar­dag­par­ty­tjie sou wees, was toe ’ n be­graf­nis vir my man en kind. Dit kon ek nooit voor­spel nie. En dit is iets wat ek vir nie­mand toe­wens nie. Nie­mand nie.

Dit is die seer­ste seer om my ge­sin só te sien en om te weet niks gaan ooit weer die­self­de wees nie.

My en­gel­kind het so uit­ge­sien na haar vyf­de ver­jaar­dag. Sy het só uit­ge­sien na haar par­ty­tjie. ’ n Dag wat vir ons vreug­de moes bring, het ont­aard in ’ n tra­gie­se nag­mer­rie. ’ n Nag­mer­rie wat el­ke dag voor my af­speel.

Ek kan die twee kis­te wat in die grond sak, nie uit my kop kry nie. Die be­sef dat ek hul­le nooit weer gaan sien nie, die fi- na­li­teit van al­les het daar­die dag in­ge­sink, maar ook nie.

“Hul­le is in ’n be­ter plek, my kind,” het an­tie S­tie­nie ge­sê ter­wyl sy my rug ge­vryf het toe ek by die oop graf staan.

Ek wou skreeu. Ek wou goed breek en rond­gooi en my ha­re uit my kop trek, maar al wat ek kon doen, is nog har­der huil. La­ter het ek son­der tra­ne ge­huil.

S­haun en Le­ah was van my ge­steel en hier ver­tel men­se my dat hul­le in ’n be­ter plek is! Hul­le was ge­luk­kig by my. Ons drie was “’n be­ter plek”!

Vir maan­de lank het ek steeds ge­kook vir drie. Ek het sog­gens op­ge­staan om vir S­haun en Le­ah ont­byt te maak.

“Kos is op die ta­fel!” sou ek roep, maar daar was geen ant­woord nie.

Die klank van Le­ah se klein voet­jies wat in die gang aan­ge­hard­loop kom, was weg. Niks “Op pad, my skat!” van S­haun af nie.

Hul­le was nie meer daar nie. Hul­le sou nooit weer daar wees nie. Ek was al­leen met net her­in­ne­rin­ge om my dae te vul en steeds was my dae dol­leeg.

Daar is niks meer soen­tjies nie. Daar is nie meer “Mam­mie-Mam­mie” of ’n voet­jie-voet­jie-spe­le­tjie sog­gens met my man as ek wak­ker skrik nie. Waar is die arms wat my moet om­vou wan­neer ek ’n sleg­te dag ge­had het? Die­self­de arms wat my moes om­vou, is die arms waar­na ek el­ke dag ver­lang.

Ek het kwaad ge­word toe ek in die hof sit en na die man wat die on­ge­luk ver­oor­saak het, luis­ter. Hy het my he­le le­we van my af weg­ge­neem en al wat hy kon sê was, “Ek is ver­skrik­lik jam­mer, Can­di­ce.” So as­of dit al­les wat hy ge­doen het, al­les wat hy van my af weg­ge­vat het, gaan te­rug­gee.

Ek was kwaad om­dat hy net “jam­mer” kon sê. Ek was kwaad om­dat hy dronk was toe hy die on­ge­luk ge­maak het en ek was kwaad om­dat sy eie prag­kind, Jes­si­ca, son­der haar pa sou groot­word vir 20 jaar. Ek is hart­seer dat ’n dronk be­stuur­der se on­ver­skil­lig­heid twee van die prag­tig­ste le­wens kort­ge­knip het; hart- seer dat ’n dog­ter­tjie son­der haar pa moes groot­word; en hart­seer dat ’ n vrou son­der haar man moet le­we. My hart is stuk­kend om­dat een per­soon se ak­sies so­veel ver­woes­ting kon saai. Ek is kwaad om­dat hy sy eie le­we ver­woes het.

Ek spring el­ke nag in my dro­me van die­self­de brug af en ek val tot­dat ek wak­ker skrik. Dik­wels won­der ek of ek nie dalk vir S­haun en Le­ah gaan sien as ek die grond tref nie. An­der tye voel ek dat die droom ’ n te­ken is dat ek nog le­we. Dit moet tog iets be­te­ken. Al voel dit vir my as­of ek niks meer be­te­ken nie.

“Jy is nie al­leen nie,” sê my ma al­tyd. En wan­neer ek vir haar vra, “Nou hoe­kom voel ek dan so al­leen, Ma?” dan kan sy nie ant­woord nie, want sy weet dit is die waar­heid. Ek is ge­bro­ke, my leg­kaart is flen­ters, maar ek dink el­ke dag aan S­haun en Le­ah. Hoe kan ’ n mens men­se ver­geet wat jou al­les is? Was?

Som­mi­ge tye sit en glim­lag ek vir al die mooi her­in­ne­rin­ge, maar wat van as ek nie meer so goed ont­hou nie? Die mees­te van die tyd huil ek nog. My wan­ge is al teer van al die huil. Ek weet nie of ek ooit gaan op­hou huil nie, ek weet nie of dit ooit mak­li­ker gaan word nie. Maar ek weet ek moet aan­hou le­we, dit is wat hul­le sou wou hê al voel dit vir my dit is die erg­ste ding vir my om te doen. Vir wie sal ek le­we?

“Sharon,” be­gin ek toe my vrien­din my vir die hoe­veel­ste keer kom troos, “ek wil pro­fes­si­o­ne­le hulp gaan kry. Sal jy . . . sal jy saam met my gaan?”

Sharon glim­lag reg­tig vir die eer­ste keer in ’ n baie lang tyd, “Can­di­ce, ek het ge­dog jy gaan nooit vra nie.”

Ek haal diep a­sem. Dit is nou weer tyd vir my om weer heel te word . . . Dit weer tyd om te le­we al is dit met die seer­ste seer.

Jy sal by ’n dok­ter of iets moet uit­kom, Can­di­ce, jy sal nie só kan aan­gaan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.