WOOR­DE MAAK SÉÉR

In Suid-Afrika dra ons swaar aan die ver­le­de en ras­sis­me. Hy wens men­se wil eer­der by me­kaar leer, maar hoor is min . . .

Kuier - - Mening - DEUR BRENDEN RUITER

As jy niks goed het om van en vir ie­mand te sê nie, bly stil.

My wit kol­le­ga kom een­dag by die werk en vra vir my en ’ n an­der (bruin) kol­le­ga, hoe wil ons hê moet na ons ver­wys word. K­leur­ling? Bruin?

Dié kol­le­ga kom uit ’n dorp waar daar nie juis baie bruin men­se was toe sy groot­ge­word het nie. Som­mi­ge plek­ke is soos daai. Daar waar ek groot­ge­word het, was nie Mos­lems nie. Die des­tyd­se te­le­vi­sie het ook nie veel ge­help nie, want ’n mens het net wit men­se ge­sien. So ek ver­staan en ek waar­deer die feit dat sy vra hoe ons ge­noem wil word.

Ek is reg­tig nie ’ n ou vir la­bels nie, maar as ek dan nou iets ge­noem moet word, laat dit maar bruin wees. Of die lek­ker een, kal­lid of­te­wel Co­lou­red. Maar om va­ders­naam net nie k­leur­ling nie.

“Is dit dan nie die­self­de ding nie?” mag jy vra, maar dit is nie. As ek k­leur­ling hoor, laat dit my dink aan ’ n ou wit man wat nie weet wat om met my te maak of wat om my te noem nie. Bruin en kal­lid is woor­de waar­mee ek my­self ver­een­sel­wig en wat ek self kies en daar­om ge­mak­lik is om ge­noem te word.

Net soos die woord k­leur­ling ver­af­sku ek ook die woord “blan­ke”. Ek wil nie te voor­skrif­te­lik wees nie, maar ek as ek ’ n wit ou was, sou ek nie blank ge­noem wou word nie. Die kon­no­ta­sies uit die ver­le­de is nie po­si­tief nie.

Woor­de is mag­tig. Die By­bel is vol waar­sku­wings oor die mag van woor­de. Spreu­ke 12:18 sê: “Praat son­der om te dink, kan soos dolk­ste­ke wees; wy­se men­se bring ge­ne­sing met wat hul­le sê.” Dít is waar­in die uit­da­ging lê. Dink ons oor hoe an­der men­se voel voor ons iets sê? Soms is ons so kwaad dat ons net iets uit­bla­ker son­der om twee keer te dink.

Selfs in ons hui­se moet ons woor­de ver­sig­tig kies. Soms, ty­dens ’ n stry­e­ry, kan ons ’ n woord sê wat baie seer­maak. Ek het al vrees­li­ke pyn ver­oor­saak deur woor­de te sê wat ek eer­der nie moes nie.

Hoe­veel van ons ge­bruik nie die af­sku­we­lik­ste woor­de wan­neer ons dink ons is in ’ n be­skerm­de om­ge­wing nie? Om die braai, in die kroeg, by die rug­by, voor die te­le­vi­sie en selfs met ons kin­ders. Dit hoef nie eens oop en blo­te ras­sis­me te wees soos die k-woord nie. Uit­druk­kings soos “ti­pies”, “hul­le” of “die volk”. Wie van ons doen dit?

Die af­ge­lo­pe we­ke het die land weer­eens be­sef hoe mag­tig woor­de is toe ’ n Suid-A­fri­ka­ner op ’ n G­riek­se strand die ge­wraak­te k-woord ge­bruik het. Bin­ne dae ná sy uit­spraak het A­dam Cat­za­velos se fa­mi­lie hom uit die fa­mi­lie­on­der­ne­ming ge­skop, hy is sy kin­ders se skool ver­bied en is kri­mi­neel aan­ge­kla.

Er­ger nog is dat die on­der­ne­ming dalk sy deu­re moet sluit om­dat an­der on­der­ne­mings vir wie hul­le ’ n ver­skaf­fer is, wei­er om met hul­le sa­ke te doen. Uit­ein­de­lik gaan al die wer­kers dalk hul werk ver­loor. Dit ter­wyl A­dam be­sluit het om nie weer na SA te­rug te keer nie en sy fa­mi­lie ook la­ter sal moet pad­gee. Al bo­ge­noem­de ge­beur oor die on­deur­dag­te kwaad­wil­li­ge ge­bruik van een woord.

Wat sal dit kos om hier­die land skoon te maak van die la­bels wat ons aan me­kaar hang? Die re­a­li­teit is ons he­de en ons toe­koms is ver­weef met me­kaar. Ten­sy jy een van die min ry­kes is wat kan be­kos­tig om die pad oor­see te vat, is jy ver­plig om hier te bly en dit te maak werk. So hoe gaan ons maak? Ons kan klein be­gin deur te vra wat ons nie weet nie. Is jy ge­mak­lik as ek dit of dat doen? Hoe voel jy as ek dit of dat sê? Klein goed. Kom ons leer om me­kaar te ver­staan.

Ma­di­ba se hart was ook nie al­tyd wit­ter as sneeu nie. Hy het ge­haat, maar het be­sef haat is ’n aan­ge­leer­de e­mo­sie. Lief­de is ’n e­mo­sie wat meer na­tuur­lik kom. “Een van die din­ge wat ek ty­dens die on­der­han­de­lin­ge ge­leer het, is dat al­vo­rens ek my­self ver­an­der, kan ek nie an­der ver­an­der nie,” het hy ge­sê. Kom ek en jy ge­bruik dié jaar, die jaar wat Ma­di­ba se 100ste ver­jaar­dag sou wees, om klein ver­an­de­rin­ge aan ons­self te maak.

Die be­lang­rik­ste van al­les is, ons moet leer hoe om met en oor me­kaar te praat.

Daar­die ou waar­heid is van­dag nog gel­dig: “As jy niks goed het om van en vir ie­mand te sê nie, bly stil.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.