Uit­ge­vang!

Dees­dae ge­bruik skelms el­ke truuk in die boek om jou geld te steel. Hul­le kom met lief­de, SMS’e, friend re­que­sts, SIM swaps en al­ler­han­de skelm­stre­ke. En hul e­nig­ste doel is om jou rot en kaal te be­steel.

Kuier - - Wendydavids - DEUR MAR­TE­LI B­RE­WIS

Jy het $500 000 ge­wen in ’n lot­te­ry waar­voor jy nie eens in­ge­skryf het nie. ’ n Duit­se fa­mi­lie­lid (van wie jy nog nooit ge­hoor het nie) sterf en jy “as e­nig­ste erf­ge­naam” kan mil­joe­ne erf as jy net die bank­kos­tes dek. Jy ont­moet die man van jou dro­me en hy steel al jou geld. Mi­cro­soft het ’ n pro­bleem met jou re­ke­naar ont­dek en sal dit gou vir jou reg­maak as jy net jou pas­s­word vir die man op die foon gee. Jy kry ’ n fan­tas­tie­se werk, maar jy moet net ’ n aan­soek­fooi be­taal voor­dat jy kan be­gin.

Dié is maar net en­ke­le voor­beel­de van die tal­le s­cams waar­mee skelms ge­wo­ne men­se wil vang en uit­buit. En dis moei­lik om al­tyd op jou hoe­de te wees, ver­al as die aan­bod on­ge­loof­lik goed klink.

C­had T­ho­mas, hoof-fo­ren­sie­se on­der­soe­ker by IRS Fo­ren­sic In­ves­ti­ga­ti­ons, ver­tel s­cams neem met ’ n stink spoed in Suid-A­fri­ka toe, ver­al in­ter­net-ver­bon­de sa­ke. Een van die al­ge­meen­ste skelm­stre­ke waar­on­der Suid-A­fri­kaan­se vroue dees­dae deur­loop, is die so­ge­naam­de “da­ting scam syn­di­ca­tes”. C­had sê dié sin­di­ka­te tei­ken en­kel­lo­pen­de of ge­skei­de vroue en we­du­wees via so­si­a­le me­dia en da­ting web­tuis­tes. “Dit is hart­seer om te dink dié men­se buit een­saam­heid tot so ’n ui­ter­ste uit. Die sin­di­kaat ge­bruik vals fo­to’s en na­me. Hoe­wel die Val­ke reeds ’n he­le paar van dié swen­de­laars ge­ï­den­ti­fi­seer en ge­ar­res­teer het, is dit as­of daar net meer en meer van hul­le is.”

UIT MIL­JOE­NE GESCAM

Ie­mand wat ’ n duur les ge­leer het oor hoe blind die lief­de kan wees, is Ma­thil­da Crous* (64) van Jo­han­nes­burg. Sy is te bang om haar naam te ge­bruik, uit vrees vir die man wat haar in twee en ’ n half jaar uit by­na R1,7 mil­joen gescam het.

’n Tyd­jie ná haar man en haar sus­ter se dood, het ’ n aan­trek­li­ke vreem­de­ling vir Ma­thil­da friend re­que­sts op Facebook be­gin stuur. Hy was baie aan­hou­dend en in haar bro­se, een­sa­me toe­stand het sy dit aan­vaar. Vir am­per ’n jaar het die twee vir me­kaar boodskappe ge­stuur en aan ’ n vriend­skap ge­werk. Uit­ein­de­lik het hul­le me­kaar twee, selfs drie keer per dag ge­bel, hoe­wel hul­le nooit ont­moet het nie.

Al het hy ’ n sterk ak­sent ge­had, het sy nie on­raad ver­moed nie. Mi­ke* was glo ’ n aan­trek­li­ke we­we­naar van Kaap­stad met ’n 11-ja­ri­ge dog­ter. Sy vrou is blyk­baar in S­we­de oor­le­de aan ’ n oor­do­sis.

“Ek het in daar­die sta­di­um net ie­mand no­dig ge­had wat in my glo, vir my om- gee en om daar te wees vir my,” er­ken Ma­thil­da. Ná ’ n ge­rui­me tyd het ’ n “hart­ge­bro­ke” Mi­ke vir Ma­thil­da ver­tel sy dog­ter het ’ n hart­oor­plan­ting no­dig en dat sy ook as­ma­ties is. Hy het haar ge­smeek om as­se­blief vir hom geld te leen so­dat hy vir die o­pe­ra­sie kan be­taal en be­lo­we hy sal haar el­ke sent te­rug­be­taal, met ren­te. Hy het kas­tig ’ n erf­por­sie ge­had wat sou los­kom, as­ook ’ n kon­trak met En­gen vir $1,6 mil­joen vir vier we­ke se werk.

Dít was maar net die be­gin van ’n reeks leu­ens en leë be­lof­tes wat haar le­we sent vir sent ver­woes het. Kort daar­na was hy glo in Lon­den en moes geld leen om be­las­ting te be­taal. Die sto­ries het net meer uit­spat­tig ge­raak. Haar dog­ter het haar ge­waar­sku sy maak ’ n fout, maar dit het Ma­thil­da net kwaad ge­maak. “Ek was so stu­pid, maar ek het hom ge­glo, el­ke woord en el­ke sto­rie! Ek het hom ten vol­le ver­trou,” ver­tel sy ver­slae.

Deur die loop van hul “ver­hou­ding” het sy haar huis, kar en al haar be­sit­tings ver­koop en sy is haar erf­por­sie kwyt om Mi­ke te help. Sy het R20 000 by ’ n vrien­din ge­leen – ’ n be­drag wat sy tot van­dag toe nog suk­kel om te­rug te be­taal en sy moes ook by haar dog­ter in­trek.

Mi­ke het haar ook pro­beer oor­reed

om haar dog­ter se goed te ver­koop – iets wat sy ge­luk­kig nooit eens oor­weeg het nie. Na­dat sy ge­wei­er het, het hy op haar ge­voe­lens be­gin speel deur te sê as sy werk­lik lief is vir hom, sal sy hom nie wei­er nie. Sy het selfs pro­beer self­moord pleeg na­dat haar si­tu­a­sie haar in ’n diep, don­ker de­pres­sie ge­dom­pel het.

Ma­thil­da, wat eens re­de­lik ge­mak­lik ge­leef het, oor­leef nou op ’n ka­ri­ge staats­pen­si­oen. “Ek het nie ’n pen­nie op my naam nie. Ek het niks oor nie, net my dog­ter,” sê sy moe­de­loos ter­wyl die tra­ne sag­gies oor haar wan­ge rol. Mi­ke het haar uit nie net haar geld nie, maar haar wil om te le­we, ge­boe­lie. Sy waar­sku an­der om skep­ties te wees, al­tyd op te pas en nie mak­lik te ver­trou nie. As ’n man te goed lyk om waar te wees, is hy tien teen een. “Maak baie se­ker, want hul­le is baie glad en skerp met die mond,” meen sy.

Van­dag glo sy Mi­ke is deel van ’n Ni­ge­rie­se sin­di­kaat, ver­al om­dat sy steeds van tyd tot tyd op­roe­pe kry van Ni­ge­rie­se nom­mers. Nie­mand praat nie, maar ’n mens kan op die ag­ter­grond mun­te hoor wat in ’n blik val – ’n ter­gen­de drei­ge­ment en her­in­ne­ring aan wat ge­beur het.

NOG SLENTERS

Nog ’ n baie ge­wil­de be­drog­spul is die so­ge­naam­de “kaal­fo­to”-scam. Dit werk só: ie­mand be­vriend jou op so­si­a­le me­dia (ge­woon­lik met ’n vals fo­to en naam). Hul­le be­gin ’ n vlei­en­de ge­sprek met jou, wat dan na WhatsApp oor­be­weeg. Die ge­sprek vor­der gou tot “sex­ting” (boodskappe wat sek­su­eel van aard is) en die skelm stuur ’ n kaal­fo­to van hom- of haar­self en vra jou om die­self­de te doen. So­dra jy jou kaal­fo­to ge­stuur het, be­gin hy jou af­pers dat hy jou fo­to op pu­blic fo­rums soos Facebook gaan post as jy nie geld stuur nie.

Vals ten­ders is nóg ’n slen­ter wat tans be­sig­he­de tei­ken. Vol­gens C­had ont­vang jy ’n e-pos wat baie pro­fes­si­o­neel lyk, klaar­blyk­lik van’ n so­ge­naam­de re­ge­rings­de­par­te­ment. Daar­in word ver­dui­de­lik dat hul­le jou no­dig het om ’ n spe­si­fie­ke pro­duk te vind, waar­voor hul­le ’ n se­ke­re be­drag voor sal be­taal. Die pro­duk is meest­al iets on­ge­woon, maar wan­neer jy dit in Google soek, is daar ’ n plaas­li­ke web­blad wat daar­die pre­sie­se pro­duk aan­bied. Wan­neer jy die nom­mer op die web­blad kontak, ver­dui­de­lik ie­mand vir jou dat die pro­duk tans hoog in aan­vraag is en dat hul­le be­perk­te voor­raad het teen ’n se­ke­re prys. Die kos­te is aan­sien­lik min­der as wat die “re­ge­ring” vir jou aan­ge­bied het, wat be­te­ken dat jy ’n groot wins kan maak. Om­dat daar “be­perk­te voor­raad” is, be­stel en be­taal jy da­de­lik. Maar dit kom nooit by jou uit nie om­dat dit in die eer­ste plek nooit be­staan het nie. Die web­blad is vals en word ge­woon­lik ver­wy­der so­dra jy be­taal het. Al­le foon­nom­mers wat jy ge­had het, hou op werk en met jou geld is dit neu­sie ver­by.

In Suid-A­fri­ka, waar die werk­loos­heid­sy­fer by 27% draai, is die werk-s­cams be­son­der ge­meen en baie suk­ses­vol. Die nuut­ste weer­ga­we, vol­gens C­had, is dat jy’ n ag­ter grond­on­der­soek( ba c k grou n d check), in­slui­tend’ n kre­diet-en mis­daad­re­kord on­der­soek moet laat doen. Die “werk­a­gent­skap” laat jou weet dat hul­le slegs een or­ga­ni­sa­sie hier­mee ver­trou en gee vir jou ’n e-pos­a­dres waar­na jy jou de­tails moet stuur. Jy word dan ge­vra om vir jou on­der­soek te be­taal voor­dat jy werk kan kry. Die kos­te is ge­woon­lik rond­om R300 per aan­soe­ker – R300 wat jy nooit weer gaan sien nie, vir ’n werk wat nooit eens be­staan het nie.

’n An­der slen­ter wat dees­dae o­ral kop uit­steek, is kar-ver­koop s­cams. ’n Kar word ge­ad­ver­teer teen ’n goeie prys op ’n aan­lyn “clas­si­fieds”-web­blad. Wan­neer jy die ver­ko­per kontak, ver­dui­de­lik hul­le vir jou daar is baie men­se wat be­lang­stel, maar as jy ’n de­po­si­to be­taal, is die kar jou­ne. Die ver­ko­per stuur vir jou bank­be­son­der­he­de en ’n ko­pie van sy ID en be­stuurs­li­sen­sie om vir jou te be­wys hy is eer­lik en werk­lik. Maar hy is nie. Die do­ku­men­te is óf ver­vals óf ge­steel. Vol­gens C­had word die mees­te van dié bank­re­ke­nings ge­o­pen met be­hulp van ge­steel­de i­den­ti­tei­te. En dan an is dit maar weer Jantuis­bly se kar­re­tjie jie vir jou.

Sa­bric (South h A­fri­can Ban­king Risk In­for­ma­ti­on Cen­t­re), re), ’n or­ga­ni­sa­sie wat die pu­bliek pro­beer r be­skerm teen ver­al bank­slen­ters, se be­stu­ren­de di­rek­teur, Ka­ly­a­ni Pil­lay, waar­sku aar­sku iets wat ver­al aan die toe­neem is, is so­ge­naam­de “phis­hing”- of uit­vis­sing- in­ge-pos­se wat vra dat jy op ’n ska­kel in die e-pos pos kliek. Jy word her­lei na ’n vals web­blad wat so eg lyk dat dit jou oor­tuig om jou sen­si­tie­we fi­nan­si­ë­le in­lig­ting te gee, ve­ri­fi­eer of op te da­teer.

SIM-BEDROG

Nóg ’n slen­ter wat in Suid-A­fri­ka pos­ge­vat het, is ’n “SIM-swap”. Ka­ly­a­ni ver­dui­de­lik as jou sel­foon sein ver­loor waar jy ge­woon­lik sein het, moet jy se­ker maak jy was nie dalk die slag­of­fer van ’n “SIMswap” nie. Dit is waar jou bank-PIN en wag­woord deur mis­da­di­gers ver­kry is deur uit­vis­sing. Húl­le sal dan ’n OTP (one ti­me pas­s­word) ont­vang wan­neer tran­sak­sies be­klink word, eer­der as jy.

Dan is daar ook “phis­hing”. Dit is wan­neer ’n skelm jou bel en maak as­of hy ’n bank­wer­ker of diens­le­we­raar is. Hy of sy ge­bruik slink­se tak­tie­ke om jou te ma­ni­pu­leer om ver­trou­li­ke in­lig­ting te gee om­dat jy vas glo dit is reg­tig die bank of diens­ver­skaf­fer. Dié in­lig­ting word dan ge­bruik om jou te be­steel.

“S­mis­hing”, kort vir “SMS phis­hing”, is soos uit­vis­sing, be­hal­we dat jy ge­fnuik word om ge­vaar­li­ke pro­gram­me of jou foon of ta­blet af te laai, wat ge­bruik word om sen­si­tie­we in­lig­ting te be­kom. Jy ont­vang ge­woon­lik ’n SMS wat vra dat jy op ’n ska­kel kliek of ’n nom­mer bel.

Sa­bric se raad is: Moe­nie som­mer op ska­kels kliek nie. De­le­te e-pos­se van on­be­ken­des. Ge­bruik moei­li­ke wag­woor­de en ver­an­der dit gereeld.

Ban­ke sal jou nooit vra om ver­trou­li­ke in­lig­ting oor die foon of e-pos te gee nie.

As jy ’n OTP kry en jy het nie ’n tran­sak­sie ge­maak nie, het ’n skelm dalk jou in­lig­ting. Kontak jou bank on­mid­del­lik. *S­kuil­naam

SMSSMS’ee is ’n ge­wil­de ma­nier van s­cams ver­sprei. SCAM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.