HALLO MY KUI­ER- MENSE,

Kuier - - Kuierhoekie -

Dié uit­ga­we skiet nie te­kort aan in­te­res­san­te lees­stof nie.

Lees as­se­blief die s­to­rie oor men­se­han­del (bl. 16). Dit gaan jou op­nuut skok, maar ho­pe­lik ook meer be­dag maak op ve­ral kinders se vei­lig­heid, want dit kan reg­tig met e­nig­een ge­beur!

En as jy, soos ek, suk­kel met jou ge­wig, moe­nie ver­by die ar­ti­kel oor vet­sug (bl. 44) blaai nie! Die syfers is so skok­kend, dis ge­noeg om ’n mens op­nuut te in­spi­reer om ge­sond te be­gin eet. Ek gaan ook be­slis al die tips (bl. 28) ge­bruik om slim te pak vir my vol­gen­de trip. Maak ook se­ker jy kry ons vol­gen­de uit­ga­we vir die twee­de plak­stuk van ons MSC-kom­pe­ti­sie, want ’n boot­be­derf is net die ding om die nu­we jaar reg af te skop.

Ok­to­ber is bors­kan­ker­be­wus­heids­maand en ek wil reg­tig al ons le­sers aan­moe­dig om hul­self te laat toets. Ken­ners sê jy het ’n baie gro­ter kans om die siek­te te klop as dit vroeg op­ge­spoor word, so maak ’n plan.

Ek kan ook nie ge­noeg uit­ge­praat raak oor van­jaar se Pienk P­le­sier-funk­sie nie! Baie dan­kie aan ons bor­ge, die s­pan en al ons gas­te wat die dag so be­son­ders ge­maak het.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.