Acid-aan­val: Ma moet le­we met let­sels

’n Wild­vreem­de­ling se sin­ne­lo­se daad het haar on­her­ken­baar ver­mink en tot van­dag weet dié ma nie hoe­kom nie. Maar al het sy nie ant­woor­de of jus­ti­ce ge­kry nie, leef sy vol­uit.

Kuier - - Inhoud - DEUR MARTELI BREWIS

’nMens kla so mak­lik oor hoe jy lyk – niks is mos ooit pre­sies reg nie. Maar wat as jy skie­lik dié voor­reg ont­neem word? Só was ’ n ma van drie in ’ n oog­wink die gesig wat sy el­ke mô­re in die spie­ël ge­sien het, kwyt toe ’ n wild­vreem­de­ling o­ën­skyn­lik son­der re­de, een aand suur in haar gesig ge­gooi het.

Die sin­ne­lo­se daad het Tracey-Lee Thuynsma (41) van Mit­chells Plain in die Kaap, se le­we on­her­roep­lik ver­an­der. Dit gaan ’n mens se ver­stand te bo­we hoe ie­mand uit die blou­te iets so af­sku­we­liks aan ie­mand an­ders kan doen. Vir die hoe­koms en waar­oms het Tracey nie ant­woor­de nie, maar sy ver­tel wat daar­die nood­lot­ti­ge aand ge­beur het.

Dit was net ná werk op 31 Maart 2000 – meer as 18 jaar ge­le­de toe dit am­per on­ge­hoord was om vroue met suur aan te val. Tracey het daar­die Vry­dag­aand tot se­we­uur by Mi­la­dys in Ty­ger­val­lei-win­kel­sen­trum ge­werk. Sy het nog daar­na uit­ge­sien om die na­week ’ n bie­tjie tyd saam haar dog­ter­tjie en haar ver­loof­de deur te bring. Haar jon­ger sus­ter het ty­de­lik ook by die win­kel ge­werk en dié twee is ou­der­ge­woon­te met die bus huis toe.

Die bus­stop was om­trent vyf mi­nu­te se stap van haar ma se huis af. Dié aand het haar sus­ter ge­dren­tel, want sy het ge­wag vir haar kê­rel wat haar by die bus- stop moes oes ont­moet. Tracey was eg­ter haas­tig huis h i toe t om­dat d t sy op­ge­won­de d was om vir haar dog­ter­tjie (toe 2) ’n ge­skenk te gaan gee. “Ek het al die shop­ping-sak­ke en my hand­sak in my arms ge­had.”

DIE GRU-AAN­VAL

Tracey ver­moed haar aan­val­ler moes haar vir ’n he­le tyd­jie dop­ge­hou het om haar roe­ti­ne te ken. “Ek het net oor die straat ge­loop toe daar skie­lik ie­mand voor my ver­skyn,” ont­hou sy.

“Ek het die heel­tyd om­ge­kyk na my sus­ter en toe ek een keer weer te­rug­draai, toe is hy net daar. Ek was haas­tig en dit was am­per as­of hy nie wou hê ek moet ver­by hom gaan nie. Dan dié kant toe, dan daar­die kant toe.”

Uit­ein­de­lik het sy hom op sy skou­er ge­tik om te vra of sy kan ver­by­kom. Dis tóé dat sy die kop­pie oor sy skou­er sien kom en ’n koue nat­tig­heid op haar gesig voel. Die man het daar­na soos ’n skim in die nag ver­dwyn.

“Al wat ek kan ont­hou, is dat my a­sem weg­ge­slaan het, ek kon niks sien nie en het ’n blackout ge­had,” ver­tel sy. Sy het wak­ker ge­skrik in haar buur­vrou se bad­ka­mer. Die fol­te­ren­de pyn het haar on­op­hou­de­lik laat skree. Sy suk­kel om in woor­de die in­ten­se, bran­den­de pyn te be­skryf en dis nie ’n er­va­ring wat sy ooit weer wil her­leef nie. “Dit het ge­brand. Dit was ’ ’n i in­ter­ne t pyn wat t di die­per en di die­per ge­gaan het. Ek kon voel hoe iets my vel laag vir laag vreet. Dit het ge­voel my bors slaan toe en ek kon nie a­sem kry nie,” ont­hou sy.

Die nood­diens­te het in­tus­sen laat weet hul­le moet ys op haar gesig hou om die pyn te pro­beer stil. Die pyn het haar vir maan­de ná die voor­val steeds ge­teis­ter. Hul­le was ook be­kom­merd dat die suur in haar mond sal gaan en haar keel weg­vreet, maar ge­luk­kig is sy ten min­ste dit ge­spaar.

Tot van­dag toe nog kan Tracey nie uit­pluis waar hy van­daan ge­kom het en of hy dalk in ’n bos vir haar ge­sit en wag het nie. Die man het voor haar weg­ge­loop en nooit om­ge­kyk nie. Hy was ’n bie­tjie lan­ger as sy en het ’n wit T-hemp en ’n swart de­nim­broek aan­ge­had. Dít is al wat sy van die mon­ster wat am­per haar le­we ver­nie­tig het, kan ont­hou.

Dis eers toe sy by die hos­pi­taal aan­kom en hul­le haar in­spuit vir die pyn dat sy be­sef het sy kan glad nie uit haar lin­ker­oog sien nie. Haar ma, wat nag en dag by haar was, het toe vir haar ver­dui­de­lik die suur het haar reg in haar oog ge­tref en dat die res van haar gesig eint­lik net met drup­pels suur be­spat is. Haar oog­le­de, wenk­brou, al­les is to­taal en al be­ska­dig en dok­ters moes uit­ein­de­lik haar

oog ver­wy­der om­dat dit in­fek­sies ver­oor­saak het. Sy ver­dui­de­lik dit het meer ge­lyk soos ’n vis se oog as haar oog. “Ek dink dít was die mees trau­ma­tie­se deel van hier­die he­le er­va­ring, my heel groot­ste ver­lies. Toe hul­le my uit daar­die te­a­ter stoot, was ek heel­te­mal ’n an­der mens,” sê sy erns­tig. Tot van­dag toe nog loop sy selfs by die huis met ’n pleis­ter oor die plek waar haar lin­ker­oog eens was. Sy kan dit nie ver­dra om daar­na te kyk nie.

Die Sa­ter­dag­og­gend ná die voor­val toe sy al­leen in haar hos­pi­taal­bed lê, het sy vir die eer­ste keer be­gin be­sin oor wat ge­beur het. Sy was oor­wel­dig deur vrae soos “hoe­kom?” en “hoe­kom ek en hoe­kom my gesig?”. Die feit dat dit haar gesig was, het vir haar laat dink die aan­val was per­soon­lik, maar tog kon sy nie aan e­nig­ie­mand dink wat so wreed­aar­dig teen­oor haar sou op­tree nie.

Dit was vir haar vir baie lank daar­na baie frus­tre­rend dat sy nooit ant­woor­de sou kry nie. Sy het haar ge­voe­lens van wan­hoop op haar ma uit­ge­haal en sy voel van­dag steeds skul­dig. “My ma het haar bes ge­doen om my nog wan­ted te laat voel, maar op daar­die sta­di­um was dit te veel vir my,” er­ken sy.

Sy het ruim­te no­dig ge­had om te rou, het sy la­ter be­sef. Tracey be­won­der haar ma se in­ner­li­ke krag tot van­dag toe. Sy het be­sef sy moet haar aan­val­ler ver­ge­we, so­dat sy kan aan­gaan met haar le­we.

“Ek weet steeds nie hoe­kom hy dit ge- doen het nie. Ek weet nie of hy ’ n re­de ge­had het en of ie­mand hom dalk ge­kry het om dit te doen nie. Par­ty men­se vra of dit dalk nie ’ n eks-ou­tjie is nie. Maar om vir jou die waar­heid te sê, ek kan nie aan e­nig­ie­mand dink wat ek ken, wat tot so ’ n ek­streem sal gaan nie,” er­ken Tracey, ná al hier­die ja­re steeds ver­ward oor die mo­tief van die wre­de aan­val.

Dit het haar aan­vank­lik ge­pla dat men­se steeds hul eie sto­rie­tjies op­maak oor hoe­kom dit juis met haar ge­beur het, maar dees­dae het sy vre­de ge­maak met wat ge­beur het en steur sy haar­self nie aan skin­der­bek­ke nie.

“Ek het vir my­self ge­sê ek gaan nie net in ’ n hoek sit nie. Ek het ’ n klein dog­ter­tjie,” ver­tel sy vas­be­ra­de oor haar plan om vol­uit te le­we.

AL­LES IS AN­DERS

Hoe lan­ger ’ n mens na Tracey luis­ter, hoe min­der sien jy haar ui­ter­li­ke let­sels en hoe meer sien jy die in­ner­li­ke sterk vrou met ’ n hart van goud.

Toe haar dog­ter­tjie haar die eer­ste keer kom be­soek het ná die voor­val, was sy al­reeds ’ n paar we­ke in die hos­pi­taal. Sy was ’ n bie­tjie bang oor hoe haar kind sal re­a­geer wan­neer sy haar mam­ma soos ’ n mum­mie, heel­te­mal be­dek met ver­ban­de, sou sien. “Ek het af in die gang ge­kom en sy het in die wag­ka­mer ge­staan. Toe sy my sien, skree sy op­ge­won­de ‘ dis my Mam­mie se pa­ja­mas! Mam­mie is dit jy?’,” ont­hou sy en haar oog spran- kel soos sy glim­lag. Nie­mand kon haar kind keer toe sy soos ’n vuur­pyl be­gin hard­loop en in haar ma se arms spring nie. Tracey het sag­gies vir haar ver­dui­de­lik dat hul­le haar he­le gesig moes ver­bind om­dat dit baie seer is. Van die be­gin af wou Tracey nie haar dog­ter trau­ma­ti­seer nie en sy en haar fa­mi­lie het se­ker ge­maak haar dog­ter weet dis ou­kei om bang en on­se­ker te voel, maar dat sy nooit haar ge­voe­lens moet weg­steek nie. En dat sy al­tyd kan sê wat sy dink.

“Sy was my son­skyn! Sy het tal­le ke­re vir my ge­sê ‘moe­nie wor­ry nie, ek weet jy is pret­ty’,” sê Tracey trots. Sy sou ook ge­reeld vir on­ge­skik­te vreem­de­lin­ge wat staar, ge­sê het: “Moe­nie so na my Mam­ma kyk nie. Sy is mooi vir my.”

Sy het tal­le vel­oor­plan­tings (meer as 10 in die eer­ste maand) ge­had en se­dert­dien het ’n baie goeie plas­tie­se chi­rurg aan haar neus en gesig ge­werk. Hy het ook haar bo-lip reg­ge­maak, want die suur het dit op­ge­trek. Sy kon as ge­volg daar­van nie haar mond heel­te­mal toe­maak of be­hoor­lik eet of drink nie, want die kos het uit­ge­val. Tot en met 2012 moes sy ge­reeld vir o­pe­ra­sies gaan. “Dit het in ’n sta­di­um vir my ge­voel as ’n dok­ter net vir my kyk dan wil hy aan my sny,” lag sy.

Die dag toe sy ont­slaan is, het sy vir die eer­ste keer in twee maan­de haar­self ge­sien. Een van die ver­pleeg­sters, So­nia, het haar ha­re mooi ge­maak en by haar ge­pleit om net een keer in die spie­ël te

kyk voor­dat sy die wê­reld in­stap. Tracey kan ont­hou hoe stil die ka­mer was. Die bed­de­goed nog op­ge­from­mel op die bed. Haar tas­se ge­pak in die hoek van die ver­trek. “Toe ek na my­self kyk, het ek net so ge­free­ze, ge­staar. Ek het ge­weet dit was vroe­ër baie rooi­er en dat daar bor­rel­tjies op my vel was soos wat die suur dit am­per af­ge­smelt het. Maar ek kon nie op­hou staar nie. Ek het my­self nie ge­ken nie!” ver­tel sy.

Dit was eers in die kar op pad huis toe, toe an­der men­se in die ver­keer haar oop­mond aan­gaap dat sy die vol­le im­pak van daar­die aand be­gin be­sef het en ’ n voor­smaak van haar nu­we le­we ge­kry het. Sy ont­hou sy het ge­reeld ver­geet hoe sy lyk, rond­ge­loop met ’ n glim­lag op haar gesig, want dit is die ti­pe bor­re­len­de mens wat sy is en dan met ’ n slag weer ont­hou hoe sy lyk wan­neer men­se ge­skok na haar staar of in die ver­by­gaan kom­men­taar le­wer op hoe sy lyk.

Daar was tye na­dat sy ont­slaan is dat sy in de­pres­sie ge­dom­pel was, nie die krag ge­had het om uit die bed op te staan, te stort, aan te trek en die wê­reld in die gesig te staar nie. “Dit was ’ n groot aan­pas­sing. Ek het nie ge­weet of ek weer sal kan werk nie. Hoe gaan die men­se dan na my kyk? Hoe gaan ek die wê­reld in die oë kyk? Wat gaan ek met my le­we doen? Gaan my ver­loof­de nog met my wil trou?”

En dan was daar ook die kon­stan­te pyn – as­of naal­de haar in die gesig steek, vir maan­de ná die voor­val. Op hier­die sta­di­um het haar fa­mi­lie haar nooit al­leen ge­los nie, want hul­le was bang sy neem haar eie le­we. “Jy wil net in die bed bly, want daai is jou nu­we le­we,” ont­hou sy af­ge­trok­ke.

Op ’n dag het sy net be­sef dat sy, ter wil­le van haar dog­ter, moet aan­gaan met haar le­we. “Ek kon nie in ’n hoe­kie gaan sit en vir my dog­ter wys dis ou­kei om net op te gee nie.” Par­ty­keer sit sy steeds en won­der hoe haar le­we sou wees as sy nooit daar­die aand op die ver­keer­de plek was nie. Tog laat sy nie toe dat sul­ke ge­dag­tes haar vir te lank on­der­kry nie.

ONDERSTEUNING

Haar ver­loof­de (nou haar man) was ook ont­set­tend on­der­steu­nend, al het sy hom pro­beer ver­stoot. Die eer­ste keer wat hy haar by die hos­pi­taal kom be­soek het, het sy hom met die stuk hoen­der ge­gooi wat hy vir haar ge­bring het vir mid­dag­e­te. Hy het eg­ter aan­hou te­rug­kom en haar nooit al­leen ge­los nie. “Dit was vir hom ook maar swaar en ver­al frus­tre­rend om­dat hy nie ge­weet het wie dit was en hoe­kom nie,” ont­hou sy.

Tot van­dag toe nog, as hul­le ê­rens loop en men­se staar na haar, raak haar man baie ont­steld. Sy voel dis maar net deel van die le­we, maar waar­deer dat hy steeds so be­sker­mend teen­oor haar is. Sy raak self eg­ter steeds om­ge­krap as vreem­de­lin­ge in haar gesig kom staan en uit­vra as­of hul­le ’n reg het om haar per­soon­li­ke sto­rie te ken, uit blo­te nuus­kie­rig­heid. Hoe­wel hy ’n stil man is, het hy haar el­ke dag ver­se­ker van sy lief­de vir haar, dat sy steeds die­self­de Tracey, sý Tracey is.

Twee jaar ná die voor­val, op haar trou­dag, was dit die eer­ste dag dat sy weer kerk toe ge­gaan het. Dit was toe dat sy werk­lik ge­weet het sy gaan ou­kei wees. “Daar was nie ’n droë oog in die ge­bou nie!” ont­hou sy met ’n glim­lag.

“Mi­la­dys is my twee­de bly­plek, my twee­de fa­mi­lie,” ver­tel sy op­ge­won­de. Sy werk in to­taal al am­per 13 jaar daar as ver­koops­da­me. Haar werk­ge­wers en kol­le­gas het haar ná die aan­val 100% on­der­steun, al was sy op daar­die sta­di­um nog net ’n paar maan­de in ’n per­ma­nen­te po­si­sie aan­ge­stel. In die tyd voor­dat sy weer kon gaan werk, was dit nooit vir haar no­dig om haar­self oor geld te be­kom­mer nie. Daar was al­tyd iets in haar bank­re­ke­ning aan die ein­de van die maand. Dit was ook te­rug by die werk dat sy weer soos haar­self be­gin voel het, met hul aan­vaar­ding en aan­moe­di­ging.

’n Mens sou dink dat dit vir haar moei­lik is om heel­dag te werk in ’ n kle­re­win­kel – ’ n plek waar sy an­der men­se help om op hul mooi­ste te lyk, ter­wyl sy steeds nie daar­van hou om na haar­self in die spie­ël te kyk nie. Die teen­oor­ge­stel­de is eg­ter waar. “Ek hou van met ver­skil­len­de men­se en praat en goed­jies by­me­kaar­sit en so,” bor­rel sy. Sy ge­niet dit dat haar dag nooit die­self­de is nie. Maar dees­dae is sy am­per meer van ’ n te­ra­peut as ’ n ver­koops­da­me. “Dis nie net van men­se aan­trek en help kle­re kies nie. El­ke per­soon het haar sto­rie. Daar is al­tyd ie­mand wat voel ek sal mis­kien haar sto­rie ver­staan, hoe sy voel, om­dat ek my sto­rie het. Ek dink dít help my baie el­ke dag – dat daar men­se is wat baie er­ger din­ge deur­gaan as ek. Som­mi­ge men­se se scars is bui­te, soos my­ne. Baie s’n is bin­ne, waar jy dit nie kan sien nie, maar elk­een het sy sto­rie,” ver­dui­de­lik Tracey.

So baie men­se lyk as­of hul­le al­les in plek het, maar aan die bin­ne­kant is hul­le seer en deur­me­kaar. Men­se sal met haar be­gin ge­sels om te sê hul­le be­won­der haar guts om el­ke og­gend op te staan en aan te gaan en die wê­reld in die gesig te kyk en só kry hul­le die vry­moe­dig­heid om hul hart­seer met haar te deel. Die sto­ries wat sy hoor, raak haar diep­ste bin­ne­ste en al hier­die men­se het ’ n plek­kie in haar hart. Dees­dae le­we Tracey son­der vrees. “Ek vat die le­we soos dit kom. Jy kan nie jou­self vir al­les voor­be­rei nie. Die le­we is on­ver­wags,” sê sy ’ n glim­lag wat die he­le ver­trek op­hel­der. Daar­om bid sy el­ke og­gend voor­dat sy uit die huis gaan en los haar en haar ge­lief­des se le­wens in die han­de van God. “Ek kan mos nie nié smi­le nie!” lag Tracey-Lee ter­wyl die fo­to’s ge­neem word.

HEEL LINKS: Tracey het al­te­saam meer as 20 o­pe­ra­sies on­der­gaan op haar gesig en nek. LINKS: Tracey op haar trou­dag. BO: Sy en haar man ná die ge­boor­te van hul seun. REGS: Tracey staan in Mi­la­dys in Ty­ger­val­lei waar sy steeds werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.