Op die veld: Vrou maak merk in mans­wê­reld

Sy maak haar merk op ’n ge­bied­ge­bied wat­wat vo­voor­heen­or­heen net vir mans was. Maar sy het nie net ’n ster­krk hart nie, sy het ook ’n baie groot een.

Kuier - - Inhoud - DEUR CHRISLYNNSLYNN SIAS

Al word sy soms toe­ge­snou met chau­vi­nis­tie­se aan­mer­kings, staan dié vrou­li­ke rug­by-, net­ba­len sok­ker­brei­er sterk in ’ n wê­reld wat dik­wels ge­sien word as een net be­doel vir mans.

Ju­a­ni­ta Ja­cobs (44) van I­das­val­lei in S­tel­len­bosch meen vroue is tot e­nig­iets in staat en nie net goed ge­noeg om in die kom­buis ag­ter die pot­te te boer nie. “’n Vrou se plek is nie net in die kom­buis of ag­ter ’ n les­se­naar as se­kre­ta­res­se nie. Dis ook soms in die skroei­en­de hit­te op ’n veld of waar ook al sy haar­self wil be­vind. Dis nie vir ie­mand an­ders om te be­sluit wat jou pas­sie is en waar in die wê­reld jou plek is nie.”

So­ver haar ken­nis strek, is Ju­a­ni­ta tans die e­nig­ste vrou­li­ke rug­by­af­rig­ter van ’ n mans­span in die Wes-Kaap. Sy is se­dert 2004 ’n rug­by­af­rig­ter, maar was in haar dae self ’ n kra­ni­ge net­bal- en rug­by­spe­ler. Sy het in graad twee (toe sub B) haar de­buut op die net­bal­veld ge­maak en dis toe dat die sport­gog­ga haar ge­byt het. “Ek het in sub B be­gin net­bal speel en se­dert­dien het ek my tyd met sport ver­dryf. Toe ek na Sa­sol­burg in die Vry­staat trek, het ie­mand my ge­vra of ek ’ n rug­by­spe­ler is oor my lig­gaams­bou en net daar en dan het ek be­sluit om rug­by te be­gin speel.”

En soos die spreek­woord lui, is die res ge­skie­de­nis.

Sy het uit­ge­draf vir die Leeus, Val­ke en Blou Bul­le. In haar speel­dae het sy ook bal ge­gooi in Ier­land. Lag­gend ver­tel sy oor haar her­in­ne­rin­ge aan haar dae as on­der meer ag­ste­man en sen­ter: “Dit was da­rem nou vir jou lek­ker. Was dit nie vir die ou­der­dom nie, sou ek nou nog op die veld rond­ge­draf het.” Hoe­wel Ju­a­ni­ta haar dae op die veld mis, ge­niet sy dit dees­dae net so­veel teen die kant­lyn in haar heil as af­rig­ter van die rug­by­klub Ky­le­mo­re se twee­despan.

En al is dit nou vir haar mak­li­ker as vrou­li­ke af­rig­ter, was dit eg­ter nie al­tyd die ge­val nie.

“Dit is ’n baie uit­da­gen­de rol ver­al om­dat dit vol­was­se mans is. Ek is baie mak­lik aan­pas­baar en pas my maar by e­ni­ge si­tu­a­sie aan. Ek dink ook eers al­tyd voor ek op e­nig­iets re­a­geer ver­al oor hoe ek die si­tu­a­sie gaan be­na­der. Ek praat sag, maar ferm. En ook baie dik­wels met ge­sag,” sê Ju­a­ni­ta.

“Goeie lei­er­skap het niks met ie­mand se ge­slag te doen nie. Dis die lief­de vir die sport en selfs be­lang­ri­ker nog, die om­gee vir die spe­lers wat reg­tig tel. Dit is ook wat my spe­lers en an­der span­ne be­sef en so­doen­de het ons nou al ’n we­der­syd­se re­spek vir me­kaar wat ver oor die gren­se van ’n rug­by­veld strek.”

PROJEKTE

In 2010 het Ju­a­ni­ta haar vol­tyd­se werk in Sa­sol­burg ge­los. Sy het te­rug­ge­keer na haar tuis­dorp, S­tel­len­bosch, om op sport­ont­wik­ke­ling in die ge­meen­skap te fo­kus deur haar or­ga­ni­sa­sie son­der wins­be­jag,

Im­pact Through Sport. Die or­ga­ni­sa­sie ge­bruik ver­skeie sport­soor­te en le­wens­vaar­dig­heids- le­we les­se wat fo­ku fo­kus daar­op om kinders te leer hoe ho om dis­si­pli­ne te hand­haaf en e ook a­ka­de­mies ge­fo­kus te bly deur mid­del van sport. “Deur sport wil ek ’ n po­si­tie­we im­pak op jong jo men­se se le­wens maak,” ver­tel ver­te Ju­a­ni­ta wat ’ n graad in sport­ont­wik­ke­ling sport­ontw het. Dié sport­fa­na­ti­kus is nie net ’ n af­rig­ter nie, maar doen ook o pro­jek­be­stuur vir B­ha­bhat­ha­ne, ’ n ven­noot­skap venn van in­ter­af­hank­li­ke sko­le wat l li­fe­long le­ar­ning en wel­stand be­vor­der en be­oog om die le­wens­kwa­li­teit van men men­se in die ge­meen­skap te ver­be­ter. Sog­gens S en smid­dae bied sy le­wens­vaar­dig­he­de le­wens­vaard en sport­ont­wik­ke­ling aan vir Ky­le Ky­le­mo­re se leer­ders by Ky­le­mo­re Ho­ër­skool en e PC Pe­ter­sen La­er­skool. Sy sê die kinders kind is baie lief vir sport en is ge­neig om h hul skool­werk af te skeep. “Nou pro­beer ons hu hul­le deur hul sport te kry om ook meer aan aan­dag aan hul skool­werk te gee en dit werk. Hul­le het ie­mand no­dig om hul­le te ver­sterk en te on­der­steun en Im­pact T Through Sport gee hul­le die ge­leent­heid.” Vol­gens Ju­a­ni­ta werk sy saam met die sko­le, hul ho­we, on­derw on­der­wy­sers en maat­skap­li­ke wer­kers om leer­ders lee te i­den­ti­fi­seer vir die pro­jek. Die leer­ders le woon dan werk­ses­sies by en só word wo ver­hou­dings met die leer­ders op­ge­bou. op­ge­bo Sy het eers vol­tyds ge­werk en slegs smid­dae vyf­uur met die kinders ver­ga­der, maar het ge­sien daar is ’n groei­en­de be­hoef­te in die ge­meen­skap. “Dis hoe­kom ek nou in die og­gen­de werk en my mid­dae aan die kinders af­staan en na­mid­dae aan my spe­lers,” ver­dui­de­lik sy.

AL­MAL IS WELKOM

Ju­a­ni­ta en haar man, B­ri­an, bied ook les­se aan ma­tri­ku­lan­te om hul­le meer a­ka­de­mies ge­fo­kus te maak.

Een van dié leer­ders, A­moré A­rends (18), ge­bo­re en ge­toë op Ky­le­mo­re, sê hul eens stil ge­meen­skap is vir die af­ge­lo­pe paar jaar nie meer wat dit was nie.

“Die laas­te paar jaar gaan ons plek ge­buk on­der dwelms, ge­weld en gang­s­te­rism en dit raak al hoe moei­li­ker vir die jeug om nie daar­by be­trok­ke te raak nie. Ge­luk­kig het ek ’ n goeie sup­port sy­stem by die huis, maar dis iets wat baie min kinders hier in ons plek het.”

Se­dert A­moré by die K-way-pro­jek is, ’n pro­jek wat deur Ju­a­ni­ta en haar man be­stuur word, het sy glo a­ka­de­mies baie be­ter be­gin vaar.

“Co­ach en Un­cle help ons baie en ons pun­te ver­be­ter, selfs die on­der­wy­sers let dit op.” Om haar dank­baar­heid te wys, help A­moré vir Ju­a­ni­ta, of­te­wel Co­ach soos die kinders na haar ver­wys, om die la­er­skool­leer­ders te help.

Ter­wyl ons sit en ge­sels kom ’ n woel­wa­ter aan­ge­hard­loop toe hy vir Ju­a­ni­ta ge­waar. “Antie Co­ach, kan ek met die bal speel ’ se­blief?” vra hy.

“La­ter nè, Boe­ta. Co­ach is gou net be­sig,” ant­woord sy ge­dul­dig. Boe­ta is klaar­blyk­lik ge­luk­kig met dié ant­woord en hard­loop weer skreeu­end weg, “Sien dan la­ter antie Co­ach!”

Die la­ter waar­na die seun ver­wys, is die ná­skool­pro­jek, Clo­sing the Gap, waar al die kinders by­me­kaar­kom en ver­skil­len­de sport­soor­te doen. Selfs kinders met ’n ge­brek kan ook kom.

“Ek wil nie hê dit moet ooit die ge­val wees waar net se­ke­re men­se sport kan speel en an­der uit­ge­sluit voel nie. Ons doen by­voor­beeld sport wat ry­stoe­le ook in­sluit en so­doen­de kan al­mal deel­neem – of jy ’ n ge­brek het of nie,” sê Ju­a­ni­ta.

Sy sê die sto­rie dat sy kwan­suis “in die kom­buis hoort”, is wat haar mo­ti­veer en haar teg­nie­ke as af­rig­ter ver­skerp. Vol­gens haar is dit juis die dryf­krag wat haar mo­ti­veer om ook an­der vroue en ver­al jong mei­sies te be­moe­dig. “My doel is om ’ n sporta­ka­de­mie vir vroue te be­gin en dit uit te brei. Al­le vrou­e­span­ne in die ge­meen­skap as­ook die om­lig­gen­de ge­bie­de is ont­bind en daar is ’ n be­hoef­te daar­aan. Ons het veels te min vrou­li­ke rol­mo­del­le in ons ge­meen­skap­pe en ons moet ma­nie­re vind om vroue meer do­mi­nant te maak in so­ge­naam­de mans­wê­rel­de. Om­dat sport so ge­dis­si­pli­neerd is en ’ n om­ge­wing is waar dis­si­pli­ne hand­haaf moet word, bied dit gro­ten­deels ’ n plat­form vir e­ni­ge ie­mand wat hul­self wil ver­be­ter. Ou­ers en on­der­wy­sers sal ook baat vind hier­by.”

Haar raad aan jong en som­mer al­le vroue is om hul har­te te volg.

“Glo in jou­self en in al­les waar­voor jy staan. Nie­mand kan jou an­ders oor­tuig nie. Hou aan hard werk en jy sal die vrug­te daar­van pluk. Al kom jy uit moei­li­ke om­stan­dig­he­de en was din­ge nie al­tyd mak­lik nie, hou aan. Waar jy van­daan kom, het niks te doen met waar­heen jy op pad is nie.”

Ons moet ma­nie­re vind om vroue meer do­mi­nant te maak in so­ge­naam­de mans­wê­rel­de. JU­A­NI­TA JA­COBS

HOOFFOTO:Ju­a­ni­ta­Ja­cobs­is’n­rugb y-,­sokk er-en­ net­bal­af­rig­te­ren­het­ook­haar­eie­ge­meen­skaps­- projekte.

Ju­a­ni­ta wys die seuns wat deel is van een van haar projekte, hoe om te skrum.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.