HAL­LO MY KUIER- MEN­SE,

Kuier - - Kuierhoekie -

Dis al­tyd vir my op­val­lend hoe sterk vroue me­kaar kan her­ken. Só kom ver­tel gri­meer­kuns­te­naar Ky­ra Loub­ser een­dag van die merk­waar­di­ge vrou wat sy by Mi­la­dys in Ty­ger­val­lei-win­kel­sen­trum raak­ge­loop het. As jy Ky­ra se naam her­ken, sy doen ons skoon­heids­blaaie en ook my gri­me­ring en kle­re vir TV, so sy boer ge­du­rig in die win­kels.

In elk ge­val, Ky­ra ver­tel ons toe van Tracey-Lee Thuynsma. Ons was on­mid­del­lik aan­ge­gryp deur dié vrou wat nie net erg in ’n aan­val met suur ver­mink is nie, maar el­ke dag in ’ n kle­re­win­kel reg­staan om an­der vroue te help om op hul bes­te te lyk. Tracey-Lee was ’ n vrou wat ons net móés ont­moet!

Ons is nie spyt nie en wat ’n voor­reg was dit nie om haar sto­rie te kon ver­tel nie. Dit was ook baie meer aan­gry­pend as wat ons aan­vank­lik ge­dink het. Die aak­li­ge aan­val was erg ge­noeg, maar ek kan my nie in­dink hoe dit moet wees om nie te weet wie dit ge­doen het of hoe­kom nie. En na­tuur­lik die erg­ste van al­les, die blo­te ge­dag­te dat hul­le jou steeds kan dop­hou en wag vir die kans om dit weer te doen. Tracey-Lee, ek hoop jy be­sef el­ke dag wat­ter hel­din jy vir jou dog­ter en so­veel an­der vroue is!

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.