Sons­lim: Kyk­na­jou­v e­lin­die­so­mer

Die warm weer is lek­ker, maar die son kan jou vel le­lik be­ska­dig en selfs kan­ker ver­oor­saak. Son­skerm is ’n goeie be­gin vir jou vei­li­ge son­roe­ti­ne.

Kuier - - Inhoud - DEUR ky­ra loub­ser

WAT DOEN SON­SKERM?

Son­skerm is ’n meng­sel van be­stand­de­le wat keer dat die son se ul­tra­vi­o­let­stra­le (UVA en AVB) jou vel bin­ne­dring. Die son­skerm re­flek­teer die stra­le of ver­an­der dit in on­ska­de­li­ke golf­leng­tes. Jou vel kan nog al­tyd be­ska­dig word, al sien jy nie son­brand nie. Son­brand is ’n on­mid­del­li­ke re­ak­sie, maar die ska­de van die son kom la­ter voor. Ont­hou, al het jy ’n don­ker vel kan dit steeds brand. Net­so kan jy brand al is dit be­wolk.

SMEER DIT SÓ AAN

Smeer ge­noeg son­skerm aan jou he­le lyf, ver­al wan­neer jy in die son is. Smeer dit ná el­ke 30 mi­nu­te weer aan of el­ke keer wan­neer jy uit die wa­ter kom. Som­mi­ge son-skerms is wa­ter­dig, maar as jou pro­duk dit nie aan­dui nie, is dit nie. Hoe werk SPF (son­be­sker­mings­fak­tor)? Hoe ho­ër die SPF, hoe meer ef­fek­tief is die beskerming. SPF 15 blok­keer om­trent 94% UVB-stra­le; SPF 30 97% UVB-stra­le en SPF 45 98% UVB-stra­le. Geen son­skerm kan jou heel­te­mal teen al­le son­stra­le be­skerm nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.