Marc Lot­te­ring: ­T­wee­de­ka­des­van­v er­maak

Al is hy al 20 jaar op die ver­hoog, wor­ry hy steeds of hy nog snaaks sal kan wees. Maar hy wor­ry nie oor die goed­heid van ons Suid-A­fri­kaan­se men­se nie – daar­voor het hy hoop!

Kuier - - Inhoud - DEUR MARTELI BREWIS

Dis mid­del-No­vem­ber en Kers­fees is om die draai. Win­kel­sen­trums is lank­al op­ge­dol­lie met ver­sie­rings en Kers­lied­jies word by el­ke luid­spre­ker uit­ge­ba­suin. Só is ons ook al­mal be­sig om reg te maak vir die fees­tyd.

Een groot aan­han­ger van die sei­soen, is ons eie Marc Lot­te­ring (50). Sy lus vir die le­we is dees­dae on­blus­baar en hy sê die af­ge­lo­pe drie jaar was van die bes­tes van sy le­we. Hy voel sy le­we ver­loop vol­gens God se plan. “Ek het be­gin werk (as ko­me­di­ant) toe ek 30 was en ek voel van­dag steeds 30,” lag hy.

Voor hy ’ n grap­ma­ker was, het hy by ’n ad­ver­ten­sie-maat­skap­py ge­werk. Sy baas daar het hom al­tyd aan­ge­moe­dig om trots te wees op sy eie stem, sy sto­rie en waar hy van­daan kom.

MEN­SE GEE HOM HOOP

Marc het nie airs of fie­ter­ja­sies nie. Dit is van­dag steeds vir hom baie be­lang­rik om sy roots, die le­we en Suid-A­fri­kaans-wees te vier in sy werk. Maar vir hom is die hui­di­ge at­mos­feer in die land kom­mer­wek­kend. “Dit voel of al die groe­pe weer te­rug­be­weeg in hul eie hoe­kies en of die ver­deeld­heid gro­ter word,” ver­dui­de­lik hy.

Maar dis die ge­wo­ne, hard­wer­ken­de Suid-A­fri­ka­ners wat hom weer hoop gee, want wan­neer hul­le na sy shows toe kom, is men­se vir ’n paar ure weer een, on­ge­ag kleur en ge­slag. “Dit laat jou be­sef wat jy in die koe­ran­te lees en op die nuus sien, nie nood­wen­dig is hoe ge­wo­ne men­se voel en dink nie. Dis die men­se in die par­li­a­ment wat ba­klei, nie ons nie. Ek weet daar is meer men­se wat wil hê die land moet werk as dié wat dit nie wil hê nie. Dít gee my hoop!”

Marc ver­tel hy het al­les wat hy weet van men­se­ver­hou­din­ge by sy ou­ers (wat ’n paar jaar ge­le­de oor­le­de is) ge­leer. Sy pa, ’n pas­toor, was baie cha­ris­ma­ties en het By­bel­sto­ries van die preek­stoel af ver­tel. Sy ma aan die an­der kant, het heel­dag sto­ries ver­tel, selfs vir wild­vreem­de­lin­ge! Sy het ook baie goed ge­luis­ter en men­se het al­tyd hul har­te met haar ge­deel. Marc ver­tel lag­gend T­re­vor No­ah het hom een­dag ge­vra of e­nig­ie­mand in sy ge­sin preek, want dis hoe hy wat Marc is, klink as hy praat. Hy hou daar­van, want op sy eie ma­nier ver­sprei hy ook die goeie nuus – deur men­se te laat lag en goed voel.

Een van sy groot­ste vre­se, selfs ná 20 jaar in die be­dryf, is steeds dat men­se hom gaan uit­vang. “El­ke keer as ek van die ver­hoog af­stap en men­se gaan mal, dan dink ek ek sal nooit weer so snaaks kan wees nie. Jy le­we jou he­le le­we in vrees dat men­se jou gaan uit­vang dat jy nie reg­tig snaaks is nie,” ver­klap hy.

Marc ver­tel een van die bes­te din­ge wat min­stens week­liks met hom ge­beur, is dat fans hom ê­rens vir ’n ge­sel­sie en ’n sel­f­ie stop en dan sê, “Dan­kie, So­li (P­hi­lan­der), ons is baie lief vir jou!”.

Hy sal nooit die eer­ste grap­pie waar­mee hy ge­ho­re laat lag het, ver­geet nie. Sy pa was vir ja­re ’n pas­toor in die Pen­te­cos­tal kerk in Retre­at, wat el­ke jaar ’n groot na­ti­vi­ty play ty­dens Kers­fees op­ge­voer het. Een van die be­lang­rik­ste din­ge van die op­voe­ring, was dat Ma­ria en Jo­sef reg­uit ha­re moes hê, ver­tel hy.

“Een jaar was daar nie­mand in die Son­dag­skool wat die rol­le kon ver­tolk nie en toe het hul­le maar ’n paar­tjie gaan ‘leen’ by die Mos­lem-skool langs­aan. Hul­le kon glad nie in die to­neel­stuk praat nie, want hul­le het niks van die By­bel ge­ken nie. Hul­le was net daar om mooi te lyk!” lag hy. Dit was die­self­de vir trou­es in daar­die tyd – as jy nie ’n blom­me­mei­sie met reg­uit ha­re in jou fa­mi­lie ge­had het nie, het jy ’n vreem­de kind gaan “leen” so­dat die fo­to’s mooi kon lyk.

SY ‘SPE­SI­A­LE’ HA­RE

Sy groot­ste ken­merk – sy ha­re – gee hom groot ple­sier. “Al­mal het goeie en s­leg­te hair days – met my ha­re kan ’n mens nie eint­lik die ver­skil sien nie,” skerts hy. As kind het sy ma al­tyd sy ha­re kort ge­skeer. Sy het vir hom ge­jok en ge­sê hy kan nie sy ha­re laat groei nie, want hy het ’n blon­de krul wat oor sy lin­ker­oog hang. Om­trent twin­tig jaar ge­le­de het hy be­gin nuus­kie­rig raak oor hoe hy sal lyk met lan­ger ha­re en het dit laat groei. “Op daar­die sta­di­um in Kaap­stad was daar ’ n groot ding oor reg­uit ha­re en kroes ha­re, so ek kon baie ko­me­die doen daar­oor en met my­self gek­skeer,” ont­hou hy.

Die bos­kaas het hom laat uit­staan van die res en tot van­dag toe nog, am­per soos vir Sim­son van die By­bel of Ra­pon­sie van die fe­ë­ver­haal, gee dit am­per vir hom spe­si­a­le mag­te. ’ n Paar jaar ge­le­de het hy dit af­ge­skeer vir ’ n kan­ker-i­ni­si­a­tief, maar er­ken dit was baie rof tot­dat dit weer te­rug­ge­groei het. “Men­se het my nie her­ken nie. Vir die eer­ste week was dit g­re­at, want ek kon goed doen. Maar daar­na was dit nie meer so g­re­at nie. Men­se het my soos ’ n nor­ma­le Co­lou­red be­gin be­han­del. Ek moes in rye wag en kon nie meer ta­fels by vol re­stau­ran­te son­der ’ n be­spre­king kry nie,” lag hy.

Ná hier­die er­va­ring sal hy nie som­mer weer oor­weeg om sy ha­re te sny nie.

“Daar is ’ n con­necti­on tus­sen ek en my ha­re, tus­sen die ha­re en die fun­ny. Voor­dat ek nog eens ’ n woord ge­sê het op die ver­hoog, lag men­se al vir die ha­re.”

Dees­dae is Marc pal op die plan­ke met Aun­ty Mer­le – The Mu­si­cal. Dit is te sien van­af 3 De­sem­ber in die Bax­ter-te­a­ter in Kaap­stad en vir die eer­ste keer ooit in Jo­han­nes­burg te sie­ne van­af 1 Fe­bru­a­rie 2019 in die Jo­burg-te­a­ter. Dit is die laas­te sei­soen, so moet dit nie mis­loop nie. Die ver­to­ning het al vier ge­sog­te Fleur du Cap-be­noe­mings ont­vang en het reeds twee sei­soe­ne uit­ver­koop. Die dra­ma sal jou jou laat breek van die lag wan­neer Mer­le se dog­ter, A­bi­gail, ver­loof raak aan ’ n wit knaap van Ban­try Bay. Al die ka­rak­ters van wie Mer­le al­tyd ver­tel het, is uit­ein­de­lik in le­wen­de ly­we te sien in dié mu­si­cal. En Mer­le is steeds Mer­le en hoe­wel sy in Athlo­ne bly, dink sy sy is baie bour­geois, want haar man is ’ n plum­ber en hul­le suk­kel nie. Dit lei tot skreeu­snaak­se sce­na­rio’s wat jou sal laat lê van die lag.

Marc ver­tel na­dat die i­dee by hom op­ge­kom het, het hy sy woon­stel in die mark ge­sit en sy kar pro­beer ver­koop om die mu­si­cal te fi­nan­sier om­dat hy geen bor­ge kon kry nie. “Dit was my droom en dit was nog voor dag­ga wet­tig was,”

skerts hy.

An­war, sy le­wens­maat, het hom soos ge­woon­lik, ten vol­le on­der­steun. Agt dae na­dat die be­spre­kings oop­ge­maak het, het die Bax­ter hom ge­bel om te sê hy kan maar sy woon­stel van die mark af­haal en dat hul­le sa­la­ris­se sal kan be­taal. En ná twee sei­soe­ne wat heel­te­mal uit­ver­koop het, het hul­le nog nie weer te­rug­ge­kyk nie.

KA­RAK­TERS MET SIEL

Van al sy ka­rak­ters is dit vir hom die lek­ker­ste om S­mi­ley se kep­pie op te sit. Dié kê­rel het be­gin as ’n taxi-guard­jie, maar be­stuur dees­dae ’n U­ber Black. Marc ge­niet hom vrees­lik baie om­dat S­mi­ley kan sê wat hy wil, wan­neer hy wil.

“Dis am­per my ’re­le­a­se’ en die ge­hoor ge­niet hom so baie. S­mi­ley weet goed oor die le­we en hy het al­tyd iets te sê,” ver­dui­de­lik hy.

Die ka­rak­ter wat eg­ter naas­te aan sy hart lê, sal se­ker al­tyd Aun­ty Mer­le wees. Al­mal ken ’n Aun­ty Mer­le. “Sy is ge­bo­re in eer­lik­heid. Sy kom be­slis van die Ca­pe Flats af en woon in ’n frees­tan­ding huis.” Se­ker die groot­ste in­spi­ra­sie vir Aun­ty Mer­le, is Marc se eie ma, ter­wyl haar lag dié van een van haar vrien­din­ne is.

“Sy kon so lek­ker lag, maar hoe lek­ker­der sy ge­lag het, hoe min­der klank het daar by haar mond uit­ge­kom,” ont­hou hy. En vir Aun­ty Mer­le is Kers­fees baie be­lang­rik. “Die he­le fa­mi­lie kom oor na haar huis toe, want sy het ’n groot huis en hul­le het aan­ge­bou. Nie e­nig­ie­mand kan be­kos­tig om die he­le fa­mi­lie te nooi nie, maar sy kan, want haar man is ’n suk­ses­vol­le plum­ber. Hul­le het ook ’n swem­bad vir die kin­ders (die eer­ste een in die straat),” ver­tel Marc. Hul­le het ook ’n lek­ker la­pa met ’n braai-a­rea, so hul huis is i­de­aal ge­skik vir groot fa­mi­lie-ge­leent­he­de. Op die fa­mi­lie-W­hat­sApp-groep het al­mal klaar be­sluit wie bring wat, maar Aun­ty Mer­le het al­tyd ’n back-up vir al die dis­se, net vir in­ge­val ie­mand s’n nie op stan­daard is nie (wat ge­woon­lik ook die ge­val is, in haar o­pi­nie). Sy voel eint­lik bie­tjie sleg om net haar kos te be­dien, maar sy het nie ’n keu­se nie, want haar gas­te ver­dien net die bes­te. Vier­uur is dit tyd vir die poe­ding­ta­fel wat kreun on­der al die trifle, koek en le­mon me­rin­gue (uit­ge­spreek ‘mi­ren­gu­oo’, want dis fan­cy). Dis ’n dag van kos, kos, kos!

Marc en Aun­ty Mer­le is dit eens: Kers­fees is nie Kers­fees son­der cur­ry, tong, ro­ast lamb, hoen­der en ’n he­le paar slaaie nie. Daar moet iets van al­les wees en men­se moe­nie kan loop ná ete nie, so vol moet hul­le wees, an­ders was dit nie be­hoor­li­ke Kers­fees nie.

Marc se sig­na­tu­re dish is brey­a­ni, al het hy dit nog nooit in sy le­we ge­maak nie. “Ek be­dien dit al­tyd, maar ek vat my pot­te na een van my guns­te­lin­gre­stau­ran­te toe dan maak hul­le dit,” ver­klap hy. Dit sou mak­li­ker wees om eer­der ê­rens te gaan eet, maar dan mis ’n mens uit op een van die be­lang­rik­ste e­le­men­te van die Kers­maal – die lef­to­vers die vol­gen­de dag. Daar is ook al­tyd daai een an­tie wat kom met ’n kar-boot vol Tup­per­wa­re en foil. Sy het al­tyd eers skelm in­ge­pak, maar oor die ja­re het al­mal haar maar be­gin help in­skep, want dis nou al so deel van Kers­fees.

Marc terg oor Aun­ty Mer­le en haar i­dees, maar er­ken hy is eint­lik net soos sy wan­neer dit by die fees­tyd kom. Vir hom ’n is tyd saam met die fa­mi­lie ook baie be­lang­rik en hy nooi el­ke paar jaar ook sy he­le fa­mi­lie (mak­lik 40) oor na sy huis toe. Vir hom is dit heer­lik om al­mal saam te hê, selfs die fa­mi­lie­le­de wat nie met me­kaar praat nie. Hy maak al­tyd ’n punt daar­van om hul­le weer by­me­kaar te bring, selfs al be­gin dit net met ’ n sel­f­ie, want dis Kers­fees en fa­mi­lie is be­lang­rik.

“Een jaar was my hart ge­bro­ke, want ek het die ys­kas­deur oop­ge­los en toe gaan die brey­a­ni af. Toe ek dit ag­ter­kom, roep ek my nig­gie in die kom­buis in en laat haar proe. Sy het da­de­lik ge­sê dis af, maar toe ons die ge­sels uit die vol eet­ka­mer hoor, sê sy ‘ mis­kien kan mens dit net proe as jy weet’,” ver­klap hy. Die twee het be­sluit om in elk ge­val die kos voor te sit en tot van­dag toe nog terg sy fa­mi­lie hom daar­oor. “Ek was die grap van die jaar en was se­dert­dien bie­tjie hui­we­rig om my huis aan te bied! Die her­in­ne­ring aan daar­die brey­a­ni sting steeds,” lag hy.

KERS­FEES

Hier­die jaar gaan hy nie die fa­mi­lie vir Kers­fees huis­ves nie, want dan kan hy, in An­war se woor­de, die Kers­fees-skrap­nel vry­spring. “Dit is wan­neer jy ná die tyd kla oor iets wat die an­tie ge­sê het en daai kind wat die K­ree­py Krau­ly ge­breek het en kan jy glo wat hy ge­doen het – ek word eint­lik Aun­ty Mer­le oor Kers­fees,” gig­gel hy.

Par­ty ja­re span­deer hy en An­war ’n spe­si­a­le Kers­dag al­leen en kui­er dan la­ter saam met vrien­de. Dit is al die af­ge­lo­pe twin­tig jaar hul tra­di­sie. “Jy weet mos, wan­neer dit by jou le­wens­maat kom, neem jul­le me­kaar in ag. Ek neem al­tyd deel aan sy Eid-vie­rin­ge en hy aan my Kers­fees,” ver­dui­de­lik Marc.

Vir ge­sken­ke koop hy al­tyd ’n klomp

luuk­se se­pe, ro­me en bub­ble bat­hs vir die fa­mi­lie. “Ons koop nooit vir ons­self sexy seep nie en men­se is mal daar­oor om dit te kry.” As kind was die toe­ge­draai­de ge­sken­ke on­der die boom, die af­wag­ting daar­van, al­tyd vir hom die heel lek­ker­ste ding van Kers­fees. Die an­der ding wat hom op­ge­won­de ge­maak het, was die nu­we kle­re wat hy el­ke jaar ge­kry het vir die Kers­dag-kerk­diens. “Vir tien dae het daai suit in jou ka­mer ge­hang en jy kon nie wag om dit aan te trek nie. Selfs al was dit 38°C in die koel­te soek jy net daai nu­we suit. Want nu­we kle­re ruik nuut en dis baie spe­si­aal,” ont­hou hy.

Om hom­self te be­derf, koop hy lek­ker­ruik­goed. “Ek stap in by Jo Malone en dan maak ek of ek niks skuld het nie. Dan splash ek op co­log­ne en sê vir my­self ‘he­ne, Marc Lot­te­ring, kyk vir jou, hoe ver is jy van Dis­com af!” lag hy klip­hard.

Tog voel hy, hoe­wel dit be­lang­rik is om Kers­fees ma­gi­cal te maak vir kin­ders, ons nie moet ver­geet dat dit werk­lik oor fa­mi­lie gaan, eer­der as om ’n klomp skuld te maak vir net een dag nie. “’n Mens sal nooit spyt wees oor goeie her­in­ne­rin­ge saam met vrien­de en fa­mi­lie nie, maar spyt kom al­tyd te laat wan­neer dit kom by skuld,” sê hy erns­tig.

Hoe voel hy oor die win­kel­sen­trums wat reeds vol ver­sie­rings en Kers­lied­jies is? “Ek sal baie graag wil sê ek is te cool daar­voor, maar as ek Bo­ney M hoor, koop ek som­mer ek­stra KitKats. Dit doen steeds iets vir my, die vi­be laat my glim­lag! En ek kan nie be­staan son­der my Ma­ri­ah K­ris­mis­mu­siek nie,” er­ken hy. Dis am­per sy guns­te­ling­deel van die sei­soen.

Hy is ook mal daar­oor om sy Kers­boom op te slaan – nog ’n tra­di­sie wat hy en An­war oor die ja­re ont­wik­kel het en die mees­te van die tyd is hy die laas­te een in sy vrien­de­kring om dit weer weg te sit. Dis ’n tyd vir hom om tyd te span­deer met men­se vir wie hy lief is, want die jaar is ge­woon­lik so ’n har­war en in hier­die tyd is ’n mens ge­neig om meer moei­te te maak om me­kaar te sien.

HOOFFOTO:­Marc­Lot­ te­ring­i­sop­ge­won­de­oor­die­t oe­koms.

VAN LINKS NA REGS: Pas­tor Brandon, Aun­ty Mer­le, Col­leen, S­mi­ley, Ga­la­tia en Tra­vis is ge­wil­de ka­rak­ters in Marc se shows.

REGS: Marc is mal oor die Kers­tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.