In­spi­ra­sie: ­Paar­tjie­gee­tuis­te­aan­k in­ders

Kuier - - Inhoud -

Weer­lo­se kin­ders, seer en ge­bro­ke, kry ’n kans op ’n nu­we le­we by Han­nah’s Pla­ce of Sa­fe­ty. DEUR MARTELI BREWIS

Sy wou nog al­tyd ’ n ver­skil in die le­we van weg­gooi­kin­ders maak na­dat sy die im­pak van die stel­sel op haar pa ge­sien het. Dié bran­den­de be­geer­te het by Janine Fabe (49) van Mit­chells Plain bui­te Kaap­stad ont­staan, want sy het ge­sien hoe haar pa, ’ n wees­kind, tot die dag van sy dood nie van die gat in sy hart kon ont­slae raak wat sy bi­o­lo­gie­se ou­ers ge­los het nie. Wan­neer hy hom­self aan al­ko­hol ver­gryp het, het hy steeds ge­roep na die ma wat hy nooit ge­ken het nie. Dit het haar so diep ge­raak dat Janine haar­self be­lo­we het sy sal doen wat sy kan om an­der kin­ders die­self­de pyn te spaar.

Janine het ’ n suk­ses­vol­le loop­baan in die mo­de­be­dryf prys­ge­gee om in haar eie huis ’ n vei­li­ge ha­we vir weer­lo­se kin­ders te skep saam met haar man, Di­on (55), en hul ge­sin. Han­nah’s Pla­ce of Sa­fe­ty bied se­dert 2016 pleeg­sorg vir kin­ders van­af ge­boor­te tot ses jaar oud wat uit hul hui­se ver­wy­der is deur die de­par­te­ment van so­si­a­le ont­wik­ke­ling as ge­volg van ge­weld en mis­han­de­ling. Hul­le het spa­sie vir ses kin­ders op ’n slag en el­ke kind span­deer om­trent drie maan­de daar. Han­nah (12) is die paar­tjie se aan­ge­no­me dog­ter, wat hul­le ge­ïn­spi­reer het om die organisasie am­per drie jaar ge­le­de op die been te bring. “Janine het ’n paar jaar ge­le­de vir my ge­sê as ons nie hier­die mas­sie­we huis ver­koop nie, gaan sy dit vol kin­ders maak. Ek moes haar dalk ’n bie­tjie erns­ti­ger op­ge­neem het!” lag Di­on.

LIEF VIR KIN­DERS

“Ek het vir ja­re by Chris­ti­ne Re­vell, ’ n plaas­li­ke wees­huis ge­vo­lun­teer. Een­dag het ’n ba­ba son­der ’n naam in­ge­kom. Ek het haar ge­bad en met haar tyd span­deer. Ons het da­de­lik ge­bond,” ont­hou Janine. Sy het dié ba­ba Han­nah ge­doop.

Han­nah is on­der ’ n brug in Bell­vil­le ge­los toe sy maar twee dae oud was. Hoe­wel sy baie siek was, het hul­le haar ge­vind met ’n klom­pie kat­te rond­om haar – am­per as­of die die­re haar oor­nag wou warm hou en be­skerm tot­dat ie­mand haar kon kry. Nie­mand kon haar fa­mi­lie op­spoor nie. Janine het vir Han- nah huis toe ge­vat vir ’ n na­week en die he­le ge­sin het dol­ver­lief op haar ge­raak.

Hoe­wel die paar­tjie reeds in die pro­ses was om ’ n an­der kind aan te neem, het hul­le be­sef Han­nah is die e­nig­ste een vir hul­le. Hul­le het al­les in hul ver­moë ge­doen om haar amp­te­lik deel te maak van hul ge­sin. Ná twee jaar in hul pleeg­sorg, kon die Fabe-ge­sin uit­ein­de­lik vir Han­nah aan­neem. Van­dag is sy ’ n in­tel­li­gen­te, pret­ti­ge, goed-aan­ge­pas­te dog­ter met ’n sag­te hart­jie. Haar groot­ste wens is dat an­der kin­ders ook die­self­de lief­de kan er­vaar. Juis dít het die paar­tjie ne­ge jaar la­ter ge­ïn­spi­reer om an­der kin­ders in die­self­de po­si­sie ook te pro­beer help.

Di­on se ou­ers, ’ n pas­toor-paar­tjie, het ja­re ge­le­de ’ n huis vir ha­we­lo­se seuns be­gin. Een van dié seuns, ’ n tin­ge­ri­ge man­ne­tjie wat ver­slaaf was aan gom, het hul har­te ge­steel en hul­le het hom aan­ge­neem. Van­dag is hy ’ n bo­dy­buil­der wat al ’n wê­reld­ti­tel ge­wen het. Dit het Di­on se oë oop­ge­maak vir die uit­wer­king van net ’n bie­tjie lief­de en aan­vaar­ding op ’n kind wat o­ën­skyn­lik ’ n niks­werd was.

Saam pro­beer Di­on, ’n toer­gids, en Janine nie net vir die kin­ders vir die drie maan­de wat hul­le by Han­nah’s Pla­ce tuis­gaan ’ n lief­de­vol­le om­ge­wing skep nie, maar hul­le poog om hier­die kin­ders meer “aan­neem­baar” te maak.

Die waar­heid is on­ge­luk­kig dat die mees­te men­se nie be­lang­stel om kin­ders met “pro­bleem-ag­ter­gron­de” aan te neem nie. Janine doen daar­om ook al­les wat sy kan om die kin­ders te help ge­sond word – het­sy fi­sies of e­mo­si­o­neel, want sy voel ’ n wees­huis be­hoort die heel laas­te op­sie te wees vir die kin­ders. Sy gooi haar he­le mens­wees daar­in om hier­die kin­ders te koes­ter.

K­LEIN SLAG­OF­FERS

Drie jaar ge­le­de was Janine ’ n groot­kop in die kor­po­ra­tie­we a­re­na. Sy het die wê­reld deur­kruis vir haar werk en met vyf kin­ders tus­sen die twee van hul­le, was haar han­de vol. Tog kon sy nie ont­slae raak van die be­hoef­te om haar hart te gee vir ver­la­te, ver­sto­te kin­ders nie.

“Dit breek jou hart. Geen kind ver­dien om ver­waar­loos of mis­han­del te word nie. El­ke kind moet ’ n mam­ma en pap­pa hê wat vir hul­le lief is,” sê Janine met tra­ne in haar oë.

Ar­moe­de, ver­krag­ting, ver­waar­lo­sing, mis­han­de­ling en dwelm­ver­sla­wing is van die hoof­re­des hoe­kom die kin­ders as weg­gooi­kin­ders op­ein­dig. Baie van die kin­ders wat by Janine en Di­on aan­kom, is reeds van voor­ge­boor­te af ver­slaaf aan dwelms soos tik en suk­kel vir maan­de lank met die ge­sond­heids­pro­ble­me en ont­trek­king­simp­to­me wat daar­mee ge­paard­gaan. Baie van die kin­ders wat by hul­le kom bly, is lank­al nie meer kin­ders nie. Die din­ge wat hul­le al ge­sien en be­leef het, het hul­le be­roof van al­le on­skuld. Tog werk Janine dag en nag om hul­le weer die ge­leent­heid te gee om sor­ge­loos kind te word.

Een van die eer­ste kin­ders wat by die ge­sin kom woon het, was ’ n agt­ja­ri­ge pros­ti­tuut. Haar ou­ers het haar uit­ver­huur vir dwelm­geld. Sy is uit­ein­de­lik ge­vind na­dat haar ou­ers ’ n moord ge­pleeg het. Ná ho­pe lief­de en sorg is die dog­ter dees­dae ’ n be­ken­de ge­sig in die Fa­be­huis. Sy is in pleeg­sorg, maar is baie goeie maats met Han­nah. ’n An­der seun se ma het hom op ses maan­de op­ge­gee om­dat sy hom nie meer kon ver­sorg nie. Hy is daar­na ge­plaas by ’ n vrou wat ’ n dag­sorg by haar huis ge­had het. Hy was net ver­on­der­stel om vir drie maan­de daar te bly, maar al­mal het van hom ver­geet. Vir ’ n jaar moes die k­lein seun­tjie die af­grys­lik­ste gru­wels deur­maak. Hy is ver­hon­ger, ge­slaan en sek­su­eel aan­ge­rand. Hul­le het hom soms in die par­keer­a­rea ge­sit en oor sy be­ne ge­ry. Hy is ook aan­ge­val deur hon­de. Toe Janine hom die eer­ste keer in haar arms vas­hou, het hy maar ’ n skra­le vyf ki­lo­gram ge­weeg al was hy toe reeds 18 maan­de oud. Hy kon nog nie loop of praat nie. Sy ge­bro­ke k­lein ly­fie was oor­trek met let­sels en hy het ’ n ab­ses en her­pes, ’ n sek­su­eel-oor­draag­ba­re siek­te, in sy mond ge­had. Janine en Di­on het hul­self oor hom ont­ferm, saam met hom in die hos­pi­taal ge­bly, hom om­ring met lief­de en om­gee. Van­dag is hy drie en ’ n half jaar oud en die ge­sin suk­kel steeds met nag­mer­ries en nig­ht ter­rors om­dat hy, k­lein soos wat hy is, steeds ge­volg word deur sy ver­le­de. Weer was Janine en Di­on van die be­gin af so ver­lief op die k­lein man­ne­tjie dat hul­le be­sluit het om hom aan te neem en nou, twee jaar la­ter, is hul­le be­sig met die fi­na­le stap­pe in die regs­pro­ses. Hul­le kan nie hul le­wens son­der hom in­dink nie. En wan­neer jy sy on­deun­de glim­lag sien, sou jy nooit kon raai wat hy al­les moes deur­maak voor­dat hy sy nu­we fa­mi­lie ont­moet het nie. Daar­om veg Janine dees­dae hand en tand om die bes­te ge­leent­he­de wat hul­le ver­dien, vir hier­die weg­gooi­kin­ders te vind.

Janine ver­dui­de­lik dat baie paar­tjies weg­skram van staats­aan­ne­ming, juis om­dat die bi­o­lo­gie­se ou­ers twee jaar het om die kin­ders op te eis. Tog, in haar er­va­ring, is die kan­se baie skraal dat so iets ge­beur. As jy ná ses maan­de nog nie die sa­me­wer­king van die ge­boor­te-ou­ers het nie, is die kans goed dat hul­le in elk ge­val nie die kind wil te­rug­hê nie.

Dis be­lang­rik om die kind se ge­luk bo dié van men­se se eie self­sug­ti­ge be­lan­ge te plaas. Sy moe­dig men­se aan om pleeg­ou­ers te word, of om net van hul tyd te skenk by kin­der­hui­se.

Die ryk­dom van ’n kin­der­lag­gie, die lief­de van on­skuld, is ge­noeg om e­ni­ge hart te ver­mur­we. *Be­soek Han­nah’s Pla­ce of Sa­fe­ty se Fa­ce­book-blad as jy wil help.

Een­dag het ’n ba­ba son­der ’n naam in­ge­kom. Ek het haar ge­bad en met haar tyd span­deer. Ons het da­de­lik ge­bond. JANINE FABE

HOOFFOTO: Janine en Di­on Fabe het ’n vei­li­ge ha­we vir kin­ders ge­skep.

REGS EN REGS BO: Janine en die per­so­neel by Han­nah’s Pla­ce of Sa­fe­ty gee hul har­te en le­wens vir die kin­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.