Jou kind en Skool: ­Al­le­sen­nog­wat­oor­die­son

Die son skyn al vir bil­joe­ne ja­re en daar­son­der sal ons nie kan le­we nie. Leer meer oor waar­uit die son be­staan en wat dit vir le­we op aar­de be­te­ken.

Kuier - - Inhoud - Deur S­hir­mo­ney R­ho­de

Die son is ’n ster en is ten min­ste 4,5 bil­joen jaar oud! ’n Ster is ’n groot mas­sa van ont­plof­fen­de gas­se (he­li­um en wa­ter­stof) wat lig uit­straal. Daar is mil­joe­ne der mil­joe­ne ster­re in die heel­al, maar wat maak die son so spe­si­aal? Die son ver­skaf nie net lig nie, maar voor­sien ook al­le le­we op ons pla­neet met die e­ner­gie (hit­te) wat dit be­no­dig om le­we te on­der­hou. Son­der die son se krag sal ons pla­neet ’n koue plek wees met geen lo­pen­de wa­ter en plan­te­groei nie, want al­les op die aar­de is af­hank­lik van die e­ner­gie wat die son aan ons ver­skaf.

WAT DOEN DIE SON?

Die son be­heer ons sei­soe­ne, hoe en wan­neer plan­te groei en wan­neer dit dag en nag is. Die son is in die mid­del van ons son­ne­stel­sel en dis die groot­ste voor­werp daar­in! Ons son­ne­stel­sel is re­de­lik groot en die son maak 99,86% van die son­ne­stel­sel se mas­sa uit.

Om­dat die son so groot is, is sy swaar­te­krag ook baie sterk. Dit hou die aar­de, ster­re, ma­ne en die an­der pla­ne­te in lyn. Son­der die son se swaar­te­krag, sal die aar­de (en al­les an­ders) net in die ruim­te rond­sweef.

Die son is ’n groot bol gas en die warm­ste deel van die son is sy kern (mid­del). Om­dat die son ’n bol gas is, het dit nie ’n vas­te op­per­vlak­te soos die aar­de nie, maar dit het tog ’n dui­de­li­ke ron­de vorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.