Mo­vem­ber: Mans­se­ge­sond­heid­in­die­kol­lig

Sy was maar net ’n kind toe sy met ru­ma­tiek ge­di­ag­no­seer is. En p­leks van speel en bal­jaar, is sy vir by­na 20 jaar in pyn ge­dom­pel.

Kuier - - Inhoud - DEUR MARYKE LOW

Die dae wat sy haar­self in haar ka­mer toe­ge­sluit en self­moord­brie­fies ge­skryf het, is ver­by. Maar dit was ’ n lang pad tot hier, want Tra­vie­ce Wil­li­ams (28) van Ro­se­da­le in Uitenhage se wê­reld het in­een­ge­stort toe sy op ne­ge met ar­tri­tis ge­di­ag­no­seer is. Haar le­we het dras­ties ver­an­der en sy wou soms net op­gee en dood­gaan. Ge­loof, hoop en vas­be­ra­den­heid het haar deur­ge­dra en met­ter­tyd het Tra­vie­ce met haar siek­te vre­de ge­maak.

Ar­tri­tis is ’n lang­ter­myn­steu­ring wat jou ge­wrig­te aan­tas en mis­vorm. Daar is meer as hon­derd soor­te ar­tri­tis en Tra­vie­ce ly aan ru­ma­to­ïe­de ar­tri­tis, wat ver­al haar han­de en voe­te aan­tas. Dit be­te­ken dat haar ge­wrig­te bui­ten­ge­woon ont­steek is en simp­to­me sluit swel­ling, on­be­skryf­li­ke pyn, styf- en rooi­heid as­ook min­der vry­heid om te be­weeg, in.

BE­GIN VAN DIE PYN

Al­les het twee dae voor haar ma, Brenda Hoff­man (48), se troue op 9 De­sem­ber 1999 be­gin. Sy het soos e­ni­ge kind in die pad ge­speel. Toe sy die aand op die sit­ka­mer­bank gaan sit, kon sy nie weer op­staan nie. Dit het van haar la­e­rug tot by haar voe­te ge­pyn en sy kon nie die lig aan­sit nie. Daar­die aand het Brenda by ’n pik­don­ker huis in­ge­stap. “Mam­mie, ek het gaan sit en nou kan ek nie op­staan nie,” het Tra­vie­ce in tra­ne ge­sê. Sy is na ’n dok­ter ge­haas wat ge­sê het dis groei­py­ne. Die an­ti­bi­o­ti­ka, in­spui­ting en pyn­pil­le het die vol­gen­de dag draag­lik ge­maak. Op Brenda se trou­dag, toe Tra­vie­ce haar ha­re

moes kam, was sy weer in pyn ge­dom­pel. Sy het ’n hoë koors ge­kry en haar ma het haar ge­dok­ter met pyn­pil­le. Tra­vie­ce is ná die troue saam met fa­mi­lie­le­de WesKaap toe, ter­wyl haar ma en stief­pa op ho­ney­moon ge­gaan het. Kort daar­na kon Tra­vie­ce se an­tie haar nie uit die kar kry nie en sy moes haar rond­dra en bad. Tra­vie­ce het ook ’n vel­uit­slag ont­wik­kel. ’n Kaap­se dok­ter het haar toe met kin­der­ru­ma­tiek ge­di­ag­no­seer. “Ek het nie mooi ge­weet wat dit be­te­ken nie en ek het ge­dink dit sal weg­gaan,” ont­hou Tra­vie­ce.

Die eg­paar het hul ho­ney­moon ge­kan­sel­leer. Van 13 tot 25 De­sem­ber 1999 het Tra­vie­ce se ge­sond­heid blit­sig ag­ter­uit­ge­gaan en sy het so­wat 15 kg ver­loor. “Sy was net vel en been. Sy het bleek ge­lyk,” ver­tel Brenda. Tra­vie­ce se stryd teen pyn het toe pas be­gin.

“My vin­gers was eer­ste,” ver­tel sy. Haar voe­te en to­ne het daar­na van vorm ver­an­der. “My be­ne het nie spie­re ont­wik­kel nie en ek het op 15 op­hou groei. Die dok­ter sê my been­struk­tuur is soos ’n ne­ge­ja­ri­ge kind s’n. Die ver­an­de­rin­ge aan my lyf het my baie hart­seer ge­maak en die erg­ste was om op te staan in die og­gend. Al­les was ’n ef­fort.” Al wat haar krag ge­gee het om op te staan, was die be­lang­rik­heid van haar skool­loop­baan.

In 2000 was Tra­vie­ce vir drie maan­de aan ’n hos­pi­taal­bed vas­ge­kluis­ter – die eer­ste van on­tel­ba­re be­soe­ke. Bloed­toet­se het be­ves­tig sy het kin­der­ru­ma­tiek. Die dok­ter het pil­le, P­red­niso­ne, voor­ge­stel en die voor- en na­de­le ver­dui­de­lik. P­red­niso­ne is ’n kor­ti­kos­te­ro­ïed wat ver­hoed dat die lig­gaam stow­we vry­stel wat in­flam­ma­sie ver­oor­saak. ’n Mens kan eg­ter gou ge­wig op­tel en dit on­der­druk jou im­muun­stel­sel. Dit kan os­te­o­po­ro­se en ’n bro­se been­struk­tuur ver­oor­saak.

AL­LES IS MOEI­LIK

Tra­vie­ce was soms net drie maan­de ’ n jaar in die skool. “Ek moes slip­pers skool toe aan­trek en men­se moes my sak dra. Ek het ge­suk­kel om die trap­pe te klim,” ver­tel Tra­vie­ce, wat toe be­sef het sy is an­ders as an­der kin­ders. Haar ho­ër­skool­on­der­wy­sers was nie juis te­ge­moet­ko­mend nie en het sar­kas­tie­se aan­mer­kings ge­maak, ver­tel sy. Tra­vie­ce se skool is in die­self­de straat as waar sy bly, maar sy het ’ n half­uur skool toe ge­stap. Haar swaar ge­wig het al­les moei­li­ker ge­maak.

“Ek was al­tyd die jo­ke on­der my vrien­din­ne en al­mal het ge­dink ek sit aan as ek pyn het. Ek het baie een­saam ge­voel. My sel­fes­teem was baie laag en die kin­ders het my ge­reeld ge­spot oor hoe my vin­gers lyk,” ont­hou Tra­vie­ce. Sy het ge­reel­de af­spra­ke by ’ n siel­kun­di­ge ge­had. In graad 10 het sy be­sluit om skool te los – haar groot­ste op­of­fe­ring nóg.

Op 16 het dit ge­lyk of din­ge ver­be­ter. Toe sy 18 word, het haar ge­sond­heid eg­ter weer ag­ter­uit­ge­gaan. “Ek het my­self in my ka­mer toe­ge­sluit. Ek wou net al­leen wees,” er­ken Tra­vie­ce. Sy het twee keer be­plan om self­moord te pleeg deur slaap­pil­le te drink. Haar ma het haar self­moord­brie­we be­tyds ge­vind. Sy het wel een keer daar­in ge­slaag om ’ n oor­do­sis pil­le te drink en het in die hos­pi­taal by die dood om­ge­draai.

In Fe­bru­a­rie 2013 het Tra­vie­ce op haar heup ge­val in die stort. Haar be­ne was reeds broos weens die P­red­niso­ne – sy het daag­liks tot 20 pil­le ge­drink. Sy het aan­ge­neem haar heup pyn as ge­volg van ar­tri­tis. Dok­ters het die breuk in haar heup eers in Sep­tem­ber 2013 op­ge­merk en dit het toe reeds skeef te­rug­ge­groei. Teen 25 No­vem­ber 2013 is daar pen­ne in haar heup ge­sit. Teen daar­die tyd kon Tra­vie­ce nie vry­lik be­weeg nie en sy moes soms, vol­gens haar ma, haar­self in ’n em­mer langs haar bed ver­lig.

In Maart 2014 is Tra­vie­ce se ske­we lin­ker­voet ge­o­pe­reer en in die reg­te po­si­sie ge­sit, maar teen Ju­nie 2015 het haar lin­ker­been sig­baar skeef be­gin groei. Dok­ters het haar been ge­breek om met be­hulp van die X-Fix-raam dit reg­uit te laat groei. Dit het nie vir haar lin­ker­voet, wat ver­breed het, ge­help nie en sy kan nie ge­wo­ne skoe­ne dra nie.

’n Ru­ma­to­loog het vyf jaar ge­le­de vir Tra­vie­ce an­der me­di­ka­sie voor­ge­skryf. Sy het P­red­niso­ne ge­los toe sy 24 was, ná 15 jaar se oor­ma­ti­ge ge­bruik. Van­dag lyk en voel sy soos ’ n nu­we mens. Al kry sy haar af­dae wan­neer sy skaars iets vir haar­self kan doen, het sy ook be­ter dae. Haar groot­ste vrees is dat sy in ’ n rol­stoel gaan be­land. Sy wens sy kon dans, hard­loop en te­ken. Die dok­ter het haar ge­waar­sku dat sy haar me­di­ka­sie moet staak in­dien sy een­dag wil swan­ger raak. Haar fi­sie­se uit­da­gings sal dit vir haar moei­lik maak om ’ n werk te kry.

’n Moont­li­ke o­pe­ra­sie om twee to­ne aan haar lin­ker­voet te ver­wy­der, wink vir haar. Sy sal ook ’ n heup­ver­van­ging moet kry. Tra­vie­ce het haar oor die ja­re nie ge­steur aan dok­ters se wan­ho­pi­ge voor­spel­lings oor haar ge­sond­heid nie. Haar hui­di­ge ru­ma­to­loog sê Tra­vie­ce het aan haar­self be­wys deur weer din­ge self te doen en is po­si­tief oor haar toe­koms.

Tra­vie­ce het on­langs haar roe­ping ge­vind toe sy klas ge­gee het vir ou­tis­tie­se kin­ders. Sy vol­tooi tans haar ma­triek en wil siel­kun­de gaan stu­deer om­dat sy ver­al jong men­se in soort­ge­ly­ke si­tu­a­sies wil help.

Aan an­der men­se met die­self­de siek­te, sê sy: “Wan­neer jy ’ n moei­li­ke si­tu­a­sie in die ge­sig staar en dit lyk of daar geen hoop of ’ n toe­koms vir jou is nie, moet jy leer om die wa­pens van tes­ti­mo­ny en con­fes­si­on van die He­re te ge­bruik. Dis baie pyn­lik, maar moe­nie dat jou toe­stand jou te­rug­hou nie. Re­ach for your dre­ams. Dit help ook om met an­der men­se daar­oor te praat.”

HOOFFOTO:­T ra­vie­ceWil­li­ams­(28)­v anUi­ten­ha­ge­le we­al­va­n­af­ne­ge­jaar­oud­met­ar tri­tis.­D is­dui­de­lik­hoe­die­siek­te­haar­han­de­mis­vorm­het .

HEEL LINKS: Tra­vie­ce suk­kel om te loop en haar lin­ker­voet kan nie in ge­wo­ne skoe­ne pas nie. LINKS: Die P­red­niso­ne-pil­le wat sy ge­bruik het, het haar baie ge­wig laat op­tel (hier is sy op 23).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.