Me­ning

Mans kan dit maar doen, maar as ’n vrou ’n jon­ger blaar kou, is dit skan­de. Hy voel die sa­me­le­wing moet reg­kom en reg­ver­dig wees.

Kuier - - Inhoud - DEUR HEINDRICH WYNGAARD

Die rap­per E­ar­ly B van die Baai het se­ker­lik ná die vry­stel­ling van sy de­buu­tal­bum, Aan­ge­na

me ken­nis, geen be­kend­stel­ling meer no­dig nie. Dit het baie te doen met sy groot tref­fer op die al­bum, ge­ti­teld “Ben Ten”.

Die lied­jie ver­tel die ver­haal van ’ n jong man wat in die arms – of is dit die greep? – van ’ n ou­er vrou be­land na­dat hy eint­lik vir haar dog­ter wou gaan kui­er. Son­der sy me­de­we­te het die dog­ter eg­ter in­tus­sen na Jo­han­nes­burg ver­huis.

“Nou kom nou maar in,” nooi die vrou hom. Sy bied koeldrank aan. Sy is bly om hom te sien en tree ewe “lo­vey do­vey” met hom op. Gee hom ’ n druk­kie. Sit haar hand op sy skoot. Hy be­weeg weg, sy be­weeg na­der, hy gee am­per in tot die toe­na­de­ring, want sy het ’ n “pres­su­re point” ge­raak: “Sy’s net te reg, ma’ dis u­ne­thi­cal,” rap E­ar­ly B. “En as ek met ha’ vry, word ek soe ge­la­bel – Ben Ten.”

“Ben Ten” ver­wys na ’ n veel jon­ger ou­tjie wat in ’ n ver­hou­ding is met ’ n ou­er vrou. In die ver­le­de is ook na ’ n “su­gar mom­my” ver­wys, soos wat ’ n “su­gar dad­dy” hom­self in ’ n ver­hou­ding met ’ n veel jon­ger mei­sie be­geef. Die an­der be­na­ming wat dees­dae wel­be­kend is, is “bles­ser”. Maar net wan­neer ’ n mens die i­dee kan be­gin kry dat die vrou som­mer net aan­lê-rig of spuls is, soos hul­le sê, ont­vou haar ver­haal.

Dis ’ n ver­haal van ’n vrou wat baie streng deur haar ou­ers groot­ge­maak is en wat toe jonk ge­troud is. Nou is die kin­ders groot, haar man werk al twee jaar in Du­bai en hy het haar ge­los vir ’n jon­ger goo­se. ’ n Jong(er) man “with e­ner­gy”, gooi E­ar­ly B ver­der in En­gels, “is w­hat she needs in her li­fe”. Wat maak dat juis dié lied­jie sy aan­han­gers se ver­beel­ding aan­gryp? Die lied­jie plaas die kol­lig op ’ n kwes­sie waar­oor meer men­se skin­der as wat hul­le dit pro­beer ver­staan. Dis vir baie men­se mos meer aan­vaar­baar as ’n ou­er man vir hom ’ n “jong bok­kie” kry. Sy vrien­de sal hom kom­pli­men­teer en dik­wels sal selfs vroue dink dit maak van die man ’n “ca­tch”.

Maar o wee, laat dit nou net an­ders­om ge­beur – ’n ou­er vrou en ’n jon­ger man – dan is dit as­of dit dood­son­de is.

Tog is daar in al­bei ge­val­le suk­ses­sto­ries van paar­tjies wat – on­ge­ag hul groot ou­der­doms­ver­skil – tot in leng­te van dae goeie, re­spek­vol­le en lief­de­vol­le ver­hou­dings ge­niet. Die ver­skil in re­ak­sie op die twee ver­skil­len­de soort ver­hou­dings het se­ker­lik eer­stens te doen met wat ons as sa­me­le­wing mans toe­laat om mee weg te kom; om­ge­keerd is ons baie vin­nig om vroue te ver­oor­deel en sta­dig om hul­le te ver­ge­we.

Dit is wel waar dat daar ge­woon­lik in al­bei ge­val­le eer­ste ge­won­der word of dit werk­lik met lief­de te maak het of net oor wat die twee per­so­ne in die ver­hou­ding – ’n ou­er man en jon­ger mei­sie of ’n ou­er vrou en ’ n jon­ger ou­tjie – be­ne­fit.

Die ver­on­der­stel­ling is dus meest­al eer­ste dat dit gaan oor wat elk­een uit die ver­hou­ding kry. En ’ n mens ver­staan dit in hier­die tye waar baie jong mei­sies nie eens skaam is daar­oor of ver­sko­ning maak daar­voor dat hul­le ou­er mans ver­kies oor wat die mans hul­le kan gee nie, of­te­wel mee kan “bless” nie.

E­we­n­eens is daar vroue wat dink as hul­le ver­hou­dings met jon­ger mans, eint­lik maar nog jeug­di­ges, aan­knoop, wys hul­le die ou­er mans ’ n ding – ver­al as hul­le al sleg deur die ou­er man(s) be­han­del is.

Maar soos met al­les in die le­we is hier­die saak ook nie so ’ n mak­li­ke saak nie.

Ons moet een­vou­dig aan­vaar dat, soos wat lief­de nie ge­pla is oor kleur, et­ni­si­teit, leng­te of gods­diens of die groot­te van ie­mand se skoen of kle­re nie, so is dit ook min ge­spin oor ou­der­dom.

Maar by baie men­se be­staan daar die in­druk dat dit ál­tyd ’ n doel­be­wus­te be­sluit is om ’ n jon­ger mei­sie of ou­tjie op te soek. Jy kan eint­lik niks daar­aan doen as dit die re­pu­ta­sie is wat oor jou be­staan nie, met an­der woor­de: jy kan men­se nie dwing om an­ders oor jou te dink nie, want hul­le sal al­tyd glo hul­le ken jou be­ter as wat jy jou­self ken.

Die op­los­sing, dink ek, is dat ’n mens ge­woon moet werk aan jou ver­hou­ding dat dit ver­sterk sal word deur die lief­de en re­spek waar­deur e­ni­ge ver­hou­ding staan­de ge­hou word.

“Ben Ten” ver­wys na ’n veel jon­ger ou­tjie wat in ’n ver­hou­ding is met ’n ou­er vrou.

Heindrich Wyngaard is ’n so­sio-po­li­tie­ke kom­men­ta­tor en TV-aan­bie­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.