Ge­roos­ter­de heel ba­ba­vis

Kuier - - In Die Kombuis -

(op vo­ri­ge blad) Ge­noeg vir 4 BE­STAND­DE­LE

4 k­lein stok­vis­sies (ba­by hake) O­lie 1 suur­le­moen, in dun sky­fies ge­sny 4 k­lein tak­kies roos­ma­ryn Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak

ME­TO­DE

Maak die vis­sies skoon as dit nog nie skoon is nie. Die win­kels ver­koop dit ge­woon­lik klaar skoon­ge­maak. Sny die kop af, haal die ma­gie uit, skraap die skub­be af, knip die vin­ne af en haal som­mer die groot graat ook uit. Plaas die vis­sies langs me­kaar op ’n roos­ter­rak­kie op ’n bak­plaat. As jy nie ’n roos­ter­rak­kie het nie, kan jy die bak­plaat met foil voer. Ge­bruik ’n skerp mes om vier snye, ’n ent­jie uit me­kaar, aan die bo­kant van el­ke vis­sie te maak (dit help so­dat die vis gou­er en meer e­we­re­dig gaar word). Smeer die vis­sies aan die bin­ne- en bui­te­kant met o­lie, plaas sky­fies suur­le­moen en ’n tak­kie roos­ma­ryn in el­ke vis­sie en geur met sout en pe­per. Bak vir 20 – 30 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C. As die vel mak­lik weg­trek en die vis is vlok­ke­rig, is dit gaar. Be­dien met ’n lek­ker slaai of ge­stoom­de groen­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.