Kluit­jies of dom­pels met skaap­rug­string

Landbou Boerekos - - ONTHOUKOS -

1 kg skaap­rug­string wa­ter 2 groot uie 5 na­el­tjies 5 won­der­pe­per­kor­rels Sout Wit­pe­per

Dom­pels 1 kop­pie koek­meel 1 tee­le­pel bak­poei­er eet­le­pel sout kop­pie wa­ter of melk

Mam­mie het heer­li­ke skaap­rug­string ge­kook as ons ’n slag­ding ge­kry het. Dit was Pap­pa se guns­te­ling­kos om­dat sy mam­mie ook só die v­leis ge­kook het. An­tie Lies­bet het vir Mam­ma ge­leer hoe my pa se mam­mie kos ge­maak het. Dis hoe­kom die res van Keur­kloof se wer­kers al­tyd ge­sê het ons eet vreem­de kos. Die skaap­rug­string is ge­knak en net so saam met wa­ter, uie, na­el­tjies, won­der­pe­per, sout en wit­pe­per ge­kook. Die v­leis moet sou­se­rig wees. As die v­leis sag is, haal jy die been­tjies uit. Maak dan die dom­pels. Meng die droë be­stand­de­le saam. Voeg die wa­ter of melk bie­tjie vir bie­tjie by ter­wyl jy ’n deeg met jou vin­ger­pun­te vorm. Sit dan die dom­pels (die Ka­la­ha­ri-naam is “dood­gooi”) bo-op die v­leis. Die dek­sel word dig op die ka­strol ge­sit en dan word die pot aan die sta­di­ge kant van die stoof ge­sit. Los die dek­sel op vir twin­tig mi­nu­te. Haal die dek­sel af en skep die v­leis deur die dom­pels op ’n skep­bord. Ons kin­ders en Pap­pa het al­tyd nog we­ke daar­na ge­praat van die heer­li­ke dom­pel­vleis . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.