Bac­ci-koe­kies

Landbou Boerekos - - LAMBERTSBAAI -

250 g bot­ter 160 ml sui­ker 2 ei­er­ge­le 60 ml melk 5 ml va­niel­je­geur­sel 700 ml meel 250 ml ka­kao 1 ml sout Ge­smel­te sjo­ko­la­de en pe­kan­neu­te, om te ver­sier

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en voer bak­pla­te met bak­pa­pier uit. Ver­room die bot­ter en sui­ker goed saam. Voeg die ei­er­ge­le, melk en va­niel­je­geur­sel by en meng goed. Meng die droë be­stand­de­le by. Rol die deeg in bol­le­tjies en pak dit op die bak­pla­te. Bak vir 6 mi­nu­te. So­dra die koe­kies uit die oond kom en nog sag is, druk ’n gaat­jie in elk­een met ’n hout­le­pel se steel en laat dit dan heel­te­mal af­koel. Vul die gaat­jies met ge­smel­te sjo­ko­la­de en sit ’n stuk­kie pe­kan­neut op elk­een.

NO­TA: Ma­nu­e­la se koe­kies is klein en fyn. Ons laat dus die hoe­veel­he­de wat die re­sep­te le­wer uit om­dat dit sal wis­sel na ge­lang van die groot­te koe­kies wat jy bak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.