Rooi­turks­vy­stroop

Landbou Boerekos - - VREDENDAL -

Ge­bruik ryp rooi turks­vye. (Dis ’ n klein turks­vy­tjie, 3 cm tot 4 cm lank, wat suur is wan­neer dit ryp is. Dit kan dus nie net so geeet word nie.) Rol die turks­vye met ’n be­sem in sand om die mees­te van die do­rings af te kry. Sny die kop en stert van die turks­vye af en haal al die o­ri­ge do­rin­kies af. Was die turks­vye goed om van die sand ont­slae te raak. K­neus die turks­vye en sit al­mal saam in ’n em­mer. Sit die dek­sel op en laat staan die turks­vye 2 dae lank by ka­mer­tem­pe­ra­tuur. Roer die turks­vye t­wee maal per dag om. Die turks­vye sal ’n sly­me­rig­heid vorm en moont­lik ’n bie­tjie be­gin gis. Ná die t­wee­de dag word die turks­vye (saam met die vloei­stof) in ’n ka­strol ge­gooi en tot kook­punt ver­hit. Kook die turks­vye tot­dat die sly­me­rig­heid ver­dwyn en meer soos wa­ter word. Gooi al­les deur ’n sif so­dat die pit­te ag­ter­bly. Ge­bruik 500 ml sui­ker vir el­ke 1 li­ter turks­vy­sap. Ver­hit die meng­sel oor lae hit­te in ’n groot ka­strol en laat dit net goed deur­kook. Bot­te­leer die stroop warm. Ver­dun met wa­ter of so­da vir ’n lek­ker koel­drank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.